.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Tuesday, November 25, 2014

Maak vrede met waar jy is



Weet jy wat jy wil hê?
Ewige ontplooiing?
Geniet jy die uitbreiding van jou verlange?
En sien jy dat dit uitbrei?
.
Soos jy besef dat  jy dit alles besluit, en soos jy begin om die kontras, wat besluit en gevolgtrekking, of keuse meer bewustelik maak, te waardeer, dan begin jy uitermate die kontras te geniet.
.
Vra jouself: Daardie manifestasies wat jy nog nie ondervind het nie, is dit nog belangrik vir jou, ja? Party mense sal jok en ja sê, ander sal nee sê, maar ek wil hê jy moet 'ja' sê en dit waarlik bedoel.
.
"Ja, daar is dinge wat ek nog nie gemanifesteer het nie. Daar is dinge wat ek wil hê wat ek nie weet hoé dit gaan gebeur niemaar hulle is nog steeds verfrissend en belangrik vir my. Ek voel nog steeds antisipasie. Ek voel bemoedig. Hulle voel nog vars vir my." Dit is wat jy moet sê.
.
Jou onvervulde begeertes moet goed voel vir jou, want, wel, daar is twee redes :
.
As jy nie kan vrede maak met waar jy is nie, dan sal dit baie stadig gaan vir jou onvervulde begeertes om vervul te word, want die angs wat jy voel oor dinge wat nie gebeur nie is 'n indikasie van 'n vibrasie wat dit weghou van jou.
.
So, wanneer jy siek is en jy wil gesond wees, en jy is al vir 'n lang tyd siek en dit lyk nie of dit beter gaan word nie, en as jy gediagnoseer is dat dit heelwaarskynlik nie beter gaan word nie,  dan, in plaas van om hoopvol te voel , voel jy angstig—is dit moeilik vir vebetering om te gebeur. Die feit is, dit kannie gebeur onder hierdie omstandighede nie.
.
Dieselfde is waar  as ons ons bekommer oor "wat in ons land aangaan". Hoe méér  klem daarop gelê word, en hoe meer die saak negatief gedebateer word, hoe erger sal dinge word. Ek sê gladnie ons moet soos volstruise wees en maak asof dit die gebeur nie - wat ek wél sê is dat die aanhoudende aandag gee aan die saak is wat die vibrasie veroorsaak wat die saak in die eerste plek veroorsaak het. Oorlog veroorsaak nog meer oorlog, denke aan armoede veroorsaak nog meer armoede, et al.
.
Laat ons ophou om alles te probeer ''reg'' maak - niks is gebreek nie en als is soos dit moet wees. En moenie jouself oor ander bekommer nie - jy bekommer jouself meer as hulle ... Daar is mense besig met oorlog; hulle is op die slagveld en hulle voel meer springlewendig as ooit tevore in hul lewe! Moenie mense van die lewe probeer beskerm nie; gun hulle hul eie ondervinding terwyl jy fokus op JOU eie ervarings. Kies dít wat vir jou goed voel en hou daarby solank dit jou plesier en genot verskaf. Daardeur sal jy jouself in lyn bring met jou Bronenergie en 'n manjefieke ervaring beleef.
.
Die vibrasionele verskil tussen die gevoel van hoop en angs is die verskil tussen gesond word of siek bly. Dis die verskil van om aan hierdie kondisie te kleef of dit te laat gaan.
.
Dieselfde gaan vir jou finansiële status - hoe minder geld jy het en hoe meer rekeninge jy kry, hoe meer angstig word jy.  So,  dit is die realiteit van wat-is; dit is die aksie-reis waarop jy is. So jou reis kan een wees van vrees of jou reis kan een wees van hoop. 
.         
En die verskil tussen angs en vrees is die verskil tussen dinge wat beter gaan of nie.          
.
Maak vrede met waar ookal jy is.
En hier is die belangrike deel: Wanneer jy wanhoop voel, of enigiets wat nie goed voel nie, en jy reik vir 'n gedagte wat beter voel, wat saam met dit kom is 'n bewustelike gewaarwording dat jy tog  'n mate van beheer oor jou lewe het.       
.
En vriende, ek kannie genoeg beklemtoon die belangrikheid van die rol wat bewustelike gewaarwording speel in die feit dat jy iets kan doen omtrent hoe jy voel.
.
Wanneer jy 'n gedagte kies wat beter voel as die gedagte wat jy voorheen gekies het, en jy bewustelik erken dat jy die mag het om dit te doen, an dat jy dit wel gekies het, en dat dit wel jou vibrasionele frekwensie verander het—nou, is daar niks wat jy nie kan verrig nie. Nou verdwyn daardie wolk van wanhoop, die wolk dat jy nie in beheer is van jou lewe nie. 
.
En alles is moontlik op hierdie emosionele skaal. En wanneer jy daar bo kom waar alles deksels wonderlik voel, dan word wonderlike dinge deel van jou daaglikse lewe!
.
Partymaal sal welmenende mense jou aanspoor om vinniger gelukkig te raak as wat jy kan—jy kan byvoorbeeld nie jou radio op 94.2FM stel en dan na 98.0 FM luister nie - die frekwensies moet dieselfde wees. As jy in wanhoop, of angs, of woede verkeer, kan jy nie al die pad spring na saligheid nie. Dit is 'n verskillende vibrasionele frekwensie. Dit is onmoontlik om van wanhoop na saligheid te gaan, en dis nie omdat jy nie kan nie; dis omdat die Wet van Aantrekkingskrag jou nie toegang sal verleen tot gedagtes of herhinneringe of gebeurtenisse of mense, wat vêr is van die vibrasie wat jy offer nie.
.
Dit is belangrik dat jy vandag besluit (wel, jy kan môre besluit, jy kan enige tyd wat jy wil besluit, maar dit is belangrik dat jy die besluit neem) dat jy nie gaan probeer om oor frekwensies te spring nie... Dit maak nie saak waar jy is nie; jy kan stadigaan na beter plekke beweeg. 
.
Besluit, gou, dat jy nie jou emosionele toestand met enigiemand anders s'n gaan vergelyk nie, wat hulle emosionele toestand is hulle emosionele toestand, en dit het niks met jou te doen nie. Besluit net dat jy gaan bewus wees van hoe jy voel, en hoe jy voel maak werklik saak, en voel lewenslustig wanneer jou vibrasie skuif. Wanneer jy skuif van wanhoop na woede, voel triomfantlik, want dit is 'n belangrike vibrasionele verskuiwing, want wanneer jy woede voel, kan jy vinnig oorgaan na frustrasie, en van frustrasie, na aksie.
.
Op skool in die klaskamer gee hulle jou 'n A of 'n B vir hierdie gedrag, of 'n E of 'n F vir daardie gedrag. En so dink jy dat iemand wat vreugde behaal het 'n A moet kry, en iemand met depressie of in wanhoop moet 'n E kry. En ek wil vir jou sê, wanneer jy van depressie of angs na WOEDE beweeg, gee jouself 'n A, want hierdie beweging is die belangrikste van alles!   
.
Wat dit bedoel is dat jy jou vibrasie verander het, en nou het jy toegang tot ander gedagtes en ondervindings. En natuurlik wil jy nie vassit in woede nie, maar vanaf woede het jy toegang to frustrasie.
.
En as jy terugkyk na jou ondervinding (nie te veel nie!) sal jy agterkom dat jou emosies altyd vergelyk kan word met dit waaraan jy jou aandag gee.
 .
Jy kannie omstandighede beheer nie.  Dit was nooit bedoel  dat jy omstandighede moet beheer nie. Jou intensie was  om onkondisionele liefde te ontdek. Jou bedoeling is om uit te vind hoe om goed te voel, onder ALLE omstandighede, want jy het die vaardigheid; jy het die mag; jy het die gawe om te fokus. Jy het die gawe om te KIES waar jy fokus, en dus het jy die gawe om OPSETLIK 'n vibrasie te offer, en dus het jy die gawe om te kies hoe jy voel.

.

Monday, November 10, 2014

Jy is 'n Skepper; Jy Skep Met Jou Gedagtes



Meesal skep jy outomaties want jy ontvang waaroor jy dink, of jy dit nou wil hê of nie, maar jy weet deur hoe jy voel of dít wat jy ontvang (skep) is wat jy wil hê. (Waar is jou aandag gefokus?) 

Jy is 'n Fisiese Verlenging van Dít Wat Nie-Fisies is
Alles-Wat-Is, of die Heelal, is nie klaar en wag vir jou om op te vang nie. Jy is die voorbeeld van Gedagte wat meer nastreef : meer van alles wat goed voel meer van dít wat nuut en glorieryk is. (Jy bring, in wese, hemel na aarde.)


Die Grondstuk van Jou Lewe is Vryheid; Die Doel van Jou Lewe is Vreugde
Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou groei sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.)
  
Enige Iets Wat Jy Jou Kan Voorstel is Joune om te Doen of te Besit
Sodra jy jouself vra hoekom jy dit wil hê, word die kern van jou begeerte ge-aktiveer. Hoe sterker jou positiewe gevoelens hoe vinniger ontvang jy dit. (Dit is ewe maklik om 'n kasteel to skep as is 'n knoop.)
  
Die Heelal Het Jou Lief; Want Dit ken jou Diepste Begeertes
Jy het na hierdie aarde gekom met groot en wonderlike voornemes en lei jou gedurig op jou gekose paadjie. Wanneer jy goed voel dan laat jy meer in van dít wat jy jou voorgeneem het. (Jy verpersoonlik inspirasie en lewenskrag.)

Ontspan Tot in Jou Natuurlike Welwillendheid. Alles is Volkome in Ewewig. (Regtig, dit is!)
Die kern van alles wat jy waardeer vloei gedurig tot in jou realiteit. Soos jy meer vind om te waardeer, sal jou toestand van waardering meer kanale skep om voor dankbaar te voel. (Terwyl jy dink, vibreer jy. Terwyl jy vibreer, skep jy.)

Jy is 'n Skepper van Gedagtebane Omtrent Jou Eie Pad van Vreugde
Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe.)

Aksies Wat Jy Neem en Geld Wat Jy Verruil is By-produkte van Jou Fokus Op Vreugde
Op jou bewustelike genotvolle reis sal jou aksies geϊnspireerd wees, jou hulpbronne sal oorvloedig wees en jy sal weet deur hoe jy voel dat jy jou motief vir die lewe vervuldig.
(Meeste het dit agterstevoor, so hulle voel vreugde in hul aksies of besittings.)

Jy Kan Van Jou Liggaam Afskeid Neem Sonder Siekte of Pyn
Dit is nie nodig dat jy siekte of pyn aantrek as 'n verskoning om hierdie lewe te verlaat nie. Jou natuurlike keuse van om hierheen te kom, hier te bly of om te vertrek is een van gesondheid en welwillendheid. (Jy is vry om anders te besluit.)

Jy Kan Nie Sterf Nie; Jy is Ewige Lewe
Met genade kan jy kies om te ontspan en om saggies terug te gly in jou nie-fisiese staat van pure, positiewe Energie. Jou natuurlike staat is een van Ewigheid. (Geniet alles - verhelder! Jy kan dit nie verkeerd kry nie.)

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...