.
Haai, my naam is Maree!
Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.
Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

Saturday, May 24, 2014
Die mag van woorde
Ons onderskat soms geweldig die mag van woorde en positiewe en vriendelike woorde aan iemand kan wondere verrig om daardie persoon se dag op te kikker. En ook, sonder om te dink, kan ons iemand seer maak of verpletter of kan iemand ons baie gou ongelukkig maak.
Ons woorde het ook 'n groot invloed op hoe mense ons waarneem - vriendelik, bitsig, katterig, liefdevol, neerslagtig, opgewonde, negatief of positief.
Twee van die 4 riglyne vir oorvloed in jou lewe is,
- Moenie dinge persoonlik opneem nie.
- Moenie veronderstellings maak nie.
Baie mense maak die fout om alles wat ander mense sĂȘ persoonlik op te neem, so asof daardie woorde wat die persoon sĂȘ alleenlik op hulle gemik is - Partymaal kan dit dalk so wees, maar maak dit saak?
Enige iets slegs wat uitgespreek word kom vanaf diep in 'n plek binne daardie persoon wat eintlik niks met jou te doen het nie - dis hulle seer of woede of teleurstelling of haat wat uiting soek. En dan neem jy dit persoonlik op en raak self negatief en ongelukkig.
Die tweede fout wat mense maak is om veronderstellings te maak oor wat ander mense sĂȘ of doen - dit veroorsaak soms dat 'n misverstand ontstaan omdat ons nie bewus is van al die feite agter die daad of opmerking nie. Alles gaan nie net oor jou nie - dit is baie raar dat iemand se aksies of woorde spesifiek op jou toegespits is.
Maar geeneen sal ooit 'n ander seermaak as hulle gekonnekteer is met die Bron van alles nie, want wanneer jy een is met die Oorsprong van alles, voel jy nie onseker of onveilig nie. En wanneer jy nie onseker voel nie, is dit nie nodig om iets te doen aan iemand vir wie jy bang is nie, want jy is nie bang nie. Jy verstaan dat Welwillendheid joune is.
.
Saturday, May 17, 2014
Die Genesing van ons Aarde
Die wet van aantrekkingskrag stipuleer dat jou gedagtes (tesame met jou gevoelens en oortuigingssisteem) jou realiteit na jou aantrek soos 'n kragtige magneet. Dit is nie altyd onmiddelik duidelik of waarneembaar nie, want dit neem 'n rukkie vir jou gedagtes om in die fisiese realm te manifesteer. Daar is 'n buffer van tyd. So dit is duidelik dat, as waaraan jy dink of wat jy doen, jou laat sleg voel, dit belangrik is dat jy jou gedagtes moet verander na iets meer aangenaam. Dankbaarheid vir dĂt wat jy reeds het sal help om meer aan te trek van dit wat jy wil hĂȘ.
Dieselfde is waar as dit kom by die Genesing van ons Aarde. Ons moet fokus op dĂt wat ons wil hĂȘ en nie op wat ons nie wil hĂȘ nie. Byvoorbeeld, in plaas van om aandag te gee aan nuus soos oorlog en aardse destruksie, moet ons meer visualiseer dat ons aarde 'n vreedsame plek is, gereinig en genees en ongebroke.
.
Saturday, May 10, 2014
Friday, May 9, 2014
HOE SKEP JY 'N GEESTESTOESTAND VAN OORVLOED?
Thursday, May 1, 2014
Seëninge sit in rye op die Eskomdrade...
Seëninge sit in rye op die Eskomdrade...
Tel jou seëninge elke dag en jy sal sien hoe hulle vermeerder.
.