.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Inspirasies



APRIL 2012
Elke wet wat vandag bestaan, of dit nou geloofs- of sekulêre (wêreldse) wette is, is tot stand gebring omdat ons probeer om ander mense te kry om te doen wat ons sal laat goed voel.

MEI 2012
Die standaard van sukses in die lewe is nie die dinge nie. Dit is nie geld of die goeters nie -- dit is die absolute hoeveelheid vreugde wat jy voel.

JUNIE 2012

As die mensdom kon verstaan dat "wat ek skep het niks te doen met wat enige iemand anders besig is om te skep nie" dan sou ons nie so bang wees vir wat ander mense doen nie.

JULIE 2012
Enige iets wat jy doen om iets te bowe te kom of te verhoed,  plaas 'n soeklig op die presiese ding wat jy te bowe wil kom of verhoed. Jy kan nie genoeg aksie neem om te vergoed vir die energie wat jy sal laat vloei nie.

AUGUSTUS 2012
Jy kannie die kers beide kante brand nie
Doen net jou beste om jouself in balans te hou. Een van die eerste dinge wat Energie-gerigtheid versteur is om te veel van jouself te vra. Met ander woorde, jy kannie die kers aan beide kante brand en dan wonder hoekom jy moeg  is of nie opgewek voel nie. So die goue reël is, "Ek gaan baie, baie, baie gelukkig wees en dan alles doen waarvoor ek tyd het daarna."

SEPTEMBER 2012
Bewustheid geniet fisiese vorm. Bewustheid het nie fisiese vorm nodig nie, maar fisiese vorm het bewustheid nodig. En Bewustheid geniet fisiese vorm, want fisiese vorm is die vernaamste gedeelte van gedagte. So Bewustheid neem toe deur fisiese vorm. Dis nie een of die ander nie.

OKTOBER 2012
Maak vrede met geweldadige oorvloed
Jy is meer geneig om 'n hoër vibrasie te hê en meer oorvloed aan te trek is jy geld uit die element te los. Nie omdat geld "die wortel van alle kwaad" is nie, maar omdat dit gewoonlik jou vibrasie ontstel.

NOVEMBER 2012
"Hoe, waar, wanneer, wie" stel 'n teenoorgestelde vibrasie
Wanneer jy praat oor wat jy wil hê en hoekom jy dit wil hê is daar gewoonlik minder weerstand as wanneer jy praat van wat jy wil hê en hoe  jy dit gaan kry.  Wanneer jy vrae stel waarvoor jy nie antwoorde het nie soos hoe, waar, wanneer en wie, veroorsaak dit teenoorgestelde vibrasies wat alles stadiger maak.

DESEMBER 2012
Vir genesing, vind iets om oor goed te voel
Vind iets om oor goed te voel, staan eenkant en laat jouself toe om te ontvang waarvoor jy gevra het. Dit is die sleutel tot genesing.

JANUARIE 2013
Emosies is omtrent jou persepsie van vryheid
Elke emosie, van ellende al die pad tot by vervoering; van totale Verbinding met wie-jy-regtig-is tot waar jy jouself heeltemal afsluit van jou Verbinding, al daardie emosies gaan oor jou persepsie van vryheid, of jou persepsie van gebondenheid—elke liewe een van hulle.

FEBRUARIE 2013 
Dit maak alleenlik saak wat JY doen
Dit maak nie saak wat enigiemand anders met hul vibrasie doen nie, dit maak alleenlik saak wat jy doen. Jy kannie iets begeeren opmerk dat jy dit nie kry nie—sonder om twee teenoorgestelde vibrasies te offer wat dit dan nie laat inkom nie.


Augustus 2014
Afwagting laat ontvangs toe
Afwagting is 'n fokus met 'n vibrasie wat toelaat dat jy ontvang waarop jy gefokus het—en jy verwag dinge, beide dié wat jy wil en dié wat jy nie wil hê nie.

September 2014

Januarie 2015
'n Sterk vrou glo sy is sterk genoeg om haar reis aan te pak, maar 'n vrou van inbors glo dis in die reis wat sy sal sterk word.

Maart 2015
Wanneer ons nodig het om die waarheid omtrent onsself te hoor, is dit altyd beter om dit van jou vriende te hoor. 

Junie 2015
Hoekom moet ons na ons vriendskappe omsien? Verbeel jou jy word een oggend wakker om te ontdek die son skyn nie meer nie. Dit is hoe die lewe sal wees sonder jou vriende.

Desember 2015
Die maklikste manier om te weet of jy jou lewe ten volle geniet, is om terug te dink aan al die oomblikke wat vir jou spesiaal was.

Februarie 2016
Daar kom 'n tyd wanneer jy moet kies om na die volgende bladsy te gaan of om die boek toe te maak. 

Maart 2016
Dink aan die lewe as 'n goeie boek. Hoe meer jy daarin betrokke raad, hoe meer maak dit sin.

Mei 2016
Neem baie foto's - fotografie is 'n manier van aanraak, 'n manier om te voel en om lief te hê. Dit onthou klein dingetjies, lank nadat jy alles vergeet het.

Junie 2016
Word die leier wat jy die graagste sal wil volg. Word jy die ouer wat jy die graagste sal wil hê.

Julie 2016
Mag die son altyd op jou vensterbank skyn. Mag 'n reenboog elke keer jou trane laat verdwyn.

Aug 2016
Ons is gebore om saam te wees - 'n enkele blaar se skaduwee is nie genoeg nie. 

Sept 2016 
Moenie ontsteld raak deur mense of situasies nie: beide is skadeloos sonder jou reaksie 

Okt 2016
Om 'n kompliment van iemand te kry, is om jouself deur iemand anders se oe te sien. 

Nov 2016 
As die trein nie op jou stasie stop nie, is daai trein nie vir jou bedoel nie.

Des 2016
Moet nooit jou drome van more bou met die skerwe van gister se seer nie

Januarie 2017
Skoonheid is dit wat jou vreugde gee!

::


2 comments:

  1. So baie goeie pitkos....dankie daarvoor!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Liz, bly jy het geniet en ons het almal so elke nou en dan 'n bietjie inspirasie nodig.

      Delete

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...