.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Saturday, June 17, 2017

Massa-bewustheid en Ons Aarde



Baie min mense is bewus van die konsep van "massa-bewustheid" en hoe dit ons en ons moeder aarde affekteer. Ons geestestoestand en aksies word grootliks bepaal deur dit wat ons hoor en wat om ons aangaan. 'n Tipe van indoktrinasie wat plaasvind deur waaroor mense praat en wat daar in die media gesĂȘ word.

En hoe meer slegte nuus die media adverteer (ons kan hulle nie blameer daarvoor nie, dit is wat koerante en TV programme laat verkoop), hoe meer praat die mense daaroor, en hoe meer die mense daaroor praat, hoe meer spits ons onself toe op al die negatiewe punte wat uitgebasuin word oor moord en roof en aardverwarming en onheil.

Die ding is om nie onsself toe te laat om geaffekteer te word deur al die stories en voorspellings van onheil nie - ons weet mos dat, deur ons gedagtes toe te spits op die positiewe aspekte van die lewe, ons meer van dieselfde sal aantrek na ons toe.

OORVLOED en gesondheid vir ons Moeder Aarde kan in werking gestel word deur almal van ons; ons is almal mede-werkers en kan, deur die lewens wat ons lei, die gedagtes wat ons dink en die aksies wat ons neem, bydra tot die skepping van oorvloed. En dit moet 'n prioriteit vir ons almal wees.

Monday, February 20, 2017

Januarie tot Desember

Wat beteken elke maand van die jaar vir jou? Hier's 'n glimlaggende kykie na elke maand van die jaar! 


Vat nou maar vir Januarie 'n maand sonder enige identiteit. 'n Klomp hou vakansie, terwyl die ander sotte sukkel om hul werk gedoen te kry, want die spul wat die tjeks moet teken, lĂȘ nog op Margate se strand. Dan jaag almal huis toe met 'n moerse spoed, terwyl pa sit en vloek oor sy overdraft wat in sy kanon is en ma die nuwe rolle om haar middellyf blou knyp. Die res van die maand eet almal viennas en droĂ« Krismiskoek, want die kinders se skoolklere kos 'n plaas se geld.

Arme, stomme Februarie... Nie eens genoeg dae om 'n ware maand te wees nie en kry toe maar Valentynsdag sodat hy nie sleg moet voel nie. In Februarie gooi die meeste mense hul voornemens vir die nuwe jaar oorboord, begin weer rook/drink/vreet en verval in diepe depressie,want die hond is pregnant en die vrou kla sy's moeg om almal se slaaf te wees.

Maart - nou ja, foei tog. Nog vis, nog vlees. Dis te koud vir somersklere en te warm vir wintersklere. Jy kry 'n vieslike griep en vergeet jou selfoon op die apteek se toonbank. Die rentekoers gaan op en Breggie dreig om universiteit op te skop en haarself te gaan soek op 'n pelgrimsreis deur Indië. Graeme Smith bedank as die Proteas se kaptein, want hy wil meer tyd saam met Herschelle Gibbs deurbring.

Dan is dit April. Immers is daar 'n paar vakansiedae wat die gemoedere opkikker. Die Kaap is te duur en Durban te warm. Dan maar Oudtshoorn toe vir die KKNK waar jy jou beursie in die biertuin, jou geduld by die kaartjieskantoor en jou balans by die brandewynstalletjie verloor.

Mei-wĂȘreld. Die Suid-Afrikaanse spanne beklee die onderste vyf plekke op die Super 14 punteleer en die minister van sport sĂȘ dinge lyk belowend. 'n Skoolhoof van Pretoria word gevang vir dronkbestuur en sy vrou bieg oor haar dobbelprobleem, wat weer op sy beurt tot haar man s'n gelei het. 'n Bekende gay modeontwerper bevestig dat hy eintlik heteroseksueel is en raak verloof aan oud-mej. SA, Suzette van der Merwe. Die Creepy Crawly sluk 'n oordosis herfsblare in.

Junie is nes Julie, jy spel hom net verskillend. Die verwarmer brand uit, die kaggel verstop en die warmwatersak lek. Robert Mugabe koop vir hom 'n woonstel in Kampsbaai en George Bush verklaar oorlog teen Switserland. Skoonma kom kuier en die boerboel vreet haar nuwe paar Hush Puppies op.

Julie het nog nooit die son gesien nie. Hy dra 'n grys mus, 'n langpyponderbroek en stewels wat sy voete laat stink. Dis nat in die Kaap, droog in Gauteng en koud in die Vrystaat. In die hoofstraat van Benoni – vroeĂ«r herdoop na Charlize Theron Boulevard – open 'n Charlize Theron-droogskoonmaker, 'n Charlize Theron-skoonheidsalon en 'n Charlize Theron-drankwinkel.

Eintlik wou Augustus nog altyd September gewees het. Nou steel hy maar 'n paar bloeisels en 'n bietjie son om sy vaal gesig in te kleur. Almal karring net aan, behalwe ons adjunkpresident, wat die wĂȘreld vol rits in haar eie Gulfstream-jet. Sy sĂȘ gerugte dat sy haar vliegtuig teen 'n onbekende bedrag by 'n kontak van Schabir Shaik gekoop het, is ongegrond.

September is net 'n ander woord vir sinus. Meeste mense stik, stotter en snuif die maand deur. Patricia Lewis en Amor Vittone skryf saam 'n boek: "Skoonheid Vergaan, Maar Silikoon Bly Staan". Pa val van die leer af terwyl hy die geute verf en ma sluit by Weight Watchers aan, want die vakansie is net om die draai.

Oktober is miskien die mooiste, mooiste maand, maar terwyl die lente sy kleure en geure in 'n weerbarstige streep oor die landskap trek, klim die herinnering aan verspeelde dae onder jou gewete in. Die jaar is amper verby en wat het jy nou eintlik gedoen? BĂŽgeroll! Die boek wat jy wou skryf, die marathon wat jy wou hardloop, die slegte gewoontes wat jy sou afleer – daar het niks van gekom nie. In stede is jy luier, dikker en dommer as 'n jaar gelede.

November begroet jou met 'n kakofonie van voortydige Krismisklanke. NĂĄ drie doppe op die office party beledig jy jou baas, lĂȘ aan by die ontvangsdame en brand 'n gat in die duur, gehuurde tafeldoek. Op Guy Fawkes raak die hond, die huishulp en die tuinslang weg. Sussie word naar op haar matriekafskeidrok en boetie kleur sy hare pers.

Desember is die begin van die einde. Steve Hofmeyr stig sy eie kerk, F*k*ofpolisiekar stel hulle gospel-CD vry en Leon Schuster se nuwe fliek, "Daar's 'n Xhosa in my Kooi", is 'n wegholsukses. Op Oukersaand gee Pappa vir Mamma 'n bottel "You're the Fire" en Mamma maak vir Pappa so warm dat hy Kersdag nog vonke doodslaan.
Hierdie is per ePos na my gestuur, skrywer onbekend

Hoop julle het almal 'n fantastiese Februarie en ons gesels later!

 

Tuesday, January 3, 2017

'n Tyd om aan te vul


'n Week sonder kreatiwiteit - nee, langer as 'n week... en die snaakse ding is dat ek eintlik verbaas is dat ek nie skuldig voel daaroor nie. Met 'kreatiwiteit' bedoel ek skets en skilder. Gewoonlik voel ek ongemaklik, al asof iets kortkom, as ek vir 'n paar dae nie geskilder of geteken het nie. Hierdie keer is dit anders - 'n stilte het sommer net neer gedaal... 

Ek het vir die afgelope twee jaar elke dag van my lewe iets geskilder, al was dit net 'n klein sketsie in een van my skets-joernale. Dit was soos tande borsel en iets wat ek verskriklik geniet. Maar oor die afgelope paar weke het my gedagtes, en hande, in ander rigtings begin beweeg - bietjie aandag gegee aan my huis se dekor; die tuin, wat 'n hele winter verwaarloos was, begin opgeknap; klein instandhoudingstakies wat lank verwaarloos was, weer aangepak en van my te-doen-lysie afgeskraap.


Ek maak ook gebruik van hierdie 'stil' gevoel wat oor my gedaal het om weer my yoga te beoefen, ook iets wat in die slag gebly het die afgelope twee jaar. 'n Jaar of twee terug het ek gereeld elke oggend gemediteer en ek het onlangs besef hoe baie ek dit mis. So, vyf-uur in die oggend is my spesiale stil tyd, wanneer ek siel en liggaam bymekaar skraap en ontslae raak van enige lastige pla-gevoelens. 


'n Ander voorliefde van myne was om te skryf. Briewe te skryf. In my Joernale te skryf. Deurdat ek so baie tyd voor die rekenaar en op die internet deurbring, het hierdie genotjie my begin ontglip. Mens praat met al jou vriende en familie op FaceBook en op Skype, gesels met almal in hul blogs en stuur boodskappe met jou Smartfoon. Oor die afgelope paar weke het ek weer begin om briewe te skryf, meesal aan my klein kinders, en hulle dink seker hul ouma is van haar sinne beroof! Maar ek kannie vir jou sĂȘ watse heerlike genot dit is om weer 'n vulpen vas te hou en toe voel hoe dit oor die papier gly nie! 


Maar eintllik is al hierdie dinge ook maar 'n tipe van kreatiwiteit - enige iets wat die siel streel is gaaf met my! 

::


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...