.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Affirmasies


Plegtige Verklarings | Bevestigings (Affirmasies)  verteenwoordig die MAG VAN DIE GESPROKE WOORD.


Elke gedagte wat jy dink, elke woord wat jy sê, is 'n bevestiging. Al ons innerlike gekletsery met onsself is 'n bevestiging. Ons is gedurig en onbewustelik besig om te bevestig met woord en gedagte en daad en hierdie vloei van bevestigings is wat ons lewenservarings elke oomblik skep. Wat ons glo is net aangeleerde denkwyses vanaf ons kinderdae en baie van dit werk vir ons, maar baie van dit mag dalk nou teen ons werk.

Dit is die herhaling van Bevestigings/Affirmasies wat lei tot geloof. En sodra daardie geloof 'n diepe oortuiging word, dan begin dinge gebeur!

Hoe meer gereëld jy dit gebruik, hoe makliker verander jy jou oortuigings-sisteem.

Staan voor jou spieël en hehaal die Bevestiging/Affirmasie 'n paar maal hardop. Jy sal dalk 'n bietjie soos 'n gek voel aan die begin, maar wie gee om?! Doen dit in jou eie stil-tydjie en ook 'n paar maal gedurende die dag vir 'n week lank of totdat jy dit maklik kan sê sonder om na die Bevestiging te kyk. Jy kan dit ook op 'n stukkie paper skryf en in jou sak rond dra.


DANKVERKLARINGS
''Dankie, ek is dankbaar vir wie ek is.
Dankie, ek is dankbaar vir al my vermoëns.
Dankie, ek is dankbaar vir alles wat ek ontvang.''

"Ek is so dankbaar vir my liggaam.
Dit het my goed behandel oor die jare en verouder grasieus.
Ek voel gelukkig met my voorkoms."

"Ek is dankbaar vir my wonderlike familie; vir 'n wederhelf wat my lief het en vir wonderlike kinders."

"Ek is dankbaar dat ek gebore is - vir my huis, my motor, my familie, my vriende, my gesondheid en die gevoel van genot wat ek elke dag beleef."

"Ek is SO dankbaar vir my inkomste. Ek het 'n werk wat ek geniet, 'n uitstekende loopbaan en ek kan alles bekostig vir my familie."

Verklaring vir vergifnis
Ek vergewe almal wie my al ooit seer gemaak het, bewustelik of onbewustelik, in hierdie leeftyd of enige ander, in hierdie Heelal, dimensie, vlak van bestaan, of enige ander.
Ek aanvaar genade.

Ek vra om vergifnis vir alles wat ek ooit gedoen het om iemand anders seer te maak of  skade aan te doen, bewustelik of onbewustelik, in hierdie leeftyd of enige ander, in hierdie Heelal, dimensie, vlak van bestaan of enige ander.
Ek aanvaar genade.

Ek is verlos.  Ek is vry van alle kettings en beperkings. Ek staan in volmag voor my Meester.

Verklarings vir Oorvloed
Ek is suksesvol in alles wat ek doen.
Ek is altyd produktief.
My werk word positieflik herken .
Ek vermeerder alewig my inkomste.
Ek is wys in hoe ek my geld spandeer.
Ek het altyd meer as genoeg geld vir dit wat ek benodig

Ek floreer in alles wat ek doen en ek weet ek verdien alle voorspoed.
Hoe meer dankbaar ek is, hoe meer redes vind ek om dankbaar te wees.
Ek betaal my rekeninge met liefde aangesien ek weet oorvloed vloei deur my.

Verklarings vir Liefde
Ek verdien liefde en aanvaar dit NOU.
Ek GEE liefde en dit kom vermenigvuldig terug na my.
Ek verheug my in die liefde wat ek elke dag teëkom.

Verklarings vir Romanse
Ek het 'n wonderlike deelgenoot en ons is albei gelukkig en rustig.
Ek verlos enige desperasie en laat liefde toe om my te vind.
Ek trek slegs gesonde verwantskappe aan.

Verklarings vir Gewigsbeheer
Ek is die perfekte gewig vir myself.
Ek kies om positiewe, gesonde keuses te maak vir myself.
Ek kies om aktief te wees.

Verklarings vir Selfbeeld
Ek glo in myself, en sodoende glo ander ook in my.
Ek uiter my behoeftes en gevoelens.
Ek is my eie, unieke self - spesiaal, kreatief en wonderlik!

Verklarings vir Vrede en Harmonie
Al my verwantskappe is liefdevol en harmonieus.
Ek is vreedsaam.
Ek glo in die proses van die Lewe.

Verklarings vir Vreugde en Geluk
Die lewe is vreugdevol en vol verrassings.
My lewe is 'n vreugde vol van liefde, pret maak en vriendskap.
Ek kies liefde, vreugde en vryheid en my hart is oop vir alles wat wonderlik is.

Verklarings vir Gesondheid
''Ek is gesond en ongedeerd.
''Ek luister met liefde na my liggaam se boodskappe.''

Ek het die mag om my gesondheid te beheer.
Ek is in beheer van my gesondheid en welwillendheid.

Ek het oorvloedige energie en vitaliteit.
Ek is gesond in alle aspekte van my wese.

Ek vrees nie siekte nie want ek weet ek het beheer oor my liggaam.
Ek is vol energie vir al die aktiwiteite in my lewe.

My bewussyn is vreedsaam.
Ek is lief voor en versorg my liggaam en my liggaam versorg my.

Verklarings vir Voorspoed
''Ek is eerlik en oop met myself en andere.''
''Ek is lief vir die lewe en aanvaar my oorvloed onvoorwaardelik.''

Verklarings vir Alledaagse Lewe
Ek leef in Vrede met die Heelal.
Ek aanvaar en is lief vir myself.
Ek is uniek en liefdevol, ek is vry.
Ek is veilig en voel altyd beskermd.
Ek is in verbinding met my gevoelens en aanvaar dus al my gevoelens.
Ek is omring deur liefde en mense wie vir my omgee.
Ek is innemend en aanvaar ander mense soos hulle is.
Ek vertrou my innerlike om my op die regte paadjie te lei.
Ek skep elke dag 'n liefdevolle omgewing vir myself en ander.
Ek is altyd gekonnekteer met die Goddelike Liefde in die Heelal.
My innerlike visie is altyd helder en gefokus.

Verklarings vir Vrede en Harmonie in Jou Lewe
Ek is vol vrede.
Ek is altyd in harmonie met die Heelal.
Ek is gevul met die liefde van die Universiële Goddelike waarheid van die Heelal.
Ek lewe in vrede met almal om my.
Ek is een met my innerlike kind.

Verklarings vir My Spirualiteit
"Ek is vry om myself te wees.
Ek is vol vergifnis en liefde.
Ek is verantwoordelik vir my eie spirituele groei.
Ek gee myself permissie om een te wees met die Heelal."
My krag kom deur vergifnis aan dié wie my seer gemaak het.
Hoe meer ek liefde gee, hoe meer kry ek terug.
Liefde is ewigdurend.
Ek vertroetel my innerlike kind en laat haar toe om te genees.
Ek is verantwoordelik vir my lewe en het die mag om positief te bly.

"Ek waardeer alles in my Heelal."

::

2 comments:

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...