.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Sunday, December 23, 2012

Kersgroete 2012


Hiermee aan almal 'n kersdag vol oorvloed. Mag almal van ons wat gelukkig is om families te hĂȘ die samesyn geniet en WAARDEER. En as jy dalk reis oor hierdie kerstyd, bestuur versigtig en geniet die rit.

::

Thursday, December 13, 2012

Die Mag van Oortuiging

Hier sal ons kyk na 'n uiterse belangrike aspek van sukses - Oortuiging. 



 Jy sal dalk wonder wat oortuigings met enigiets te doen het. Dis tog maar net gedagtes, nie so nie? Ja, oortuigings is inderdaad gedagtes, maar meerendeels bepaal dit jou aksies en reaksies. Jou oortuigings het die mag om jou terug te hou van dit wat jy wil doen wat jou sal gelukkig maak. 

Jou oortuigings het 'n impak op alles wat jy doen en nie doen nie. Om hierdie feit te besef is die eerste stap in die rigting om die oortuigings wat jou verhinder om vorentoe te beweeg, te verander. 

Die Mag van Oortuiging (Geloof) Kom ons speel vir 'n oomblik dat jy die oortuiging het dat jy nie geregtig is op sukses en geluk nie. Wees nou 'n bietjie geduldig - jy dink seker daar's g'n manier dat jy so iets kan glo nie, want jy lees dan hierdie en wil suksesvol wees! 

Baie van ons gelowe en oortuigings sit in ons onderbewussyn sonder dat ons eers weet hulle is daar. Dis dalk gekoppel aan traumas van ontstellende omstandighede, van ons kinderdae of iets wat ons ondervind het later in die lewe. 

 
Aangesien hierdie oortuiging in jou onderbewussyn is, kan dit veroorsaak dat jy jou aksies half-pad deur saboteer of veroorsaak dat jy glad nie eers probeer nie, want jy dink dis 'n mors van tyd. Als diĂ© gaan aan sonder dat jy eers daarvan bewus is! 

Maar dis nie die enigste manier waarop sekere oortuigings jou kan kortwiek nie. Veronderstel jy glo dat niks in die lewe maklik is nie; dat jy baie hard moet werk om 'n klein bietjie vooruit te kom - miskien het 'n ouerlike figuur hierdie 'wysheid' by jou ingeprent of jy glo dit sommer maar net vanself. 

Het jy ooit dinge gehoor soos ... ''Geld groei nie aan bome nie'' of ''Ons kan dit nie bekostig nie'' of enigiets soortgelyks? 

Wat kan hierdie tipe geloof veroorsaak? Eerstens kan jy dalk weerstand voel vir enige geleenthede wat klink of dit ''te goed is om waar te wees'' alleenlik omdat jy glo dat sulke goeie dinge nie sommer net so met JOU kan gebeur nie. 

Jy mag dalk ook hulp afwys wat iemand offer, al het jy dit dringend nodig. Jy mag dalk so ver gaan as om struikelblokke vir jou self te skep net om te bewys dat jou oortuiging reg is. 

Dit klink dalk verregaande, maar die bewussyn is baie ingewikkeld. 

Dis verbasend hoe maklik ons onsself kan oortuig om iets te glo en hoe ons dan vuriglik ons geloof kan verdedig indien iemand dit bevraagteken - selfs jy jouself. 

 
So, hoe weet jy of jy gelowe of oortuigings het wat jou terug hou? .

'n Maklike manier is om pen en papier te vat en die volgende neer te skryf :

"Ek verdien om suksesvol en gelukkig te wees" 
"Om sukses te bekom is maklik vir my" 
"Ek vind dit maklik om baie geld te maak" 
"Ek ondervind geleenthede waar ook al ek gaan" 
''Ek weet presies wat ek wil hĂȘ" 
"Ek is gereed om enige uitdaging te aanvaar" 
"Ek glo in my vermoĂ« om suksesvol te wees" 

Kyk nou na elke verklaring wat jy neergeskryf het en neem notisie van hoe jy voel binne jou. As enige verklaring in teenstryd is met wat jy glo, sal jy skuldig of ongemaklik voel, nes asof jy nie die waarheid vertel nie. Die gevoel is dalk baie subtiel, maar as jy mooi luister sal jy dit aanvoel. 

Sit 'n regmerkie langs elke verklaring wat nie soos die waarheid vir jou voel nie. Daardie is die gelowe of oortuigings waaraan jy moet werk en verander om vooruit te streef. 

En hoe verander 'n mens nou huidige oortuigings? Jy vervang hulle met meer magtige oortuigings. Jy sal NIKS verander tensy jy daarvan bewus is en dit erken nie. 

Dit is hoekom Beplanning en Strategie so belangrik is - dit sal jou help om bewus te word van nuttelose oortuigings - nou is dit tyd om hulle te erken. 

Volg op deur positiewe plegtige verklarings te beoefen en oortuig jouself jy verdien die beste. Die oorheersende magte in jou lewe is die gedagtes wat jy gereeld onderhou. 

 
Sodra jy ontdek wat jou terug hou, begin die teenoorgestelde te dink. Soos die dinge waaraan jy dink materialiseer, sal jou nuwe gedagtes jou nuwe oortuigings word en hierdie oortuigings sal jou aksies bepaal vir sukses. 

Daar is NIKS wat jy nie kan doen nie. Limiete bestaan alleenlik in jou gedagtes. Begin deur dit te erken en oortuig jouself dit is 'n feit. 

Dit word gesĂȘ dit neem 21 dae om 'n gewoonte te breek. Ek sĂȘ dis net nog maar iemand anders se oortuiging. Ek sal jou liewer vra - hoe grĂĄĂĄg wil jy jou oortuigings verander? Jy sal moet werk daaraan, maar baie het dit al gedoen en jy kan ook. 

Kom ons gebruik hierdie verklaring as 'n voorbeeld om die vorige verklaring ''Ek is gereed om enige uitdaging te aanvaar'' op te klaar :- 

 As jy ongemaklik gevoel het toe jy dit gelees het, dan weet jy jy betwyfel jou vermoĂ« om uitdagings te hanteer. Jou plan moet nou wees om jouself te oortuig dat jy enige uitdagings KAN hanteer, want jy kan, glo my. 

Dink terug aan vorige uitdagings in jou lewe - hoe het jy dit gehanteer? Het jy ingespring en gedoen wat jy moes of het jy meegegee onder die drukking? 

 
As jy net een uitdaging kan onthou wat jy suksesvol gehanteer het, dan het jy 'n soliede vastrapplek om ander oortuigings te verander. En ons het almal al uitdagings gehad op een of ander punt. 

Jy moet eenvoudig maar net jouself oortuig dat, as jy een uitdaging kon oorkom, jy andere kan hanteer. Hoe meer gereeld jy hierdie konsep in jou gedagtes kan inprent, hoe gouer sal jou onderliggende oortuiging verander. 

Al kan jy nie aan enige suksesvolle uitdagings in die verlede dink nie, moet nog nie op gee nie! In pleks daarvan, dink aan 'n geleentheid om nou 'n uitdaging te takel. Kies iets eenvoudig wat uitdagend sal wees en doen dit! 

Dit klink dalk intimiderend, maar jy sal jouself verras. Meesal is ons tot BAIE MEER in staat as waarvoor ons onsself krediet gee. Jy sal nooit weet totdat jy probeer nie. 

Nadat jy selfs een klein uitdaging gehanteer het, sal jy voel hoe jou self-vertroue groei en sal jy opgewonde en gewillig wees om weer te probeer. 

Hou in gedagte dat, om jou gelowe en oortuigings te verander, tyd sal neem maar as jy aanhou sal dit nie lank wees voor jy 'n groot verandering in jou houding merk nie. 

En net soos met vele ander dinge in die lewe, hoe meer jy oefen, hoe beter word jy! 

Sodra jy dit bemeester, sal Die Wet van Aantrekkingskrag vir jou begin werk, want dan voel jy bemagtig en glo jy is in staat om enige iets te doen wat jy besluit. 

 
"Whatever the Mind Can Conceive and Believe, It Can Achieve." 
~ Napoleon Hill 

Mag Jy Voorspoedige Oortuigings Behaal! 

::

Saturday, November 10, 2012

Jy Sal Alleenlik DĂ­t Ontvang Wat Jy Waarlik Verwag


Meeste mense leef hulle algehele lewens op die basis van "Sien is Glo". Dit wil sĂȘ, die enigste beelde waarmee hulle ooit emosioneel mee betrokke raak, is diĂ© wat hulle fisies kan onderskei. Maar deur die eeue was dit nog altyd die individue met ware insig wat altyd geweet het "wat jy sien is wat jy beleef". 

'n Bietjie anders gestel meen dit dat die beelde in die mensdom se geestesoog eintlik konkrete beelde in ons daaglikse lewe oorheers. Derhalwe moet ons bewus wees van die feit dat, alles wat ons lewe vandag gemaklik maak, deur iemand se verbeelding tot stand gebring is en wat met vooruitsig verwag het dat hulle beelde verwesenlik sou word, nieteenstaande enige kritiek wat hulle ontvang het nie. 


Onthou, jy sal ALLEENLIK dĂ­t ontvang wat jy wĂĄĂĄrlik verwag, nie waarvoor jy net wens nie. 
- Maree 

::

Wednesday, October 24, 2012

Lei 'n passievolle lewe


'n Passievolle lewe is meer as net 'n filosofie—meer as onbenullige wense vir geluk in jou gedagtes. Dis nie 'n probleem-vry-, feĂ«verhaal-bestaan nie en dit belowe ook nie rykdom en faam nie. 

 Eerder, dis 'n bestaan wat bewustelik gekies is, bewustelik ontwerp is en 'n bestaan wat verantwoordelik gelewe word. Dit is 'n besluit omtrent wat jy wil vermag. Dit is om sonder huiwering deur elke storm van die lewe te beweeg en om wyser en sterker anderkant uit te kom. Dit is om aanhoudend te leer, lief te hĂȘ en te groei. 

'n Passievolle lewe is 'n vervulde lewe. Dit laat jou toe om te sĂȘ, "Hierdie is belangrik. Dit is vir my gegee om na die wĂȘreld te bring en ek gaan dit volstoom doen!" 

'n Passievolle lewe bedoel jy neem verantwoordelikheid vir jou keuses, jou aksies en jou ondervindings. Dit bedoel jy beweeg vorentoe van hierdie dag sonder self-opgelegde limitasies, klagtes of spyt. 

Om passievol te lewe is om entoesiasties te lewe. Kombineer aksie en passie en jy sal entoesiasme beleef. En dit is maklik om entoesiasme met andere te deel want entoesiasme is aansteeklik. 

Deel vandag jou entoesiasme vir die lewe met iemand—'n vriend, 'n medewerker, familielid of selfs iemand wat jy nog nooit tevore ontmoet het nie. 

'n Passievolle lewe is 'n inspirerende geskenk wat die wĂȘreld vir baie generasies kan verhelder! 

::

Tuesday, October 9, 2012

Aksies vir positiewe gesondheid


Hoe maak JY seker dat jy gesond is? In siel en liggaam? Meeste mense dink dit is genoeg om gesond te eet, te oefen en kerk toe te gaan. Maar ons innerlike wesens is sĂłveel meer as net dit.
Respek, vergifnis, self-sorg en die keuses wat jy in die lewe neem is almal noodsaaklik vir genesing en 'n gesonde leefstyl. 

Wees Lief vir en Respekteer Jouself 
Wanneer jy in die spieĂ«l kyk, wat sien jy? Sien jy 'n wonderlike individu, 'n persoon vir wie jy lief is en wie jy ervaar presies soos jy is? Om Jouself lief te hĂȘ is noodsaaklik vir goeie gesondheid. 

Vergewe Almal  - Vergifnis is uiters belangrik vir genesing
Vergifnis verskoon nie wat in die verlede gebeur het nie - dit verlos jou van slagoffer wees. Woede en wrok SAL oor 'n lang periode lei tot ernstige siekte en dit is dus belangrik om jouself daarvan los te maak. 

Wees Positief 
Dit is medies bewys dat 'n positiewe uitkyk gesondheid verbeter. So wees versigtig wat jy sĂȘ en dink. Moenie jouself of andere kritiseer nie - herken jou negatiewe gedagtes en gooi hulle dan uit, want dis nie meer deel van jou lewe nie. Vervang daardie negatiewe gedagtes met positiewe, self-troetelende gedagtes. 

Begin 'n Program van Self-Versorging 
Dis nou tyd om ernstig te raak omtrent versorging van jouself op alle vlakke - doen die dinge waarvan jy hou, maak alleen-tyd 'n instelling, geniet jouself. Moet glad nie kritiek of negatiwiteit van ENIGEEN aanvaar nie (insluitende jouself!) en kom weer in aanraking met jou inner-self. 

Maak Gesonde, Wel-ingeligde, Self-troetelende Keuses 
Begin bewustelik te dink - wees bewus van jou gedagtes en woorde. As jy vashaak is dit gewoonlik omdat daar iets is wat jy moet weet - maak dit jou doel om altyd bewustelik uit te vind en te verstaan wat die kennis is wat jy nodig het. Dit sal jou in staat stel om die regte keuses te maak. 

Oefen Gereëld Vir goeie gesondheid moet jy gereëlde oefening kry
Ek persoonlik glo nie aan enige vorm van uitermatige of onnatuurlike oefening nie. Staan op en neem 'n stappie na buite as jy lank voor jou komper was. As jy van die buitelug hou, doen 'n bietjie tuinwerk of gaan vir 'n kort uitstappie in die tuin of op die strand. 'n Gesonde liggaam verseker 'n gesonde gees. 

Kies 'n Goeie Eetgewoonte vir Jou 
Kyk na jou eetgewoontes - is dit gesond? Jy is wat jy eet, gesonde voedsel is belangrik vir 'n gesonde leefstyl - so eet daai groen goed! 


::
 


Wednesday, October 3, 2012

Alleenlik deur liefde


Jy kannie iemand teruggee aan hulle Verbinding met Bron deur hulle te verkleineer of te straf nie, of walging vir hulle te voel nie. Dit is alleenlik deur liefde dat jy iemand kan terugbring na liefde. En as ons nie 'n manier kan vind om hulle terug te bring na liefde nie, sal hulle altyd 'n probleem wees vir ons samelewing. 

Geeneen sal ooit 'n ander seermaak as hulle gekonnekteer is met die Bron van alles nie, want wanneer jy een is met die Oorsprong van alles, voel jy nie onseker of onveilig nie. En wanneer jy nie onseker voel nie, is dit no nodig om iets te doen aan iemand vir wie jy bang is nie, want jy is nie bang nie. Jy verstaan dat Welwillendheid joune is. 

::

Thursday, September 13, 2012

Hoe om die WĂȘreld-wye FinansiĂ«le Krisis te Verlig



Jy kan ontspan en werk toe gaan.

Of jy kan fokus op die dinge wat vir jou belangrik is en probeer om die besonderhede van jou lewe uit te sorteer en ophou om na ander mense te draai om jou probleme uit te sorteer - EN OPHOU OM AAN DEBATTE SOOS HIERDIE DEEL TE NEEM! - jy teister jouself wat lei na verdere wanrigting van wat alreeds in jou kontraktuele vibrasie is.

OORVLOED is in werking gestel deur almal van ons; ons is almal mede-werkers en het, deur die lewens wat ons lei, bygedra tot die kreasie van oorvloed.

Teneinde beslag te lĂȘ op jou gedeelte van hierdie uitstaande stuk van oorvloed-pastei in die Heelal, is dit so eenvoudig as om te hou wat jy bygedra het, want elke positiewe gedagte van jou wag daar vir jou om daarop beslag te lĂȘ. Dit kannie verdwyn nie, dit kannie deur iemand anders verkwis of gebruik word nie en dit kannie van jou weggeneem word nie. Want as jy dit daar geplaas het, is dit altyd daar vir jou. Jy is die eienaar van wat in jou oorvloed-bank is en jy kan onttrekkings maak deur nie meer jou aandag te gee aan watse onttrekkings andere maak nie.

Moenie bekommerd wees dat andere jou gedeelte van oorvloed gaan kry nie - dis nie moontlik nie - dit is joune en altyd daar vir jou en sal daar bly - en vandat jy dit in die Heelal geplaas het, het dit fantastiese rente getrek en hoe hoe meer jy gevra het, hoe groter en groter het dit geword - weet dat dit daar is vir jou en dat niemand dit kan wegvat nie - hou op om jouself te bekommer oor wat ander mense doen, want dit is daardie bekommernis wat jou ontwrig van jou oorvloed.

Vir diegene wat nie bewus is van die vibrasionele realiteit nie, sal ek sĂȘ, "Moenie bekommerd wees oor die ekonomie nie. Dit het al voorheen gebeur en ons sal deur dit kom. Moenie jou bekommer oor wat besig is om te gebeur nie. Niks het verander oor die afgelope paar dae nie. Niks het selfs oor die afgelope paar jaar gebeur wat nie weer terug gebring sal word in balans nie. Al wat jy moet doen is om the onstpan en te wag dat die golf verby spoel. SĂȘ elke dag vir jouself, "Dis beter... Dit word beter, dit word beter en alles gaan OK wees. Dis beter, dit word beter, dit word beter en alles gaan OK wees."

Sodra jy jouself oortuig dat dit beter is as wat jy gedink het dit was en dat dit elke dag beter word en dat dit nie net OK gaan wees nie, maar dat dit WERKLIK OK gaan wees, kan oorvloed onmiddelik na jou begin vloei.

POLITIEKE LEIERS :
Moenie enige iemand op die planeet verantwoordelik hou vir jou welwillendheid nie - hierdie man en daardie man is nie verantwoordelik vir jou welwillendheid nie. JY is verantwoordelik vir jou welwillendheid.

Gee hulle 'n kans.

Dit is "JOU" Ekonomie wat saak maak. Nie "DIE" Ekonomie nie.

::

 

Friday, September 7, 2012

Self-sorg en Vakansietyd


Dis alweer amper vakansie tyd! Vir baie tower dit visies op van nostalgie en opwinding, vir ander paniek oor die lang Dinge-Om-Te-Doen-lys en groeiende uitgawes. Gedurende hierdie tyd is SELFSORG meer belangrik as ooit...

Jy kan hierdie jaar 'n wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen beleef maak nie saak hoe groot jou begroting is of wat mense se houdings om jou is nie.

Volg die stappe hier onder en skep jou gelukkigste en maklikste vakansieseisoen ooit!

MAKLIKE, VREUGDEVOLLE VAKANSIETYD GEWAARBORG
Sewe stappe om 'n Spesiale Vakansieseisoen te skep :-



1. Identifiseer Wat Jy Wil HÊ 
Neem 'n oomblik en maak jou oĂ« toe - dink aan die komende vakansietyd. As jy dit volmaak kon skep, presies net soos jy dit wil hĂȘ - hoe sal jou vakansie lyk? 

Sluit dit in om tyd deur te bring saam met die familie? 
Moet die inkopies vinnig en maklik gedaan wees?
Miskien 'n reis na 'n eksotiese destinasie?

Wat dit ookal is, neem 'n bietjie tyd en skryf dit op 'n stukkie papier.
  
2. Bepaal Jou Voorneme 
Noudat jy besluit het wat jy van die vakansie verwag, stel 'n voorneme om dit te bewaarheid.

Voorneme is 'n eenvoudige, dog  uiters magtige platform vir manifestasie. Wanneer jy helderheid bereik omtrent jou ideale vakansietyd, dan stel jy jou voorneme (en plaas jou bestelling met die Heelal).

Skryf nou jou voornemes onder jou notas wat jy gemaak het vir 'n perfekte vakansieseisoen.

Begin met "My voornemes  vir die vakansie sluit in ..." en maak 'n lys van alles wat jy wil hĂȘ.  Aan die einde van die lys, sĂȘ  "Dit alles en nog Meer!", waardeur jy die voorneme stel om te ontvang vir dit waarvoor jy gevra het.                  

3. Bepaal Strukture om Jou Voornemes te Ondersteun  
'n Nuwe gewoonte verlang 'n ondersteunings-struktuur om dit te help bewaarheid, bv. as jy jou eet gewoontes wil verander, laat familie en vriende weet, verwyder alle "sonde-kos" uit die huis, vra vir ondersteuning, ens. sodat daar nie later probleme is nie.

Om 'n wonderlike vakansieseisoen te skep is 'n soortgelyke proses. Jy weet wat jy wil hĂȘ en jy het jou voornemes gestel. Die volgende stap is om jou plan te ondersteun en te beskerm.

4. Maak Besluite Gebasseer op Jou Visie  
Een van die beste bykomstige gevolge van 'n helder visie omtrent jou droom is dat jy dit kan gebruik om besluite te neem.

Byvoorbeeld, as jou voorneme vir die vakansie is om tuis te bly met jou familie en jy kry 'n oproep van jou skoon-ouers wat sĂȘ hulle wil kom kuier, dan weet jy presies hoe om te reageer! As jou voorneme is om minder geld op geskenke te spandeer, dan  kan jy almal waarsku dat dit is wat jy van plan is om te doen en sodoende konflik vermy.

5. Beoefen Self-Sorg   
Soos die Lugwaardin vermaan, 'sit eerste jou eie suurstof masker op voor jy probeer om andere te help, want as jy nie kan asemhaal nie, kan jy niemand anders help nie"  dit bedoel  jy moet eers vir jouself sorg voor jy vir ander kan sorg. Prioritiseer jou self-sorg items bo aan jou Dinge-Om-Te-Doen-lys en ek waarborg jy sal meer energie en vitaliteit hĂȘ om al jou take te verrig. 

Self—sorg items kan as volg wees :

·       trakteer jouself met 'n lekker skuimbad of  massering aan die einde van 'n lang inkopiedag;                 
·       doen elke oggend 'n meditasie of 'n gebed om helderheid te kry vir die dag wat voorlĂȘ;        
·       of se "nee" aan vakansie uitnodigings waarvoor jy nie lus is nie.     

6. Maak dit Pret!  
Vakansietyd kan baie stresvol wees. Jy moet geskenke koop en toedraai, kos voorberei, besige winkelsentrums, ens. Al verkies almal om jou om stresvol te wees, kan jy kies om pret te hĂȘ.

Dit  kan insluit om vir mense te glimlag (selfs die knorrige lot!) of om iets nuuts by jul normale viering te voeg.       

As jy nie seker is hoe om pret te beplan nie, neem 'n oomblik en bestudeer kinders. Hulle lief hierdie tyd van die jaar en is vol opwinding. Aap hulle net na! 
  
7. Hou dit Maklik!     
Met die beplanning en uitvoering van jou vakansie planne, onthou om dit maklik te hou. Sodra jy oorstelp begin voel, vra jouself hoe dinge 'n bietjie makliker kan maak. Jy kan dalk familie en vriende waarsku dat jy beplan om 'n 'maklike' kersseisoen te hĂȘ  en vra of hulle enige idees het.
   
Deur te  hou by jou planne vir die vakansies en deur hierdie eenvoudige stappe te volg, kan jy jou beste kersseisoen OOIT beleef!

Ek wens almal 'n voorspoedige vakansieseisoen and Hit the easy button folks!
 - Maree 


Saturday, September 1, 2012

Woorde vir Opheffing van 'n Verslaafde Geliefde



Vraag :
Daar is 'n geliefde in my familie wat 'n probleem met drank (of dwelms) het. As hulle waarlik wil ophou drink en hulle nader my vir hulp, wat sĂȘ ek vir hulle?

Antwoord :
Die heel belangrikste ding wat jy vir iemand kan doen wat hulp soek, is om die trauma rondom die saak te verwyder. Verwyder ook alle etikette.  Verduidelik aan hulle dat almal wat fisies gefokus is 'n grootse begeerte het om goed te voel. Hulle wil, meer dan die lewe self, want dit is die lewe, konnekteer met dĂ­t wat Bron is.

Party van ons is gebore meer sensitief vir daardie vibrasie. Ons sĂȘ omtrent hulle, "Julle is te sensitief. Julle laat toe dat dinge julle te veel bekommer." Hulle was sensitief teenoor dinge wat hulle gevoel het hulle kon nie beheer nie en hulle het nie geweet hoe om die gedagtes te kies wat Bron-energie sou laat vloei nie. Hoe meer die Bron-energie nie gevloei het nie, hoe erger het hulle gevoel, want hulle het eintlik voort gekom met die bedoeling - op 'n kragtiger manier as andere wat ons dalk sal ontmoet - om leermeesters te wees van daardie stroom van Energie. En derhalwe het hulle uitgevind dat alkohol (of verdowingsmiddels) hul fokus verdof het, en met die verdowing van fokus, kon hulle meer konnekteer. En soos hul meer gekonnekteer het, hoe beter het hulle gevoel.

Dit is met goed-bedoelde voorneme dat hulle daardie aksie ontdek het -- alhoewel dit nie 'n aksie is wat ons sal aanspoor nie -- partymaal is die verposing wat alkohol offer die enigste kalmeermiddel wat hul kan vind.

Ons sal nie sĂȘ, jy is sleg nie;
ons sal sĂȘ  -- jy is sensitief.

Ons sal nie sĂȘ, jy is swak nie;
ons sal sĂȘ -- jy het 'n sterk begeerte om goed te voel,

en dat, te midde van jou gesoek na 'n manier om te beheer wat besig was om te gebeur -- jy 'n manier gevind het om die gewaarwording van hoe jy voel te verdoof.

Daar is nie 'n oplossing deur daarteen te veg nie. Die oplossing is deur hul terug te bring na Bron-energie deur liefde; ons kannie eis dat hulle moet terug nie; of hulle terug veroordeel nie ---- ons waardeer hulle terug na Bronenergie en VREUGDE.

Daar is geen ander manier behalwe om hulle te help om die hele prentjie te verstaan nie :

 "Jy het Bronenergie wat deur jou vloei, en wanneer jy dit toelaat, dan voel jy goed -- en wanneer nie, voel jy nie so goed nie."

Ons moet hulle leer omtrent die emosies wat hulle Leiding-sisteem is.
 SĂȘ vir hulle, "Wanneer jy veroordelende gedagtes omtrent jouself dink, en jy voel al daardie skuld en leed, dan verwyder jy jouself, met daardie gedagte, van Bron-energie. Want Bronenergie het jou lief. En wanneer jy kies om jouself te haat in plaas van lief te hĂȘ, dan bou jy 'n muur van weerstand. En onder daardie omstandighede blameer ek jou nie as jy 'n pil of drank wil drink om jou daarteen te beskerm nie.  Niemand, veral iemand so sensitief soos jy, kan sulke diskonneksie verduur nie."

Derhalwe, wanneer ons met iemand praat wat vry wil wees van die "geneesmiddel" wat hul ontdek het -- wat uiteindelik toe nie was wat hul verwag het nie -- die geneesmiddel wat hulle ontkoppeling verdoof het -- moet ons hulle leer om weer te verbind. Maar jy kan dit nie doen tensy jy bereid is om met hulle te praat oor Innerlike Mens-wees, omtrent Bron-energie, omtrent Vibrasie. Jy moet met hulle praat oor Emosie. Met ander woorde, jy kannie dit doen sonder om pyl-reguit te wees oor die Kern van wie ons almal is nie -- ONS IS BRON-ENERGIE IN FISIESE LIGGAME.

Dit is tyd om te sĂȘ,

Jy is Bron-energie in hierdie fisiese liggaam, en hoe beter jy voel, hoe meer vloei jou ware self.
En hoe erger jy voel, hoe minder laat jy dit toe om te vloei.

Die is nie Bron-energie wat dit nie toelaat nie -- dit is jy wat dit nie toelaat nie.

En wees lief vir hulle, wees lief vir hulle, wees lief vir hulle!
Wees lief vir hulle wanneer hulle dronk is.
Wees lief vir hulle is hulle "hoog" is.
Wees lief vir hulle wanneer hulle sober raak. 

SĂȘ, "Dis OK. Dis OK. Dis OK.
Jy is gemagtig om hier te wees.
Jy is gemagtig in jou rede vir hierdie optrede.
Ek verstaan wat met jou gebeur.
Laat my toe om met jou te praat oor wat ek weet."

Jy sal sĂȘ, "Jy is 'n sterk mens.
Jy is perfek in die oë van Bron-energie, of Alles-Wat-Is, of God of wat jy dit ookal wil noem.
Jy is 'n skepper.
Jy is hier vir daardie presiese doel.
En wanneer jy jouself liefhet soos Bron-energie jou liefhet, is daar niks beter nie."

Dit is die stelling wat ek sal neem.
- Maree



Saturday, August 25, 2012

Die prag van Onsekerheid


::

Wanneer jy ontdek hoe om vibrasionele eenheid met Bron en jou begeertes te behaal, dan is jy in vibrasionele toestemming vir die toelating van dĂ­t wat jy begeer. En dis nie iets moeiliks om te doen as jy verstaan hoe jou Emosionele Stelsel werk nie. 

Jou Emosies is Jou Leidingstelsel. Jou emosies vertel jou alles wat jy nodig het om te weet omtrent jou gemoedstoestand van toelaat of nie toelaat nie. Met ander woorde, wanneer jy positief voel, bedoel dit dat jy in vibrasionele harmonie is met Bron en dat jy die goeie dinge toelaat om na jou te kom. Dis hoe eenvoudig dit is. 

Wanneer jy goed voel, is jy in die Plek van Toelating. Wanneer jy positiewe emosies voel soos vreugde of dankbaarheid of liefde -- daardie emosies wat jou hart laat sing -- dan is jy in die Plek van Toelating.

Toelating van wat? Toelating van Bron Energie, 'n koppeling met wie jy is. Toelating van welwillendheid. Toelating van duidelikheid en toelating van oorvloed. Wanneer jy negatiewe emosies voel soos woede, angs, frustrasie of depressie, dan is jy nie in 'n gemoedstoestand van Toelating nie. Dan is jy in 'n gemoedstoestand van weerstand waar jy, om een of ander rede, fokus op maniere wat Suiwer, Positiewe Energie en Bron Energie nie Toelaat nie. 

DIE PRAG VAN ONSEKERHEID 
Dit het my 'n hele ruk geneem om uit te werk dat onsekerheid nie noodwendig 'n slegte plek is om te wees nie. Ek het ook begin besef dat, sodra ek "weet", meesal word my wete asof in klip gebeitel, en die gevolg is onbuigsaamheid wat die hele konsep van daadwerklike skepping teenwerk. 

Die ander dag het ek op hierdie aanhaling van Deepak Chopra, in "The Seven Spiritual Laws of Success" afgekom, wat alles opgesom het omtrent wat ek oor onsekerheid ontdek het : 

"Onsekerheid ... is die vrugbare grond vir pure kreatiwiteit en vryheid. Onsekerheid bedoel jy betree die onbekende in elke oomblik van ons bestaan. The onbekende is die gebied van alle moontlikhede, altyd vars, altyd nuut, altyd oop vir die skepping van nuwe manifestasies. Sonder onsekerheid en die onbekende is die lewe maar net 'n muwwe herhaling van afgesaagde herhinneringe. Jy word 'n slagoffer van die verlede en jou martelaar is jyself, oorgedra van gister." 

Deesdae, as ek tot aangesig kom met 'n vurk in die pad en nie seker is watter kant toe nie, neem ek my toevlug tot onsekerheid. Ek hoef dan nie in die hier en nou alles uit te werk nie. 

En in daardie gemoedstoestand vind ek myself in die vloei van Toelating. 

::

Wednesday, July 18, 2012

Wat beteken Oorvloed vir jou?


:: 

Wat beteken OORVLOED vir jou? Is dit miljoene in die bank? Is dit gemoedsrus? Is dit 'n gelukkige familielewe? Beteken dit gesondheid vir jou of beteken dit 'n werk waaroor jy passievol is? Of is dit al hierdie dinge saam?   

Net om te léwe, om deel te wees van hierdie fenomonale Heelal, om tyd deur te bring hier op Moeder Aarde, dui al klaar op oorvloed. Dan kan jy al die bogenoemde dinge bylas, en watter wonderlike ondervinding is dit nie!

::

Friday, June 29, 2012

Vandag...


… is ek presies waar ek moet wees. 
Ek herken groei in my spirituele vooruitgang op pad na geluk 

:: 

Dis baie belangrik om vrede te maak met waar jy is op die oomblik - om jou lewe NOU te geniet en nie te hunker na iets in die verlede nie en ook nie te veel te tob oor wat in die toekoms vir jou wag nie. Droom groot drome , hou dit in jou hart en die Heelal sal voorsien. 

::


Friday, June 22, 2012

Verklarings vir Oorvloed


::


Ek is suksesvol in alles wat ek doen
Ek is altyd produktief
My werk word positieflik erken
Ek vermeerder alewig my inkomste
Ek is wys in hoe ek my geld spandeer
Ek het altyd meer as genoeg geld vir dit wat ek benodig 

::

Wednesday, June 13, 2012

Nie alles gaan oor geld nie



    Ek onthou vroeg in die 1970's toe ek my eerste hoog-betaalde pos betree het. Ek was opgewonde en gretig om myself te bewys as 'n suksesvolle Projek Koördineerder. Ek het pens-en-pootjies ingeduik, hard gewerk en vinnig vooruit gestreef. My opsigter was duidelik beindruk.

    Maar binne 'n paar kort maande het ek ellendig begin voel. Die werk was uiters vervelig en ek moes myself forseer om elke oggend werk toe te gaan. Binnekort het ek besef dat die baie geld wat ek verdien het nie die gevoel van leemte en frustrasie kon demp nie. Dit was net nie die moeite werd nie!

    Dalk het jy al so iets ondervind? Indien so, dan het jy gou agter gekom dat geld maar net die versiering op die koek is. 'n Gebalanseerde en vervulde lewe gaan nie net oor geld nie.

    Die Ware Kern van Sukses is om te Doen wat Jou Begeester.
    LIEFDE vir wat jy doen is die grootste aantrekkingskrag van die Heelal.

    Wanneer jy begeesterd is, stel jy Die Wet van Aantrekkingskrag in aksie.
    Voorspoed is dan 'n natuurlike nagevolg.

    As jy suksesvol wil wees, neem tyd om jouself te leer ken. Vind uit wat werk vir jou, waarvoor jy waarlik lief is. Moenie net na die aktiwiteite kyk nie, maar ook die onderliggende kern daaraan verbonde.

    SĂȘ nou maar jy het 'n voorliefde vir sport, maar jy's nie seker hoekom nie. Kyk na die verskillende aspekte van sports-aktiwiteite en sien watter jou die meeste aantrek.

    Hou jy van die kompetisie, die uitdaging van strategie of die spanwerk? Wanneer jy verstaan wat jou begeester, wat jy werklik wil hĂȘ en hoekom jy dit wil hĂȘ, dan beweeg jy in die regte rigting.

    Vind VANDAG uit waarvoor jy 'n voorliefde het - moenie dit uitstel nie. Dit is die eerste stap na die verwesenliking van jou drome.

    Begin deur jouself hierdie vraag te vra en wees vry met jou verbeelding ...
    'As ek genoeg geld het om in weelde te lewe, wat sal ek doen wat my gelukkig sal maak?"

    Die volgende belangrike stap is om jou rigting te kies en jou strategie te beplan.

    Tot dan, wens ek Jou Insig in die bepaling van wat Jou begeester!

    ::


     


Monday, June 11, 2012

Hoe om jou gemoedsrus te vermeerder

 

Hierdie is 'n bepfroefde tegniek om stadig maar seker jou innerlike vrede te vermeerder. Dit werk ongeag van hoeveel agtergrond geraas of verwarring daar in jou dag is. 

Jy sal hierdie geraas kan ignoreer - jy sal weet dit is daar maar jy sal jouself geestelik heeltemal kan afsluit daarvan. Miskien vra jy, ''Kan dit regtig gedoen word?" Dit klink onmoontlik om jouself af te sluit van die konstante gekletter om jou maar ek verseker jou dat jy dit kan doen. 

Jy sien, jou Ware Self is afsydig van die buitewĂȘreld. Dit is bewus van uitwendige kondisies maar word nie geestelik daardeur versteur nie. Jy het 'n Ware Self op hierdie oomblik. Terwyl jy hierdie woorde lees is dit moontlik vir jou om geestelik af te sluit van alles wat om jou aangaan. 

Wees 'n kalm toeskouer van die lewe. Verwyder jouself geestelik. Staan terug en kyk kalm na alles wat om jou aangaan. Moenie weerstand bied nie; wees net bewus. Moenie dit probeer verander of verbeter of vernietig nie; wees net bewus. Sien jouself as 'n buitestander, wat jy in werklikheid is. 

Jy hoef nie te vrees dat, deur hierdie afsydigheid, jy beheer oor dinge sal verloor nie. Dit benadeel nie jou daaglikse aksies nie. Alles sal voortgaan soos voorheen, net beter. Geestelike afsydigheid is in werklikheid 'n vorm van beheer. 

Hierdie tipe afsydigheid is nie 'n terugwyking of afsondering van die lewe nie; dis net 'n gesonde waarneming van die lewe. 

Staan eenkant en beskou jou lewe. Dit skei jou van moeilikheid. Jy is nie so ongeduldig nie; jy raak nie depressief oor hierdie of daardie tragiese gebeurtenis nie; jy betaal nie die prys van dĂĄĂĄrdie vorm van die mensdom se waansinnigheid nie. 

Jy is vry en ongebonde! 

::
 

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...