.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Wednesday, May 30, 2012

Voelgoed is 'n Leefstyl!



     'n Passievolle lewe is meer as net 'n filosofie meer as onbenullige wense vir geluk in jou gedagtes. Dis nie 'n probleem-vry-, feëverhaal-bestaan nie en dit belowe ook nie rykdom en faam nie.

    Eerder, dis 'n bestaan wat bewustelik gekies is, bewustelik ontwerp is en 'n bestaan wat verantwoordelik gelewe word. Dit is 'n besluit omtrent wat jy wil vermag. Dit is om sonder huiwering deur elke storm van die lewe te beweeg  en om wyser en sterker anderkant uit te kom. Dit is om aanhoudend te leer, lief te hê en te groei.

    'n Passievolle lewe is 'n vervulde lewe, 'n voelgoed lewe. Dit laat jou toe om te sê, "Hierdie is belangrik en ek gaan dit volstoom doen!"

    'n Passievolle lewe bedoel jy neem verantwoordelikheid vir jou keuses, jou aksies en jou ondervindings. Dit bedoel jy beweeg vorentoe van hierdie dag sonder self-opgelegde limitasies, klagtes of spyt.

    Om passievol te lewe is om entoesiasties te lewe. Kombineer aksie en passie en jy sal entoesiasme beleef. En dit is maklik om entoesiasme met andere te deel want entoesiasme is aansteeklik.

    Deel vandag jou entoesiasme vir die lewe met iemand 'n vriend, 'n medewerker, familielid of selfs iemand wat jy nog nooit tevore ontmoet het nie. 

    'n Passievolle lewe is 'n inspirerende geskenk wat die wêreld vir baie generasies kan ophelder!

    ::
     

Tuesday, May 29, 2012

Presies waar jy moet wees


Affirmasie : 
Vandag is ek presies waar ek moet wees. Ek herken groei in my spirituele vooruitgang op pad na geluk. 

Om oorvloed te beleef, om waarlik gelukkig in hierdie lewe te wees, moet jy vir NOU leef, gelukkig wees met waar jy jouself NOU bevind en nie alewig dink, 'môre sal dit beter wees' of 'eendag sal ek daai groot huis besit' nie. 

Maar nou kan jy sê ek weerspreek myself - wat van die feit dat ons moet DROOM en groot vooruitsigte moet hê? Wat van 'dit waaraan jy dink, word werklikheid'? Ek stem saam, ons moet droom en visualiseer wat ons wil hê, dit is hoe die Heelal vir ons voorsien. Waarvan ek praat is die feit dat mens EERS gelukkig moet wees met wat jy het, gelukkig moet wees met waar jy nou is. Jy kannie ongelukkig voel terwyl jy dink aan wat jy wil hê nie en verwag dat die Heelal dit moet voorsien nie. Jou werklikheid is NOU en hoe jy nou voel is waarop die Heelal reageer. 

Deur gelukkig en dankbaar te voel terwyl jy op pad is na waar jy wil wees verseker jy dat alles waarvan jy droom werklikheid sal word.

::

Saturday, May 19, 2012

Jou eie Selfhelplysie



Meer tyd ... vir jou!
Het jy al ooit na jou horlosie gekyk en besef dis 15:05 en jy het nog níks van die dinge op jou dag se lysie gedoen nie? Hier is ’n paar eenvoudige stappe om dinge reg te ruk as jou lewe soos ’n mallemeule voel.

Doen niks!
As jy graag uitstel, probeer om niks te doen vir 15 minute nie, stel Ronni Eisenberg (Organise Yourself!) voor. Jy sal so gefrustreerd raak wanneer jy doodstil sit dat jy nie sal kan wag vir die 15 minute om verby te gaan voor jy mag begin nie!

Hou die klok dop
Weet jy hoe lank sekere take neem? Hou jouself vir n paar dae dop. Jy sal verbaas wees hoe min tyd dit vereis om klein werkies te doen, soos om ’n telefoonoproep te maak. Takies, wanneer dit uitgestel word, bou op tot ’n onmoontlike berg, so pas die ‘Doen-dit-nou’ reël toe op enige taak wat minder as 10 minute neem om te voltooi.

Gebruik geheue truuks
Vermy histeriese laaste-minuut soeke na sleutels, skoene of belangrike dokumente deur hierdie items altyd op dieselfde plek te bêre. Sodoende hoef jy nooit te skarrel nie!

Gryp jou kanse aan
Goeie tydsbeplanning gaan oor optimisties wees. Nie alle oop-tye is vrye tyd nie, sê Eisenberg. As jou planne verander (byvoorbeeld as iemand ’n afspraak kanselleer), moenie lyf wegsteek nie. Gryp die kans aan om jou ‘om-te-doen’ lysie af te handel!

::

 

 

Friday, May 18, 2012

Aksies vir Positiewe Gesondheid



Het jy al ooit gewonder hoekom jy partymaal nie so lekker voel nie? Nie 'siek' nie, net nie 'lekker' nie... Alles gaan goed in jou lewe, jou gesin is gesond en gelukkig, dinge is reg by die werk, vriende en familie is almal OK, maar nog steeds voel jy of iets verkeerd is. 'Gesondheid' is net nie bedoel vir jou liggaam nie, maar is baie belangrik in ons geestestoestand. Respek, vergifnis, positiwiteit, selfversorging, eetgewoontes, oefening en die keuses wat ons maak speel almal 'n rol in hoe 'lekker' jy voel.

Die volgende doelstellinge is noodsaaklik vir genesing en 'n gesonde leefstyl.

Wees Lief vir en Respekteer Jouself
Wanneer jy in die spieël kyk, wat sien jy? Sien jy 'n wonderlike individu, 'n persoon vir wie jy lief is en wie jy ervaar presies soos jy is? Om Jouself lief te hê is noodsaaklik vir goeie gesondheid.                  

Vergewe Almal
Vergifnis is uiters belangrik vir genesing. Vergifnis kondoneer nie wat in die verlede gebeur het nie - dit verlos jou van slagoffer wees. Woede en wrok SAL oor 'n lang periode  lei tot ernstige siekte en dit is dus belangrik om jouself daarvan los te maak.                      

Wees Positief
Dit is medies bewys dat 'n positiewe uitkyk gesondheid verbeter. So wees versigtig wat jy sê en dink. Moenie jouself of andere kritiseer nie - herken jou negatiewe gedagtes en gooi hulle dan uit, want dis nie meer deel van jou lewe nie. Vervang daardie negatiewe gedagtes met positiewe, self-vertroetelde gedagtes.                                        

Begin 'n Program van Self-Versorging
Dis nou tyd om ernstig te raak omtrent versorging van jouself op alle vlakke - doen die dinge waarvan jy hou, maak alleen-tyd 'n instelling, geniet jouself. Moet glad nie kritiek of negatiwiteit van ENIGEEN aanvaar nie (insluitende jouself!) en kom weer in aanraking met jou inner-self.                       

Maak Gesonde, Welingeligde, Self-vertroetelde Keuses
Begin bewustelik te dink - wees bewus van jou gedagtes en woorde. As jy vashaak is dit gewoonlik omdat daar iets is wat jy moet weet - maak dit jou doel om altyd bewustelik uit te vind en te verstaan wat die kennis is wat jy nodig het. Dit sal jou in staat stel om die regte keuses te maak.                          

Oefen Gereeld
Vir goeie gesondheid moet jy gereëlde oefening kry. Ek persoonlik glo nie aan enige vorm van uitermatige of onnatuurlike oefening nie. Staan op en neem 'n stappie na buite as jy lank voor jou komper was. As jy van die buitelug hou, doen 'n bietjie tuinwerk of gaan vir 'n kort uitstappie in die tuin of op die strand. 'n Gesonde liggaam verseker 'n gesonde gees.

Kies 'n Goeie Eetgewoonte Vir Jou
Kyk na jou eetgewoontes - is dit gesond? Jy is wat jy eet, gesonde voedsel is belangrik vir 'n gesonde leefstyl - so eet daai groen goed!



 

Sunday, May 13, 2012

Dankbaarheid


Ferris Bueller het gesê “Life moves pretty fast. If you don't stop and look around once in a while, you could miss it.” 

 Miskien is dit hoekom ek skilder, hoekom my verfkwasse of my kamera gedurig saam met my is. Die lewe is vol klein wonderlike dingetjies en niks is so gewoon dat dit nie 'n glimmer van 'awesome' het nie. Ek staan in verwondering oor die klein dingetjies, die klein oomblikke van prag in 'n grashalmpie, die son wat deur die venster skyn, 'n spinnekoppie op my Madeliefies, 'n warm beker koffie in my hande, die verandering van die seisoene en my Swaeltjies wat reg maak om te vertrek na 'n warmer klimaat - wanneer ek skilder, beoefen ek eintlik dankbaarheid vir die klein algemene gebeurtenisse wat elke dag spesiaal maak. My verfborsels en my kamera laat my toe om die lewe deur nuwe oë bekyk, asof ek alles vir die eerste maal sien.   

Stop jy ook so elke nou en dan om bietjie rond te kyk? Toe. Stop 'n bietjie. Ons sal dit saam doen. Haal diep asem. Wees dankbaar vir hierdie oomblik van oorvloed. Voor jy dit weet, is hierdie oomblik verby. Vir ewig. 
 

::  


Thursday, May 3, 2012

'n Voorspoedige en Voldane Lewe


Om voldaan te lewe is om elke moment bewustelik te lewe. Dit is om self-gemaakte lyding te verwissel vir vrede deur aanvaarding en om toe te laat dat liefde angs vervang deur stilte van vrede. 

Die lewe word nie bepaal deur wat met ons gebeur nie; dit word bepaal deur hoe ons hierdie ondervindings gebruik om hierdie 'n beter wêreld te maak. Ons bestemming word nie bepaal deur die paadjies wat ons ge-erf het nie, maar deur die paadjies wat ons self uittrap. 

Binne elke storm van die lewe is 'n sleutel wat nog 'n deur sal oopsluit waardeur jy moet loop. 

Om rustig te lewe bedoel nie dat ons wegskram van probleme of die verpligting om hulle op te los nie. Net die teenoorgestelde — ons vind die helderheid en teenwoordigheid van gees om die daaglikse dinge meer konstruktief en positief te hanteer. 

As jy 'n begeerte het wat jy nie kan versaak nie, dan het jy die eerste bestanddeel vir prestasie: 'n droom. Jou droom is al wat jy nodig het om te begin; dit is jou plan vir die toekoms. 

Voorspoedige mense is in lyn met die lewe op 'n manier wat oorvloed aantrek. Hulle is in lyn met visie en begeerte, en hulle gooi nie tou op nie. Om aan te hou is om in die rigting van harmonie met die lewe te beweeg. 

Ons kan kies om in die verlede te bly of ons kan die lewe deur die oë van 'n kind sien — met nuutheid, vreugde en die opwinding van avontuur. As ons fokus op wat ons dink is 'n toekomstige eindlyn, dan mis ons iets spesiaals: vandag se klein oorwinnings. 

 Om hierdie oomblikke van vreugde te ontdek is een van die lewe se mees belonende avonture! 

::

Wednesday, May 2, 2012

Oorvloed en die Ekonomie

Hoe om die Wêreld-wye Finansiële Krisis te Verlig 

Jy kan ontspan en werk toe gaan. 

Of jy kan fokus op die dinge wat vir jou belangrik is en probeer om die details van jou lewe uit te sorteer en op te hou om na ander mense te draai om jou probleme uit te sorteer - EN OP TE HOU OM AAN DEBATTE SOOS HIERDIE DEEL TE NEEM! - jy teister jouself wat lei na verdere wanrigting van wat alreeds in jou kontraktuele vibrasie is. 

OORVLOED is in werking gestel deur almal van ons; ons is almal mede-werkers en het, deur die lewens wat ons lei, bygedra tot die kreasie van oorvloed. 

Ten einde beslag te lê op jou gedeelte van hierdie uitstaande stuk van oorvloed-pastei in die Heelal, is dit so eenvoudig as om te hou wat jy bygedra het, want elke positiewe gedagte van jou wag daar vir jou om daarop beslag te lê. Dit kannie verdwyn nie, dit kannie deur iemand anders verkwansel word of gebruik word nie en dit kannie van jou weggeneem word nie. Want as jy dit daar geplaas het, is dit altyd daar vir jou. Jy is die eienaar van wat in jou Oorvloed-bank is en jy kan onttrekkings maak deur nie meer jou aandag te gee aan watse onttrekkings andere maak nie. 

Moenie bekommerd wees dat andere jou gedeelte van oorvloed gaan kry nie - dis nie moontlik nie - dit is joune en altyd daar vir jou en sal daar bly - en vandat jy dit in die Heelal geplaas het, het dit fantastiese rente getrek en hoe meer jy gevra het, hoe groter en groter het dit geword - weet dat dit daar is vir jou en dat niemand dit kan wegvat nie - hou op om jouself te bekommer oor wat ander mense doen, want dit is daardie bekommernis wat jou ontwrig van jou oorvloed. 

Vir diegene wat nie bewus is van die vibrasionele realiteit nie, sal ek sê, "Moenie bekommerd wees oor die ekonomie nie. Dit het al voorheen gebeur en ons sal deur dit kom. Moenie jou bekommer oor wat besig is om te gebeur nie. Niks het verander oor die afgelope paar dae nie. Niks het selfs oor die afgelope paar jaar gebeur wat nie weer terug gebring sal word in balans nie. Al wat jy moet doen is om the onstpan en te wag dat die golf verby spoel. Sê elke dag vir jouself, "Dis beter... Dit word beter, dit word beter en alles gaan OK wees. Dis beter, dit word beter, dit word beter en alles gaan OK wees." 


Sodra jy jouself oortuig dat dit beter is as wat jy gedink het en dat dit elke dag beter word en dat dit nie net OK gaan wees nie, maar dat dit WERKLIK OK gaan wees, kan oorvloed onmiddelik na jou begin vloei. 

SOVER DIT POLITIEKE LEIERS AANGAAN: Moenie enige iemand op hierdie planeet verantwoordelik hou vir jou welwillendheid nie - hiérdie man en dáárdie man is nie verantwoordelik vir jou welwillendheid nie. JY is verantwoordelik vir jou welwillendheid. 

Gee hulle 'n kans. 

Dit is "JOU" Ekonomie wat saak maak. Nie "DIE" Ekonomie nie. 

::

Tuesday, May 1, 2012

Daar is nie net een Waarheid nie...


 ::

Soveel mense verlang dat jy jouself op 'n sekere manier moet gedra sodat hulle goed kan voel oor hulself. Hulle veroordeel jou vir jou selfsugtigheid. "Hoe durf jy so selfsugtig wees as om te doen wat JOU laat goed voel? Jy moet doen wat ons laat goed voel!" 

Jy is van jongs af al oortuig dat jy nie slim genoeg is om te weet wat jy wil hê nie en dat iemand anders jou besluite moet neem... Jy kon nie in hierdie kultuur en tye leef sonder om massiewe inligting verwant daaraan te ontvang nie, net soos mense reageer op wat jy doen en sê. 

Dit maak nie eintlik saak watse geloof enigiemand volg nie. As hulle leefwyse vir hulle werk (en daar is baie verskillende benaderings wat baie goed werk) hoekom dan nie hulle toelaat om te glo wat hulle wil glo nie en te wees wat hulle wil wees nie? Alles werk soos dit is en moet. Daar is gelowe waarmee jy niks te doen sal wil hê nie wat perfek werk vir dié wat daarmee betrokke is. 

En derhalwe is dit dan 'n goeie ding. Elke geloof op die aarde het die potensiaal om te floreer (en daar is sovele meer as waarvan jy bewus is), maar wanneer jy dink jy moet bewys dat jóu geloof die enigste een is wat reg is—en jy gebruik jou veroordeling om daarteen te veg—dan skei jou veroordeling jou van jou verbinding met jou eie geloof. 

Die wêreld neig na uitdruklike gelykvormigheid of eenvormigheid, wat enorme ergernis en droefheid vir die mensdom veroorsaak. 

Ons demokrasie hou vol dit is die enigste regering wat reg is en elke geloof (interessant genoeg) hou vol dat dit die enigste een is wat werk. Elke greintjie daarvan gaan oor ekonomiese nagevolge. Elke deeltjie, sonder uitsondering. Alles omtrent geloof gaan oor ekonomiese nagevolge. Alles polities gaan oor ekonomiese nagevolge. En alle ekonomiese nagevolge gaan oor persoonlike satisfaksie. En elkeen is persoonlik gemotiveer om die beste vir hulself te doen. 

DAAR IS NIE NET EEN WAARHEID OF GELOOF WAT UITSLUITLIK REG IS OF VAN TOEPASSING IS NIE. 

Het jy al ooit iemand geken wie se lewe gebaseer is op wat jy dink is nie morele en paslike gedrag nie? En tog hou hulle aan wen. Weet jy hoekom? Hulle luister nie na ander kante van 'n argument nie en maak dus nie hul vibrasie deurmekaar nie. Hulle fokus op wat hulle begeer—en die Heelal voorsien wat hulle wil hê. (Of dit nou is waaraan jy glo of nie.) 

Dit maak nie saak hoeveel mense terugstaan en "wolf" skreeu nie, Die Wet van Aantrekkingskrag reageer ALTYD op jou vibrasie. En dit het niks te doen met wat enige iemand anders doen nie—of dink jy doen nie, tensy jy jou vibrasie verander oor wat hulle dink jy doen. Dit is hoekom verskeie medikasies anders werk op verskillende mense. Dit is hoekom verskeie gelowe werk vir verskillende mense. 

N.S. Dit is nie nodig vir eers EEN ander persoon om die Wet van die Heelal te verstaan ten einde vir JOU om 'n wonderlike, gelukkige, produktiewe lewe te ly nie, want JY skep jou ondervinding. Alleenlik jy!

::
 

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...