.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Sunday, January 31, 2016

Verander jou lewe vir ewig


'n Klompie jare terug was my lewe, om die minste te sĂȘ, uiters vaal, onbenullig, ongelukkig en rigtingloos. Ek het almal en alles geblameer vir my ongelukkigheid en nie gesien dat die antwoord reg onder my neus lĂȘ nie.

Ek het op 'n artikel afgekom omtrent "Living with Passion", en hierdie woorde, "Living with Passion is about creating and experiencing joy in as many aspects of life as possible" het my na my eie lewe met nuwe oĂ« laat kyk. Wat op aarde het my laat dink dat enige iemand anders behalwe ek self verantwoordelik kan wees vir my geluk? 

'n Passievolle lewe is meer as net 'n filosofie—meer as onbenullige wense vir geluk in jou gedagtes. Dis nie 'n probleem-vry-, feĂ«verhaal-bestaan nie en dit belowe ook nie rykdom en faam nie. Eerder, dis 'n bestaan wat bewustelik gekies is, bewustelik ontwerp is en 'n bestaan wat verantwoordelik gelewe word. Dit is 'n besluit omtrent wat jy wil vermag. Dit is om sonder huiwering deur elke storm van die lewe te beweeg en om wyser en sterker anderkant uit te kom. Dit is om aanhoudend te leer, lief te hĂȘ en te groei.

'n Passievolle lewe is 'n vervulde lewe. Dit laat jou toe om te sĂȘ, "Hierdie is belangrik. Dit is wat die Heelal my gegee het om na die wĂȘreld te bring en ek gaan dit volstoom doen!"

'n Passievolle lewe bedoel jy neem verantwoordelikheid vir jou keuses, jou aksies en jou ondervindings. Dit bedoel jy beweeg vorentoe van hierdie dag sonder self-opgelegde limitasies, klagtes of spyt. 

Om passievol te lewe is om entoesiasties te lewe. Kombineer aksie en passie en jy sal entoesiasme beleef. En dit is maklik om entoesiasme met andere te deel want entoesiasme is aansteeklik. 

Vind jou passie vandag en deel vandag jou entoesiasme vir die lewe met iemand—'n vriend, 'n medewerker, familielid of selfs iemand wat jy nog nooit tevore ontmoet het nie. 

'n Passievolle lewe is 'n inspirerende geskenk wat die wĂȘreld vir baie generasies kan verhelder!

.

Saturday, January 23, 2016

Wees lief vir jouself

''Jy kannie 'n ander liefhĂȘ totdat jy jouself waarlik liefhet nie.''

 
Tot in my dertigs het ek nooit veel aandag gegee aan wat hierdie gesegde eintlik bedoel nie. Ek het van een aktiwiteit na 'n ander beweeg, probeer om 'n leemte wat daar was te vul maar ek het nie geweet hoekom nie. Ek het altyd probeer om in te pas, probeer dat almal van my hou, probeer om almal se goedkeuring weg te dra. 

Derhalwe het ek nooit die tyd geneem om agter te kom wat spesiaal en uniek omtrent myself was nie.

Self-liefde is 'n vibrasie.
As ek myself lief het en ek dink ek is cool, dan wys dit. As ek skaam voel oor wie ek is, of as ek fokus op wat ek 'moet doen' of wat ek 'moet wees', dan wys dit ook.

As jy al ooit in die teenwoordigheid van iemand was wat baie self-bewus is, sal jy weet wat ek bedoel.

Ek was eers daardie persoon.

Ek was so behep met hoe ek lyk aan die buitekant, wat eintlik net 'n weerspieëling was van hoe ek binne gevoel het, dat ek seker baie self-betrokke voorgekom het.

Ek kon nĂȘrens behoorlik teenwoordig wees nie, en ek is seker almal om my het gedink ek is nie in hulle geĂŻnteresseerd nie - wat nie so was nie.

Ek was net ellendiglik ongemaklik in my eie vel.

"Ons is almal gebore met een ware liefde... onsself. As jy jouself liefhet, dan sal almal!"

Die fokus van hierdie artikel is Self-Liefde en verduidelik maniere om op jouself verlief te raak en maniere om daardie liefde uit te spreek.

Miskien is jy soos ek en sien die skoonheid in ander mense. Ek hoop nadat jy hierdie artikel gelees het en rond gespeel het met die verskillende konsepte, jy jou eie unieke betowering net so maklik sal sien!

Stap Een:
Wat vind jy innemend omtrent jouself? Wat het jy lief omtrent jouself?

Dalk het jy hierdie vraag nog nooit voorheen gehoor nie. Jy sal dalk liewer wil dink, "Wat kan ek verbeter omtrent myself?" maar ons bĂȘre dit eers tot later. . Elkeen van ons is uniek op betowerende maniere. Sommige van ons besit fisiese skoonheid, sommige is artisties, sommige het die IK van 'n genie, sommige is ontsettend sterk, ens. Sommige van ons het miskien "minder duidelike" eienskappe, maar op 'n aardse vlak speel elkeen van ons 'n belangrike rol met die kwaliteite wat ons verpersoonlik.

Ons is spesiaal. Ons almal word benodig. Ons is betowerend!

Neem 'n oomblik en skryf neer wat jy omtrent jouself lief het.

1. .........................................................................

2. .........................................................................

3. .........................................................................

4. .........................................................................

5. .........................................................................

6. .........................................................................

7...........................................................................

8. .........................................................................

9. .........................................................................

10. .........................................................................

11. .........................................................................

12. .........................................................................

13. .........................................................................

14. .........................................................................

15. .........................................................................

Loop na die spieël, kyk diep in jou oë en sien of daar iets is wat jy tot nou nie opgemerk het nie. Vra 'n getroue vriendin vir hulp. Dink aan 'n tyd toe jy regtig vol self-vertroue gevoel het en skryf daaroor. Dink aan jou 'snaaksighede' wat jou vir jouself laat lag. Jy het vele wonderlike fasette - sien hulle raak!

Dra hierdie lys vir 'n paar dae saam met jou, en elke keer as jy jouself inspireer met jou uniekheid, sit dit by jou lysie. .

Teken aan enigiets wat jou aandag trek omtrent jouself... miskien laat jy altyd iemand voor jou gaan in verkeer, miskien glimlag jy vir vreemdelinge, miskien haal jy kwotasies aan in gesprekke en laat almal dus lag.

As jy dink aan Die Wet van Aantrekkingskrag wat sĂȘ, "ewebeeld trek ewebeeld", as jy jouself ten volle lief het, sal dit weerspieĂ«l word in diegene met wie jy in aanraking kom.

Ek neem aan hierdie is 'n moeilike taak vir meeste mense. Ons word dikwels geleer om nie ons eie beuel te blaas nie. Ek kan jou verseker niemand het nog 'n arm gebreek deur hulself op die rug te klop nie!

Die doel van hierdie oefening is om maar net te begin. Ek glo dat teenwoordigheid 85% van alles is.

Wees teenwoordig vir jouself deur jouself lief te hĂȘ. Begin vandag!

Stap Twee: 
Werk liefdevol met enigiets wat in die pad staan van totale, passievolle Self-Liefde. . As jy dalk in jou spore gestop is deur Stap Een, ondersoek dit 'n bietjie meer. Vra jouself, "Wat staan in die pad van om myself totaal lief te hĂȘ?" en vereer dit wat te vore kom.

Dis dalk net 'n ou oortuiging in jou onder-bewussyn - dalk is dit iets groter.

Vir my, voordat ek pens en pootjies in self-liefde kon induik, was dit dat ek eers my eie storie moes verstaan, wat 'n trauma van my kinderdae ingesluit het en wat ek onderdruk het. Totdat ek dĂ­t erken het, en derhalwe opgeklaar het, het ek soos 'n halwe persoon gevoel, wat sin maak aangesien daar so 'n groot stuk van my lewe weg was.

As iets vir jou tevore kom, klein of groot, kry ondersteuning vir jouself. Dit help geweldig met die opklaring van ongedane sake van die verlede.

Stap Drie:
Vier Self-Liefde met Self-Sorg.

As jy 'n geliefde in jou lewe het, is ek seker jy het vir hulle 'n geskenk of kaartjie gekoop vir 'n spesiale geleentheid. Doen jy dieselfde vir jouself?

Self-sorg is 'n verpligtende stap in enige poging of strewe. As jy dit oorslaan, dan gaan dinge gewoonlik verkeerd.

Sonder self-sorg kan jy eenvoudig net nie teenwoordig wees vir ander mense of verpligtinge nie. .

Dit is hoekom die lugrederye aanbeveel dat JY eerste jou suurstofmasker aansit voordat jy andere probeer by staan. As jy nie kan asemhaal nie, kan jy dood eenvoudig niks anders doen nie.

Dink aan alles wat jy vir almal doen. As jy kinders het, dan weet jy die liefde wat jy voel en tot watter lengtes jy sal gaan vir hulle.

Nou gaan tot dieselfde lengtes vir jouself.

Dis hoe eenvoudig dit is!

Wanneer jy jouself lief het en jouself uitstekend versorg, vibreer dit uit na ander. Jy sal gloei! Jy sal reverbireer! Jy sal inspireer!

Mense sal vra, "Wat is anders omtrent jou?" Vertel hulle asseblief!

Wees van diens deur almal te laat weet hoe lief jy vir jouself is. Leer hulle hoe. Hoe meer liefde daar op die planeet is, hoe meer vrede sal daar wees.

Om af te sluit, los ek by jou hierdie inspirerende woorde van Marianne Williamson, wat baie spesiaal vir my is. Ek hoop dit inspireer jou om vandag jou Self-Liefde te ontwikkel en uit te brei en jou eie unieke prag te betree!
- Maree

Let Your Light Shine
Our deepest fear is not that we are inadequate.
Our deepest fear is that we are powerful beyond measure.
It is our light, not our darkness, that most frightens us.
We ask ourselves, who am I To be brilliant, gorgeous,
Talented and fabulous?
Actually, who are you not to be?

You are a child of the Universe.
Your playing small doesn't serve the world.
There is nothing enlightened about shrinking
So that other people
Won't feel insecure around you.
We were born to make manifest
The glory that is within us.
It's not just in some of us; it's in everyone.
And as we let our light shine,
We unconsciously give other people
Permission to do the same.
As we are liberated from our own fear,
Our presence automatically liberates others.
- Marianne Williamson

.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...