.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Wednesday, December 31, 2014

Wense vir vandag en 2015


Vandag, op hierdie laaste dag van 2014
… wil ek graag ’n mooi gedig lees.
Wil ek graag ’n mooi prentjie sien.
Wil ek graag inspirerende musiek luister.
Wil ek graag iemand merkwaardig ontmoet.
Wil ek graag ’n paar verstandige woorde sĂȘ.

My wens vir jou is dat jou nuwe jaar gevul sal wees met LIEFDE, VREUGDE en INSPIRASIE en dat jy elke dag 'n mooi gedig sal lees, 'n mooi prentjie sal sien, na inspirerende musiek sal luister, iemand merkwaardig ontmoet en verstandige gedagtes sal hĂȘ en mooi woorde sal uitspreek.

Gelukkige Nuwe Jaar!

.

Wednesday, December 10, 2014

Maklike, Vreugdevolle Vakansietyd Gewaarborg



Dis alweer amper vakansie tyd! Vir baie tower dit visies op van nostalgie en opwinding, vir ander paniek oor die lang Dinge-Om-Te-Doen-lys en groeiende uitgawes. Gedurende hierdie tyd is SELFSORG meer belangrik as ooit...

Jy kan hierdie jaar 'n wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen beleef maak nie saak hoe groot jou begroting is of wat mense se houdings om jou is nie.

Volg die stappe hier onder en skep jou gelukkigste en maklikste vakansieseisoen ooit!

Sewe stappe om 'n Spesiale Vakansieseisoen te skep

1. Identifiseer Wat Jy Wil HĂȘ 
Neem 'n oomblik en maak jou oĂ« toe - dink aan die komende vakansietyd. As jy dit volmaak kon skep, presies net soos jy dit wil hĂȘ - hoe sal jou vakansie lyk? 

Sluit dit in om tyd deur te bring saam met die familie? 
Moet die inkopies vinnig en maklik gedaan wees?
Miskien 'n reis na 'n eksotiese destinasie?

Wat dit ookal is, neem 'n bietjie tyd en skryf dit op 'n stukkie papier.
  
2. Bepaal Jou Voorneme 
Noudat jy besluit het wat jy van die vakansie verwag, stel 'n voorneme om dit te bewaarheid. Voorname is 'n eenvoudige, dog  uiters magtige platform vir manifestasie. Wanneer jy helderheid bereik omtrent jou ideale vakansietyd, dan stel jy jou voorneme (en plaas jou bestelling met die Heelal).

Skryf nou jou voornemes onder jou notas wat jy gemaak het vir 'n perfekte vakansieseisoen.

Begin met "My voornemes  vir die vakansie sluit in ..." en maak 'n lys van alles wat jy wil hĂȘ.  Aan die einde van die lys, sĂȘ  "Dit alles en nog Meer!", waardeur jy die voorneme stel om te ontvang vir dit waarvoor jy gevra het.                  

3. Bepaal Strukture om Jou Voornemes te Ondersteun  
'n Nuwe gewoonte verlang 'n ondersteunings-struktuur om dit te help bewaarheid, bv. as jy jou eet gewoontes wil verander, laat familie en vriende weet, verwyder alle "sonde-kos" uit die huis, vra vir ondersteuning, ens. sodat daar nie later probleme is nie.

Om 'n wonderlike vakansieseisoen te skep is 'n similĂȘre proses. Jy weet wat jy wil hĂȘ en jy het jou voornemes gestel. Die volgende stap is om jou plan te ondersteun en te beskerm.

4. Maak Besluite Gebasseer op Jou Visie  
Een van die beste bykomstige gevolge van 'n helder visie omtrent jou droom is dat jy dit kan gebruik om besluite te neem.

Byvoorbeeld, as jou voorneme vir die vakansie is om tuis te bly met jou familie en jy kry 'n oproep van jou skoon-ouers wat sĂȘ hulle wil kom kuier, dan weet jy presies hoe om te reageer! As jou voorneme is om minder geld op geskenke te spandeer, dan  kan jy almal waarsku dat dit is wat jy van plan is om te doen en sodoende konflik vermy.

5. Beoefen Self-Sorg   
Soos die Lugwaardin vermaan, 'sit eerste jou eie suurstof masker op voor jy probeer om andere te help, want as jy nie kan asemhaal nie, kan jy niemand anders help nie"  dit bedoel  jy moet eers vir jouself sorg voor jy vir ander kan sorg. Prioritiseer jou self-sorg items bo aan jou Dinge-Om-Te-Doen-lys en ek waarborg jy sal meer energie en vitaliteit hĂȘ om al jou take te verrig. 

Self—sorg items kan as volg wees :

~ trakteer jouself met 'n lekker skuimbad of  massering aan die einde van 'n lang inkopiedag;

~ doen elke oggend 'n meditasie of 'n gebed om helderheid te kry vir die dag wat voorlĂȘ;  
     
~ of se "nee" aan vakansie uitnodigings waarvoor jy nie lus is nie.

6. Maak dit Pret!  
Vakansietyd kan baie stresvol wees. Jy moet geskenke koop en toedraai, kos voorberei, besige winkelsentrums, ens. Al verkies almal om jou om stresvol te wees, kan jy kies om pret te hĂȘ.

Dit  kan insluit om vir mense te glimlag (selfs die knorrige lot!) of om iets nuuts by jul normale viering te voeg.       

As jy nie seker is hoe om pret te beplan nie, neem 'n oomblik en bestudeer kinders. Hulle lief hierdie tyd van die jaar en is vol opwinding. Aap hulle net na! 
  
7. Hou dit Maklik!     
Met die beplanning en uitvoering van jou vakansie planne, onthou om dit maklik te hou. Sodra jy oorstelp begin voel, vra jouself hoe dinge 'n bietjie makliker kan maak. Jy kan dalk familie en vriende waarsku dat jy beplan om 'n 'maklike' kersseisoen te hĂȘ  en vra of hulle enige idees het.
   
Deur te  hou by jou planne vir die vakansies en deur hierdie eenvoudige stappe te volg, kan jy jou beste kersseisoen OOIT beleef!

Ek wens almal 'n voorspoedige vakansieseisoen and Hit the easy button folks!

Groete,

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...