.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Saturday, May 17, 2014

Die Genesing van ons Aarde


Die wet van aantrekkingskrag stipuleer dat jou gedagtes (tesame met jou gevoelens en oortuigingssisteem) jou realiteit na jou aantrek soos 'n kragtige magneet. Dit is nie altyd onmiddelik duidelik of waarneembaar nie, want dit neem 'n rukkie vir jou gedagtes om in die fisiese realm te manifesteer. Daar is 'n buffer van tyd. So dit is duidelik dat, as waaraan jy dink of wat jy doen, jou laat sleg voel, dit belangrik is dat jy jou gedagtes moet verander na iets meer aangenaam. Dankbaarheid vir dít wat jy reeds het sal help om meer aan te trek van dit wat jy wil hê.

Dieselfde is waar as dit kom by die Genesing van ons Aarde. Ons moet fokus op dít wat ons wil hê en nie op wat ons nie wil hê nie. Byvoorbeeld, in plaas van om aandag te gee aan nuus soos oorlog en aardse destruksie, moet ons meer visualiseer dat ons aarde 'n vreedsame plek is, gereinig en genees en ongebroke.

.

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...