.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Saturday, November 10, 2012

Jy Sal Alleenlik Dít Ontvang Wat Jy Waarlik Verwag


Meeste mense leef hulle algehele lewens op die basis van "Sien is Glo". Dit wil sê, die enigste beelde waarmee hulle ooit emosioneel mee betrokke raak, is dié wat hulle fisies kan onderskei. Maar deur die eeue was dit nog altyd die individue met ware insig wat altyd geweet het "wat jy sien is wat jy beleef". 

'n Bietjie anders gestel meen dit dat die beelde in die mensdom se geestesoog eintlik konkrete beelde in ons daaglikse lewe oorheers. Derhalwe moet ons bewus wees van die feit dat, alles wat ons lewe vandag gemaklik maak, deur iemand se verbeelding tot stand gebring is en wat met vooruitsig verwag het dat hulle beelde verwesenlik sou word, nieteenstaande enige kritiek wat hulle ontvang het nie. 


Onthou, jy sal ALLEENLIK dít ontvang wat jy wáárlik verwag, nie waarvoor jy net wens nie. 
- Maree 

::

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...