.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Friday, June 8, 2012

Praat alleenlik daaroor...

... as dit jou beter sal laat voel. 

 
Soveel mense kla oor die regering, die korrupsie oraloor, die stygende misdaad, bakhand bedelaars, die bure se bedwelmde tromslanerkind en die vroueslaner oorkant die pad. En kort voor lank vind jy jouself net so kliphard saam kla. 

Dit is van nul-en-gener waarde om, OOIT, iets te aktiveer of oor iets te praat wat nie goed voel nie, want dit re-aktiveer die nie-goed-voel-nie in jou vibrasie; dit veroorsaak nog 'n punt in jou rede van aantrekkingskrag — sodat jy meer vaag voel. 

Met ander woorde, wanneer jy op andere se probleme fokus dan verminder jy jou bekwaamheid om hulle te help. Mense glo dat jy op die probleem moet fokus om 'n oplossing te vind. Geen oplossing tree na vore nie —geen oplossing word ooit geÏŠnspireer nie; jy sal dit nooit herken nie en jy sal nooit in staat wees om die oplossing te bereik nie — deur om op die probleem te fokus nie. 

Die fokus en die oplossing is twee totaal verskillende vibrasies. As iemand vele dinge in hul lewe het wat verkeerd is en net een ding wat reg is, dan moet hulle die fokus vestig op die één ding wat reg is en dit die punt van aantrekkingskrag maak. 

Sodra jy fokus op die probleme, dan het jy vibrasionele harmonie met iets anders as die Bron Energie vanwaar jou oplossings kom.

::

 

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...