.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Selfsorg


SELFSORG & OORVLOED IN JOU LEWE

Hierdie afdeling sal gereeld op datum gebring word met nuwe artikels, so maak seker dat jy kort-kort kom inloer! Nuwe artikels sal bo verskyn.

::

SELFSORG EN VREUGDE / Kliek hier

Selfsorg en Vreugde

::

Kies jouself - Selfsorg

Kies jouself - Selfsorg
:: 

Selfsorg en Kuns & Kreatiwiteit

Selfsorg en Kuns en Kreatiwiteit

::

SELFSORG - VAN 0 TOT 100 (in tien stappe)

Selfsorg - in 10 stappe
::

Selfsorg en Meditasie

Selfsorg en Meditasie

::


Selfsorg - Emosionele Hulp

Selfsorg - Emosionele Hulp

::

Self-sorg en Vakansietyd

Selfsorg en Vakansietyd

::

SELFSORG EN VREDE

Selfsorg en Vrede
Hoe begin jy jou dag?

Dink aan vanoggend toe jy wakker geword het. Het jy uit die bed gespring  en gestres gevoel oor die dag wat voorlê en alles op jou om-te-doen-lys?

En hoe het jy gevoel toe jy die huis verlaat het? Die Wet van Aantrekkingskrag stel dat waaraan jy dink jy  na jou toe sal aantrek - wat bedoel dat, wat ookal jou gemoedsrus was toe jy die huis verlaat het, jou dag gaan bepaal.

Deur jou dag bewustelik, met voorneme en in vrede te begin, skep jy 'n platform om alles wat jy begeer en nodig het, maklik en sonder inspanning na jou toe aan te trek.

Ek was hierdie week weer herinner aan die mag van my daaglikse oggend-konneksie roetine. 'n Geliefde familielid was besig om 'n krisis te ondergaan, en vir 'n paar weke het ek nie my konneksie-tyd beoefen nie. Na 10 dae het ek tydelik die ritme van my gewoonte verloor.

Die effek van om nie my dag bewustelik te begin nie het op my afgekruip, stadig maar seker. Na 2 weke van nie met myself konnekteer in die oggende nie, het ek gevoel soos 'n bottel wat in die see ronddryf, sonder rigting en deur die golwe rond geskommel.

Sodra ek besef het wat kort-kom, het ek weer my oggend konneksie-tyd geïmplimenteer en onmiddellik die voordeel gevoel in die kwaliteit van my dag.

My oggend-konneksie roetine het begin toe ek self 'n persoonlike krisis ondergaan het en ek gedistansieer gevoel het van alles en almal om my. Ek hou van struktuur en orde (en om lysies te maak!) en het dus 'n konsep uitgewerk om myself te ondersteun en rigting en helderheid te gee.

Hier onder is 'n voorbeeld van my Konneksie-tyd oggend roetine wat jy kan aanpas om by jouself en die tyd wat jy beskikbaar het in te pas.

Partymaal doen ek die hele roetine;
Partymaal doen ek net 'n paar;
Partymaal doen ek dit hardop;
Meesal skryf ek dit in my joernaal en
Partymaal is ek stil

'n belangrike punt is dat daar nie 'n regte of verkeerde manier is om dit te doen nie.
Deur jou dag BEWUSTELIK te begin lewer altyd positiewe resultate!

Moontlike komponente vir Oggend-Konneksie-tyd


Meditasie - Vra en ontvang leiding
Bepaal Voornemens vir die dag
Doen Dankbaarheids-Joernaal (iets wat ek ELKE DAG doen)
½ uur om iets Inspirerends te lees
Luister na Helende musiek
Skryf alles neer in jou gedagtes om helderheid te kry en verbrand dan die bladsye
Maak jou Energie skoon en beskerm dit
Sny koorde - Verwyder jouself van negatiewe denke
Prioritiseer en beplan jou dag
Stuur genesing uit aan die wêreld

Ek hoop die artikel het jou inspirasie gegee oor hoe om jou dag te begin gevul met sukses en oorvloed!

Onthou, jy is 'n spieël ...
wanneer jy jou dag met vrede begin,
sal daar die hele dag lank vreedsame weerspieëlings in jou lewe wees!

::
    Top 10 selfversorgingswenke



    1. Verander negatiewe gedagtes in positiewe dade.

    2. Sê dankie vir alles vir 'n verandering!

    3. Doen iets spesiaals vir iemand anders, maar moenie haar daarvan sê nie.

    4. Kry genoeg slaap—al is dit 'n middag-slapie!

    5. Vergewe iemand. Dit vat gans te veel energie om kwaad te bly!

    6. Vergewe jouself want om dit nié te doen nie beskadig jou siel.

    7. Vra jouself: "Hoe belangrik is dit regtig?"

    8. Onthou, om ander lief te hê bedoel nie jy moet na hulle pype dans nie.

    9. Vra jouself: "Wat kan ek doen om iemand anders se dag te maak?"

    10. Glimlag!

    'n Oorvloed dag vir jou!

    ::

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...