.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Tuesday, June 24, 2014

Moenie jou kwel oor die planeet nie; dit is nie gebreek nie


En moet jou ook nie kwel oor andere nie. Jy kwel jouself meer oor hulle as wat hulle doen. Daar is mense wat oorlog voer; daar is mense op die slagveld wat meer lewendig voel as OOIT tevore. Moenie probeer om mense te beskerm van die lewe nie; laat hulle toe om hulle eie ondervindings te hê terwyl jy fokus op jou eie ondervindings.


Jy het nie in hierdie wêreld ingekom om dit reg te maak nie. Jy is hier omdat dit fantasties is en omdat jy hier WIL wees. Niks is gebreek nie en alles is soos dit moet wees. Sodra jy dit glo en aanvaar dan sal jy meer en meer sien dat alles OK is. Maar wanneer jy glo dat alles om jou gebreek is, dat daar besoedeling is, dat regerings korrup is... dan raak jy betrokke by al hierdie vibrasies en begin jy hierdie dinge te manifesteer, en dan sê jy, "Ek het jou gesê dinge is besig om verkeerd te loop!"

Wees versigtig waaroor jy dink. Hoe meer jy oor goeie dinge dink, hoe beter sal jou lewe wees.

.

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...