.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Saturday, August 25, 2012

Die prag van Onsekerheid


::

Wanneer jy ontdek hoe om vibrasionele eenheid met Bron en jou begeertes te behaal, dan is jy in vibrasionele toestemming vir die toelating van dít wat jy begeer. En dis nie iets moeiliks om te doen as jy verstaan hoe jou Emosionele Stelsel werk nie. 

Jou Emosies is Jou Leidingstelsel. Jou emosies vertel jou alles wat jy nodig het om te weet omtrent jou gemoedstoestand van toelaat of nie toelaat nie. Met ander woorde, wanneer jy positief voel, bedoel dit dat jy in vibrasionele harmonie is met Bron en dat jy die goeie dinge toelaat om na jou te kom. Dis hoe eenvoudig dit is. 

Wanneer jy goed voel, is jy in die Plek van Toelating. Wanneer jy positiewe emosies voel soos vreugde of dankbaarheid of liefde -- daardie emosies wat jou hart laat sing -- dan is jy in die Plek van Toelating.

Toelating van wat? Toelating van Bron Energie, 'n koppeling met wie jy is. Toelating van welwillendheid. Toelating van duidelikheid en toelating van oorvloed. Wanneer jy negatiewe emosies voel soos woede, angs, frustrasie of depressie, dan is jy nie in 'n gemoedstoestand van Toelating nie. Dan is jy in 'n gemoedstoestand van weerstand waar jy, om een of ander rede, fokus op maniere wat Suiwer, Positiewe Energie en Bron Energie nie Toelaat nie. 

DIE PRAG VAN ONSEKERHEID 
Dit het my 'n hele ruk geneem om uit te werk dat onsekerheid nie noodwendig 'n slegte plek is om te wees nie. Ek het ook begin besef dat, sodra ek "weet", meesal word my wete asof in klip gebeitel, en die gevolg is onbuigsaamheid wat die hele konsep van daadwerklike skepping teenwerk. 

Die ander dag het ek op hierdie aanhaling van Deepak Chopra, in "The Seven Spiritual Laws of Success" afgekom, wat alles opgesom het omtrent wat ek oor onsekerheid ontdek het : 

"Onsekerheid ... is die vrugbare grond vir pure kreatiwiteit en vryheid. Onsekerheid bedoel jy betree die onbekende in elke oomblik van ons bestaan. The onbekende is die gebied van alle moontlikhede, altyd vars, altyd nuut, altyd oop vir die skepping van nuwe manifestasies. Sonder onsekerheid en die onbekende is die lewe maar net 'n muwwe herhaling van afgesaagde herhinneringe. Jy word 'n slagoffer van die verlede en jou martelaar is jyself, oorgedra van gister." 

Deesdae, as ek tot aangesig kom met 'n vurk in die pad en nie seker is watter kant toe nie, neem ek my toevlug tot onsekerheid. Ek hoef dan nie in die hier en nou alles uit te werk nie. 

En in daardie gemoedstoestand vind ek myself in die vloei van Toelating. 

::

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...