.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Wie is Oorvloed?


My geboortesertifikaat sê ek is Gezina Maria Cornelia de Wet, gebore in Johannesburg op 15 Mei 1946 en daarna het ek 'n burger van die wêreld geword. Ek is nou getroud en die van is Clarkson. Van Graad I tot Matriek was ek in 5 verskillende skole (Johannesburg, die toé Pietersburg, Umtata, Kroonstad en Welkom - my pa was 'n polisieman en was dus gereëld verplaas van een dorp na 'n ander) en na Matriek het ek nog een jaar gestudeer by Wits Teknikon en 'n diploma in kuns en tale behaal (Afrikaans en Engels) asook 'n diploma in sekretariële dienste.

My stêrteken is Taurus en ek het twee susters en een broer, waarvan ek die oudste is, derhalwe is ek gewoond daaraan om beheer te neem van alles en te kry wat ek wil hê. Ek moet nogal daaraan werk om nie 'n ''control freak'' te wees nie, want oorvloed betreë net 'n mens se lewe wanneer jy wéét wat jy wil hê in dit dan oorhandig aan die Heelal en vertrou dat alles sal wees soos dit moet.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-aping is self-moord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy jouself? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN.

 My groot voorliefdes is kuns, tuinmaak, diere (veral voëls), die natuur, skryf, die kus, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Landrover en die Heelal.

Ek is 'n Afrikaanse Suid-Afrikaner en ten volle tweetalig in Engels en Afrikaans en is ook die eienaar van 'n paar kuns-blogs waar ek daarvan hou om met mense te konnekteer, mense wat die wêreld as 'n gewaarwording sien, 'n wêreld wat voortdurend groei...

Ek en my man is woonagtig op 'n kleinhoewe in Tarlton, Gauteng, half-pad tussen Krugersdorp en Magaliesburg saam met Jacko en verskeie geveerde vriende, vanwaar ons ons besigheid bedryf.

Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde onvang!

Jy kan my ook hier besoek :

Afrikaanse Vroue-Dagboeke

Net nog 'n paar Gedagtes

RedBubble

Hedgie's Nature Journal

Gardening in Africa

The Succulent and Cactus Lady

Ourshelves

Ons Geveerde vriende - hier is ek 'n gasblogger op Elizabeth Kendall se blog

Clarkson's Classic Cars

KONNEKTEER OP FACEBOOK



.

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...