.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral vo├źls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Saturday, January 25, 2014

Begin Vandag om 'n opwindende lewe te lei!


Vir diegene van ons wat al oor die 50 trek is daar baie veranderings wat in ons lewens plaasvind. Meestal is al die kinders uit die huis, jy staan up die punt om af te tree, en deesdae beteken aftree iets baie anders as wat ons ouers gedoen het. 'Aftree' beteken nou om heeltemal 'n nuwe, interessante, opwekkende en opwindende lewe te betree – een van bemagtiging en hernuwing. Dis nie vir ons beskore om net op die stoep te sit en koffie drink nie – ONS gaan nuwe uitdagings aanneem en hierdie derde fase van ons lewe omskep in iets wonderliks!

Maar vir baie mense is hul identiteit gekoppel aan wie hulle is in hulle werk - Rekenmeester, Veiligheidswag, Direkteur, Ingenieur of wat ookal. Meeste mense maak voorsiening vir die geldelike kant van aftreding - genoeg om van te lewe, genoeg om 'n bietjie te reis en vir die kinders te kan gaan kuier - maar min mense maak niks of geen voorsiening vir die geestelike sy van aftreding nie. Vir meeste mense kom dit as 'n skok as hulle skielik besef dat hulle nou "niemand" is nie - hulle kan nie meer sê "Hallo, ek is Ben, die Direkteur van XXX Maatskappy" nie, en vir menige mense lei dit tot 'n gevoel van nutteloosheid en asof hulle rigtingloos is, 'n gevoel dat hulle maar net so wel op die stoep kan bly sit.

Maar dit hoef nie so te wees nie. Die wêreld het verander en daar is verskillende keuses beskikbaar vir ons. En die een keuse is om jouself geestelik voor te berei vir 'n lewensstyl wat heeltemal anders is as waaraan jy gewoond is, maar een wat ook wonderlik en bemagtigend gaan wees. En dit beteken ons moet "self-doelgerig" wees.

Self-doelgerigtheid bedoel jy moet diep binne jouself delf om te ontdek wie jy eintlik is, vir d├şt wat vir jou belangrik is - jou mees geliefde belangstellings en aktiwiteite, jou verhoudings met familie en vriende en doelpunte wat jy nog wil bereik. Sodra jy hierdie dinge kan identifiseer, kan jy waarlik 'n poging aanwend om hierdie belangrike aktiwiteite in jou aftredingsplan in te sluit en as sulks jou eie 'lewensverhaal vir die toekoms' te skryf.

So dit maak nie saak hoe oud jy is nie - jy is gelukkig as jy nou nog 20 jaar oud is, want dit beteken dat jy tyd het - JY KAN VANDAG BEGIN - om 'n lewe vol Oorvloed te skep!

Hierdie is JOU lewe - leef elke dag voluit tot jou laaste!

. 

Saturday, January 18, 2014

Wanneer laas...?


::
Nou die dag sit ek op die stoep, beskou my tuin met al die vo├źltjies en insekte, net so besig met die lewe as al die motors wat verbygaan, ├¬rens op pad na een of ander bestelling. Binne die huis het dit net so ywerig gegaan, stofsuiers en wasmasjiene wat raas en alles wat moet skoon kom voor die dag verby is. 

Hier buite was dit effens toegetrek met 'n ligte en aangename briesie. 

Dit gebeur nie sommer dat ons net stilsit en toelaat dat die w├¬reld om ons verbygaan nie. 

Hoekom nie? Wat is so belangrik wat nie kan wag tot later nie? Hoekom moet die e-Pos onmiddellik beantwoord word? Moet ons r├¬rig al daardie artikels nou aanlyn lees? Al die boodskappe van andere, al die koerante en tydskrifte? Is dit nodig vir die Internet, televisie en radio om al die tyd aan te wees? 

Gaan die lewe ons nie dalk verby wanneer ons ons gedagtes so super-besig hou nie? Ons mis wat in die pragtige w├¬reld om ons omgaan as ons gedurig oor die toekoms dink—wat ons moet doen, ons bekommernis oor wat dalk in die toekoms kan gebeur—of wat in die verlede gebeur het—wat ons verkeerd gedoen het of wat iemand anders verkeerd gedoen het, wat ons ges├¬ het, of wat moes gebeur het. 

Wanneer was die laaste maal dat jy 'n stil oomblik ervaar het? Net gesit het in niks doen nie, na die see gestaar, gesien hoe die wind in die blare speel, na die vo├źltjies geluister het, gekyk hoe 'n kers flikker of kinders dop gehou het terwyl hulle speel...? Hoekom dit nie vandag doen nie?


::

Tuesday, January 14, 2014

'n Perfekte dag

(Foto vanaf Pinterest)

Party mense floreer op baie aktiwiteit en hou van konstante nuwe dinge en verandering in hul lewe. En terwyl ek daardie mense beny en admireer, is ek van nature nie so nie. Dis nie dat ek nuwe ondervindings nie geniet nie. Dis net dat ek verkies dat my dae stadig en standvastig is. En terwyl dit my partymaal skuldig en lui laat voel, begin ek dit nou te aanvaar. 

My idee van 'n perfekte dag is om rustig bietjie in die tuin te werk of in my tuinhuisie te onstpan, 'n koppie koffie op die stoep te sit en drink, 'n skildery of twee te doen en 'n uitstappie op die plot, kamera in die hand. Dan is ek op my gelukkigste! 

Was is JOU idee van 'n perfekte dag? 

:: 

Saturday, January 11, 2014

Hoop


Almal het al die gesegde gehoor, "Solank daar lewe is, is daar hoop." Maar as jy dit omdraai, "Solank daar hoop is, is daar lewe", klink dit vir my soveel meer belowend... In die aangesig van enige krisis, of dit nou siekte is, of familie- of geldelike probleme, om te HOOP dat dinge gaan verbeter lei na 'n vaste geloof dat dit wel gaan verander en verbeter. En dit plaas ons ook in die posisie van wat NOU aangaan in ons lewens - NOU is al wat is, NOU is die enigste wonderlike werklikheid wat ons almal het om die wonder van lewe op aarde te geniet, met mekaar te deel, en daardie woordjie "hoop" maak alles moontlik... 

::

maar m├┤re is ‘n nuwe dag, 
(m├┤re mag mos mooi wees) 
m├┤re sing die bloukuifloerie 
in die voortuin by die hek 
en sit tinktinkie dalk 
weer op sy uitgesoekte plek 
ja m├┤re bring weer 
nuwe hoop 
waar sy haar paadjie 
trippeltre├ź mag loop 
- Uittreksel uit Elizabeth Kendall se "Hoop" 

::

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...