.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Wat is Oorvloed?


Die woordeboek sê ''rykdom, ryklik, volop, menigte, volheid, weligheid, waar die hart van vol is'' - maar basies is oorvloed hoe ons konnekteer met ons Bronenergie, die Bron van die Heelal ... sonder om één te wees met die Bronenergie van Voorsiening en die Heelal is daar nie oorvloed nie. 

 Ons moet mens ''wees'' en nie mens ''doen'' nie - deur mens te ''wees'' bedoel dit om gelukkig te voel en jou lewe te geniet en in die huidige oomblik te leef - ''wees'' is om in 'n stemming van ''ontvangs'' te wees - wéét wat jou droom is en wat jy wil hê en moenie konsentreer op dit wat jy nié wil hê nie. 

LIEFDE is die spilpunt waarom die Heelal draai. Daar word gesê dat jy nie kan liefhê voordat jy jouself waarlik lief het nie. Self-sorg, fisies en geestelik, is die absolute fondasie vir enige suksesvolle en oorvloedige lewensstyl - vanuit 'n geheel en al fisiese aspek, hoe beter jy jouself versorg, hoe meer energie het jy vir die lewe en almal om jou. 

 DANKBAARHEID is een van die grootste elemente van oorvloed en deur te sê, ''Dankie vir dié wonderlike dag wat voorlê'' begin jy jou dag met voorneme en doelbewustheid. Daardeur kom vrede en doelgerigtheid en 'n verbinding, 'n koppeling met jou Bronenergie. 

::

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...