.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Thursday, September 13, 2012

Hoe om die WĂȘreld-wye FinansiĂ«le Krisis te Verlig



Jy kan ontspan en werk toe gaan.

Of jy kan fokus op die dinge wat vir jou belangrik is en probeer om die besonderhede van jou lewe uit te sorteer en ophou om na ander mense te draai om jou probleme uit te sorteer - EN OPHOU OM AAN DEBATTE SOOS HIERDIE DEEL TE NEEM! - jy teister jouself wat lei na verdere wanrigting van wat alreeds in jou kontraktuele vibrasie is.

OORVLOED is in werking gestel deur almal van ons; ons is almal mede-werkers en het, deur die lewens wat ons lei, bygedra tot die kreasie van oorvloed.

Teneinde beslag te lĂȘ op jou gedeelte van hierdie uitstaande stuk van oorvloed-pastei in die Heelal, is dit so eenvoudig as om te hou wat jy bygedra het, want elke positiewe gedagte van jou wag daar vir jou om daarop beslag te lĂȘ. Dit kannie verdwyn nie, dit kannie deur iemand anders verkwis of gebruik word nie en dit kannie van jou weggeneem word nie. Want as jy dit daar geplaas het, is dit altyd daar vir jou. Jy is die eienaar van wat in jou oorvloed-bank is en jy kan onttrekkings maak deur nie meer jou aandag te gee aan watse onttrekkings andere maak nie.

Moenie bekommerd wees dat andere jou gedeelte van oorvloed gaan kry nie - dis nie moontlik nie - dit is joune en altyd daar vir jou en sal daar bly - en vandat jy dit in die Heelal geplaas het, het dit fantastiese rente getrek en hoe hoe meer jy gevra het, hoe groter en groter het dit geword - weet dat dit daar is vir jou en dat niemand dit kan wegvat nie - hou op om jouself te bekommer oor wat ander mense doen, want dit is daardie bekommernis wat jou ontwrig van jou oorvloed.

Vir diegene wat nie bewus is van die vibrasionele realiteit nie, sal ek sĂȘ, "Moenie bekommerd wees oor die ekonomie nie. Dit het al voorheen gebeur en ons sal deur dit kom. Moenie jou bekommer oor wat besig is om te gebeur nie. Niks het verander oor die afgelope paar dae nie. Niks het selfs oor die afgelope paar jaar gebeur wat nie weer terug gebring sal word in balans nie. Al wat jy moet doen is om the onstpan en te wag dat die golf verby spoel. SĂȘ elke dag vir jouself, "Dis beter... Dit word beter, dit word beter en alles gaan OK wees. Dis beter, dit word beter, dit word beter en alles gaan OK wees."

Sodra jy jouself oortuig dat dit beter is as wat jy gedink het dit was en dat dit elke dag beter word en dat dit nie net OK gaan wees nie, maar dat dit WERKLIK OK gaan wees, kan oorvloed onmiddelik na jou begin vloei.

POLITIEKE LEIERS :
Moenie enige iemand op die planeet verantwoordelik hou vir jou welwillendheid nie - hierdie man en daardie man is nie verantwoordelik vir jou welwillendheid nie. JY is verantwoordelik vir jou welwillendheid.

Gee hulle 'n kans.

Dit is "JOU" Ekonomie wat saak maak. Nie "DIE" Ekonomie nie.

::

 

Friday, September 7, 2012

Self-sorg en Vakansietyd


Dis alweer amper vakansie tyd! Vir baie tower dit visies op van nostalgie en opwinding, vir ander paniek oor die lang Dinge-Om-Te-Doen-lys en groeiende uitgawes. Gedurende hierdie tyd is SELFSORG meer belangrik as ooit...

Jy kan hierdie jaar 'n wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen beleef maak nie saak hoe groot jou begroting is of wat mense se houdings om jou is nie.

Volg die stappe hier onder en skep jou gelukkigste en maklikste vakansieseisoen ooit!

MAKLIKE, VREUGDEVOLLE VAKANSIETYD GEWAARBORG
Sewe stappe om 'n Spesiale Vakansieseisoen te skep :-



1. Identifiseer Wat Jy Wil HÊ 
Neem 'n oomblik en maak jou oĂ« toe - dink aan die komende vakansietyd. As jy dit volmaak kon skep, presies net soos jy dit wil hĂȘ - hoe sal jou vakansie lyk? 

Sluit dit in om tyd deur te bring saam met die familie? 
Moet die inkopies vinnig en maklik gedaan wees?
Miskien 'n reis na 'n eksotiese destinasie?

Wat dit ookal is, neem 'n bietjie tyd en skryf dit op 'n stukkie papier.
  
2. Bepaal Jou Voorneme 
Noudat jy besluit het wat jy van die vakansie verwag, stel 'n voorneme om dit te bewaarheid.

Voorneme is 'n eenvoudige, dog  uiters magtige platform vir manifestasie. Wanneer jy helderheid bereik omtrent jou ideale vakansietyd, dan stel jy jou voorneme (en plaas jou bestelling met die Heelal).

Skryf nou jou voornemes onder jou notas wat jy gemaak het vir 'n perfekte vakansieseisoen.

Begin met "My voornemes  vir die vakansie sluit in ..." en maak 'n lys van alles wat jy wil hĂȘ.  Aan die einde van die lys, sĂȘ  "Dit alles en nog Meer!", waardeur jy die voorneme stel om te ontvang vir dit waarvoor jy gevra het.                  

3. Bepaal Strukture om Jou Voornemes te Ondersteun  
'n Nuwe gewoonte verlang 'n ondersteunings-struktuur om dit te help bewaarheid, bv. as jy jou eet gewoontes wil verander, laat familie en vriende weet, verwyder alle "sonde-kos" uit die huis, vra vir ondersteuning, ens. sodat daar nie later probleme is nie.

Om 'n wonderlike vakansieseisoen te skep is 'n soortgelyke proses. Jy weet wat jy wil hĂȘ en jy het jou voornemes gestel. Die volgende stap is om jou plan te ondersteun en te beskerm.

4. Maak Besluite Gebasseer op Jou Visie  
Een van die beste bykomstige gevolge van 'n helder visie omtrent jou droom is dat jy dit kan gebruik om besluite te neem.

Byvoorbeeld, as jou voorneme vir die vakansie is om tuis te bly met jou familie en jy kry 'n oproep van jou skoon-ouers wat sĂȘ hulle wil kom kuier, dan weet jy presies hoe om te reageer! As jou voorneme is om minder geld op geskenke te spandeer, dan  kan jy almal waarsku dat dit is wat jy van plan is om te doen en sodoende konflik vermy.

5. Beoefen Self-Sorg   
Soos die Lugwaardin vermaan, 'sit eerste jou eie suurstof masker op voor jy probeer om andere te help, want as jy nie kan asemhaal nie, kan jy niemand anders help nie"  dit bedoel  jy moet eers vir jouself sorg voor jy vir ander kan sorg. Prioritiseer jou self-sorg items bo aan jou Dinge-Om-Te-Doen-lys en ek waarborg jy sal meer energie en vitaliteit hĂȘ om al jou take te verrig. 

Self—sorg items kan as volg wees :

·       trakteer jouself met 'n lekker skuimbad of  massering aan die einde van 'n lang inkopiedag;                 
·       doen elke oggend 'n meditasie of 'n gebed om helderheid te kry vir die dag wat voorlĂȘ;        
·       of se "nee" aan vakansie uitnodigings waarvoor jy nie lus is nie.     

6. Maak dit Pret!  
Vakansietyd kan baie stresvol wees. Jy moet geskenke koop en toedraai, kos voorberei, besige winkelsentrums, ens. Al verkies almal om jou om stresvol te wees, kan jy kies om pret te hĂȘ.

Dit  kan insluit om vir mense te glimlag (selfs die knorrige lot!) of om iets nuuts by jul normale viering te voeg.       

As jy nie seker is hoe om pret te beplan nie, neem 'n oomblik en bestudeer kinders. Hulle lief hierdie tyd van die jaar en is vol opwinding. Aap hulle net na! 
  
7. Hou dit Maklik!     
Met die beplanning en uitvoering van jou vakansie planne, onthou om dit maklik te hou. Sodra jy oorstelp begin voel, vra jouself hoe dinge 'n bietjie makliker kan maak. Jy kan dalk familie en vriende waarsku dat jy beplan om 'n 'maklike' kersseisoen te hĂȘ  en vra of hulle enige idees het.
   
Deur te  hou by jou planne vir die vakansies en deur hierdie eenvoudige stappe te volg, kan jy jou beste kersseisoen OOIT beleef!

Ek wens almal 'n voorspoedige vakansieseisoen and Hit the easy button folks!
 - Maree 


Saturday, September 1, 2012

Woorde vir Opheffing van 'n Verslaafde Geliefde



Vraag :
Daar is 'n geliefde in my familie wat 'n probleem met drank (of dwelms) het. As hulle waarlik wil ophou drink en hulle nader my vir hulp, wat sĂȘ ek vir hulle?

Antwoord :
Die heel belangrikste ding wat jy vir iemand kan doen wat hulp soek, is om die trauma rondom die saak te verwyder. Verwyder ook alle etikette.  Verduidelik aan hulle dat almal wat fisies gefokus is 'n grootse begeerte het om goed te voel. Hulle wil, meer dan die lewe self, want dit is die lewe, konnekteer met dĂ­t wat Bron is.

Party van ons is gebore meer sensitief vir daardie vibrasie. Ons sĂȘ omtrent hulle, "Julle is te sensitief. Julle laat toe dat dinge julle te veel bekommer." Hulle was sensitief teenoor dinge wat hulle gevoel het hulle kon nie beheer nie en hulle het nie geweet hoe om die gedagtes te kies wat Bron-energie sou laat vloei nie. Hoe meer die Bron-energie nie gevloei het nie, hoe erger het hulle gevoel, want hulle het eintlik voort gekom met die bedoeling - op 'n kragtiger manier as andere wat ons dalk sal ontmoet - om leermeesters te wees van daardie stroom van Energie. En derhalwe het hulle uitgevind dat alkohol (of verdowingsmiddels) hul fokus verdof het, en met die verdowing van fokus, kon hulle meer konnekteer. En soos hul meer gekonnekteer het, hoe beter het hulle gevoel.

Dit is met goed-bedoelde voorneme dat hulle daardie aksie ontdek het -- alhoewel dit nie 'n aksie is wat ons sal aanspoor nie -- partymaal is die verposing wat alkohol offer die enigste kalmeermiddel wat hul kan vind.

Ons sal nie sĂȘ, jy is sleg nie;
ons sal sĂȘ  -- jy is sensitief.

Ons sal nie sĂȘ, jy is swak nie;
ons sal sĂȘ -- jy het 'n sterk begeerte om goed te voel,

en dat, te midde van jou gesoek na 'n manier om te beheer wat besig was om te gebeur -- jy 'n manier gevind het om die gewaarwording van hoe jy voel te verdoof.

Daar is nie 'n oplossing deur daarteen te veg nie. Die oplossing is deur hul terug te bring na Bron-energie deur liefde; ons kannie eis dat hulle moet terug nie; of hulle terug veroordeel nie ---- ons waardeer hulle terug na Bronenergie en VREUGDE.

Daar is geen ander manier behalwe om hulle te help om die hele prentjie te verstaan nie :

 "Jy het Bronenergie wat deur jou vloei, en wanneer jy dit toelaat, dan voel jy goed -- en wanneer nie, voel jy nie so goed nie."

Ons moet hulle leer omtrent die emosies wat hulle Leiding-sisteem is.
 SĂȘ vir hulle, "Wanneer jy veroordelende gedagtes omtrent jouself dink, en jy voel al daardie skuld en leed, dan verwyder jy jouself, met daardie gedagte, van Bron-energie. Want Bronenergie het jou lief. En wanneer jy kies om jouself te haat in plaas van lief te hĂȘ, dan bou jy 'n muur van weerstand. En onder daardie omstandighede blameer ek jou nie as jy 'n pil of drank wil drink om jou daarteen te beskerm nie.  Niemand, veral iemand so sensitief soos jy, kan sulke diskonneksie verduur nie."

Derhalwe, wanneer ons met iemand praat wat vry wil wees van die "geneesmiddel" wat hul ontdek het -- wat uiteindelik toe nie was wat hul verwag het nie -- die geneesmiddel wat hulle ontkoppeling verdoof het -- moet ons hulle leer om weer te verbind. Maar jy kan dit nie doen tensy jy bereid is om met hulle te praat oor Innerlike Mens-wees, omtrent Bron-energie, omtrent Vibrasie. Jy moet met hulle praat oor Emosie. Met ander woorde, jy kannie dit doen sonder om pyl-reguit te wees oor die Kern van wie ons almal is nie -- ONS IS BRON-ENERGIE IN FISIESE LIGGAME.

Dit is tyd om te sĂȘ,

Jy is Bron-energie in hierdie fisiese liggaam, en hoe beter jy voel, hoe meer vloei jou ware self.
En hoe erger jy voel, hoe minder laat jy dit toe om te vloei.

Die is nie Bron-energie wat dit nie toelaat nie -- dit is jy wat dit nie toelaat nie.

En wees lief vir hulle, wees lief vir hulle, wees lief vir hulle!
Wees lief vir hulle wanneer hulle dronk is.
Wees lief vir hulle is hulle "hoog" is.
Wees lief vir hulle wanneer hulle sober raak. 

SĂȘ, "Dis OK. Dis OK. Dis OK.
Jy is gemagtig om hier te wees.
Jy is gemagtig in jou rede vir hierdie optrede.
Ek verstaan wat met jou gebeur.
Laat my toe om met jou te praat oor wat ek weet."

Jy sal sĂȘ, "Jy is 'n sterk mens.
Jy is perfek in die oë van Bron-energie, of Alles-Wat-Is, of God of wat jy dit ookal wil noem.
Jy is 'n skepper.
Jy is hier vir daardie presiese doel.
En wanneer jy jouself liefhet soos Bron-energie jou liefhet, is daar niks beter nie."

Dit is die stelling wat ek sal neem.
- Maree



LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...