.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Thursday, December 24, 2015

Soetgoed vir die siel



Sekere eienskappe is soetgoed vir die siel –
as ’n mens hulle in jou lewe het,
maak dit jou aanvaarbaar vir jouself en vir ander.

Almal hou van mense in wie se lewens hulle eienskappe soos liefde, geloof, hoop, entoesiasme en vrolikheid raaksien. Jou dag is sommer lekkerder as jy een van hierdie mense raakloop. Indien jy bereid is om hierdie eienskappe in jou eie lewe in te weef, sal jou teenwoordigheid vir ander mense vreugde verskaf.

"Jou siel het altyd met jou gevoelswĂȘreld te doen. As ons baie lekker voel, sĂȘ ons ons is sielsgelukkig of sielsalig. Jou siel is die ware jy — die som-totaal van daardie dinge wat vir jou werklik belangrik is. Jou siel bevat jou verlangens, jou begeertes, jou passies. Dit is die setel van jou individualiteit. En jyself is die enigste persoon wat jou siel kan verryk — of verarm. 'n Siel, soos 'n huis, word deur sy eienaar gemeubileer. As mense se lewe dus koud en leeg is, kan hulle net hulleself blameer."
— Louis L'Amour

Mag hierdie feesseisoen net vir jou VREUGDE, LIEFDE en INSPIRASIE inhou!

Saturday, December 19, 2015

Voel jy oorweldig deur die lewe? Verseker jou gevoel van Oorvloed



Is jy moeg daarvoor om gedurig na iets te soek of oor iets te val? Het jy te min tyd om iets daaraan te doen? Hoe kan jy in 'n geestestoestand van Oorvloed verkeer as jy oorweldig voel deur alles om jou? Hier praat ek oor hoe om orde in jou huis te skep met 15 maklike wenke!

WENK 1 Gooi dit uit
As jou huis oorvol is en jy nie meer plek oor het om iets te stoor nie, moet jy dit ernstig oorweeg om sekere items weg te gooi of weg te gee. As jy iets nuut aanskaf, moenie al die ou items in jou garage of pakkamer pak nie. Skenk dit eerder vir liefdadigheid.

WENK 2 Dink binne die boks
Koop houers waarin jy oortollige items kan plaas. Dit is veral handig om kratte vir jou kinders te koop waarin hulle byvoorbeeld speelgoed kan pak.

WENK 3 Maak 'n molshoop van 'n berg
Die meeste van ons kry gedurig gemorspos. Hierdie gemorspos kan vinnig in 'n berg papiere verander, so moenie toelaat dat dit ophoop nie. Lees dit onmiddellik en gooi dit dan in die asblik.

WENK 4 Hou dit bymekaar
Belangrike pos kan net so 'n kopseer soos gemorspos wees. Plaas rekeninge naby jou sodat jy dit nie uit die oog verloor en vergeet om dit te betaal nie. Hou ander belangrike pos soos uitnodigings bymekaar sodat jy daarvan onthou.

WENK 5 Mooi sonder moeite
As jy versamelaars-items het wat jy graag in jou huis wil uitstal, plaas dit in 'n vertoonkas van glas. As dit op 'n gewone tafel of kas staan gaan dit vinnig stof vergader en veroorsaak dat jy meer tyd daaraan spandeer om dit af te stof as om dit te bewonder!

WENK 6 Gaan groot
Indien jy nog nie al die meubels gekoop het wat jy nodig het vir jou huis nie, of as jy van ou meubels ontslae wil raak en nuwe meubels wil koop, oorweeg dit om 'n paar groter stukke te koop eerder as 'n versameling kleintjies. Dit sal op die oog af lyk asof jou huis heelwat spasie het.

WENK 7 Volkome voorbereid
As jy sekere items nodig het wanneer jy uitgaan, sorg dat dit betyds by die voordeur is sodat jy nie daarna hoef te soek nie. Voorbeelde hiervan is klere wat na die droogskoonmaker toe moet gaan, winkel-items wat omgeruil moet word en items wat reggemaak moet word.

WENK 8 Goedkoop koop is duur koop
Moenie in die versoeking kom om gedurig iets by 'n uitverkoping te koop nie. Vra jouself of jy dit regtig nodig het, want die kans is goed dat dit jou huis net nĂłg voller gaan maak.

WENK 9 Skep herinneringe
Neem ander mense se huise ook in ag wanneer jy vir hulle geskenke aanskaf. Moenie iets koop wat waarskynlik net 'n wit olifant gaan wees nie. In plaas daarvan om 'n geskenk te gee kan jy hulle uitneem vir ete, 'n fliek of 'n teaterstuk.

WENK 10 Oos, Wes, Tuis Bes
Maak seker dat alles in jou huis 'n spesifieke "tuiste" het en sorg dat almal wat in die huis woon daarvan weet en daarby hou. As 'n mens 'n item altyd op dieselfde plek bĂȘre, sal dit nie maklik wegraak nie.

WENK 11 Geraamtes in die (klere) kas
Maak jou klerekas oop en wees eerlik met jouself: dra jy alles en hou jy van alles daarin? Dit help nie om kaste vol klere te hĂȘ wat nie gebruik word nie. Gee dit eerder vir iemand wat dit wel sal dra.

WENK 12 Haal die chaos uit wasdag
Wasgoed wat ophoop kan vinnig 'n kopseer word. Sorg dat elke gesinslid weet presies wanneer jy wasgoed was sodat hulle sorg dat al hulle wasgoed betyds by jou is. As dit klaar gewas is, kan elke gesinslid hulle eie klere self gaan haal en wegbĂȘre.

WENK 13 Skottelgoed sonder sukkel
Die sleutel tot 'n skoon kombuis is om nie skottelgoed te laat ophoop nie. Was dit so gou as moontlik of gebruik 'n skottelgoedwasser. Gesinslede kan beurte maak om skottelgoed te was.

WENK 14 Wat geld vir die huis, geld vir die res
Moenie net aandag daaraan skenk om jou huis te orden nie, maar pas ook hierdie wenke op jou garage, pakkamer en tuinskuur toe. 'n Mens is geneig om te vergeet van daardie areas omdat jy nie soveel tyd daar spandeer nie.

WENK 15 Onthou om te onthou
Hou aan om hierdie wenke te volg. Dit moet 'n permanente ingesteldheid word. Om elke dag tien minute te spandeer om seker te maak dat alles op hulle plek is, gaan jou ure se moeite op 'n latere stadium spaar.

Groete,

MAREE

.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...