.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Monday, June 11, 2012

Hoe om jou gemoedsrus te vermeerder

 

Hierdie is 'n bepfroefde tegniek om stadig maar seker jou innerlike vrede te vermeerder. Dit werk ongeag van hoeveel agtergrond geraas of verwarring daar in jou dag is. 

Jy sal hierdie geraas kan ignoreer - jy sal weet dit is daar maar jy sal jouself geestelik heeltemal kan afsluit daarvan. Miskien vra jy, ''Kan dit regtig gedoen word?" Dit klink onmoontlik om jouself af te sluit van die konstante gekletter om jou maar ek verseker jou dat jy dit kan doen. 

Jy sien, jou Ware Self is afsydig van die buitewêreld. Dit is bewus van uitwendige kondisies maar word nie geestelik daardeur versteur nie. Jy het 'n Ware Self op hierdie oomblik. Terwyl jy hierdie woorde lees is dit moontlik vir jou om geestelik af te sluit van alles wat om jou aangaan. 

Wees 'n kalm toeskouer van die lewe. Verwyder jouself geestelik. Staan terug en kyk kalm na alles wat om jou aangaan. Moenie weerstand bied nie; wees net bewus. Moenie dit probeer verander of verbeter of vernietig nie; wees net bewus. Sien jouself as 'n buitestander, wat jy in werklikheid is. 

Jy hoef nie te vrees dat, deur hierdie afsydigheid, jy beheer oor dinge sal verloor nie. Dit benadeel nie jou daaglikse aksies nie. Alles sal voortgaan soos voorheen, net beter. Geestelike afsydigheid is in werklikheid 'n vorm van beheer. 

Hierdie tipe afsydigheid is nie 'n terugwyking of afsondering van die lewe nie; dis net 'n gesonde waarneming van die lewe. 

Staan eenkant en beskou jou lewe. Dit skei jou van moeilikheid. Jy is nie so ongeduldig nie; jy raak nie depressief oor hierdie of daardie tragiese gebeurtenis nie; jy betaal nie die prys van dáárdie vorm van die mensdom se waansinnigheid nie. 

Jy is vry en ongebonde! 

::
 

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...