Pages
.
Haai, my naam is Maree!
Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.
Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!
dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!
::
Wednesday, November 30, 2022
Maklike, Vreugdevolle Vakansietyd Gewaarborg
Saturday, June 11, 2022
Jy is 'n Skepper; Jy Skep Met Jou Gedagtes
Tuesday, May 31, 2022
Hou op omgee
Om op ons eie terme te lewe, moet ons twee dinge doen :
- Ophou om om te gee... en
- Ons limietperke oorskry.
Kom ons begin by hoekom ons moet ophou om om te gee. Dit mag dalk vir jou skokkend klink, maar baie van dit wat in ons pad staan om ons drome te verwesenlik is die feit dat ons te veel omgee oor dinge wat nie saak maak nie.
Ons gee te veel om oor al die besittings wat ons dink ons moet hĂȘ. Ons gee te veel om oor wat ander mense dink, wat dan verhinder dat ons om vir hulp te vra as ons dit nodig het of vir iets te vra wat ons kan help om ons drome te verwesenlik. Om te veel om te gee oor die feit dat jy nie weet waar om te begin met iets nie, verlam jou en veroorsaak dat jy nie die nodige stappe neem nie.
Daardie soort omgee is nie gesond nie. Dit staan in die pad van die verwesenliking van jou drome.
So die eerste stap is: hou op om om te gee. Jy weet nie hoe om op te hou omgee nie? Dis eenvoudig, moenie dinge kompliseer nie. Verbeel jou jy het 'n warm kool in jou hand. Wat sal jy daarmee doen? Dit onmiddellik laat val, natuurlik. Doen dieselfde met dinge wat nie belangrik is nie. Maak dit jou bang? Ja. Is dit die moeite werd? Hel ja!
Die tweede ding wat jy moet doen is om jou onsekerheids-perke te oorskry. Ons het almal a sekere perk, of drumpel, vir die hoeveelheid onsekerheid wat ons kan hanteer. Vir party is die drumpel baie laag, ons is selfs bang vir die eenvoudige goed soos om met 'n vreemdeling te praat. Vir party is dit iets groter soos om op te hou werk en jou passie te volg. Daar is geen manier waarop jy die uitkoms kan bepaal nie, so dan stop jou onsekerheid jou om aksie te neem.
Die ding is, wat jou terughou, is meesal denkbeeldige vrese. Dis nie gebaseer op feite van wat in die verlede gebeur het of enige werklike inligting nie. Dis alles in jou kop.
So ten einde ons drome na te volg moet ons ophou omgee omtrent dit wat ons nie weet nie. Ons moet ons drumpel van onsekerheid oorskry, ons gemaks-sone verlaat en dan sal ons groter uitdagings kan aanvaar. Begin klein deur met 'n vreemdeling 'n geselsie aan te knoop of deur iemand te vertel hoe jy werklik voel.
Wanneer jy vrees ondervind omtrent iets wat jy wil doen, vra waar daardie angs vandaan kom. Is dit iets werkliks of is dit jou verbeelding? Is jy in lewensgevaar? Indien nie, doen dit wat jy vrees... Stoot jou onsekerheids-perk. Jou drome hang daarvan af.
Hoe meer jy dit doen, hoe minder bang sal jy wees om groter waagstukke aan te gaan. Jy sal verander van 'n muis na 'n leeu. Jou drome sal wortel skiet in die wĂȘreld.
.
Friday, May 20, 2022
Die manifestasie van Vreugde
Friday, May 6, 2022
'n Voorspoedige en Voldane lewe
Om volkome te lewe is om elke oomblik bewustelik te lewe. Dit is om self-gemaakte lyding te verruil vir vrede deur aanvaarding en om toe te laat dat liefde angs vervang deur stilte en vrede.
Die lewe word nie bepaal deur wat met ons gebeur nie; dit word bepaal deur hoe ons hierdie ondervindings gebruik om hierdie 'n beter wĂȘreld te maak. Ons bestemming word nie bepaal deur die paadjies wat ons ge-erf het nie, maar deur die paadjies wat ons self uittrap.
Binne elke storm van die lewe is 'n sleutel wat nog 'n deur sal oopsluit waardeur jy moet loop.
Om rustig te lewe bedoel nie dat ons wegskram van probleme of die verpligting om hulle op te los nie. Net die teenoorgestelde -- ons vind die helderheid en teenwoordigheid van gees om die daaglikse dinge meer konstruktief en positief te hanteer.
As jy 'n begeerte het wat jy nie kan versaak nie, dan het jy die eerste bestanddeel vir prestasie: 'n droom. Jou droom is al wat jy nodig het om te begin; dit is die bloudruk vir die toekoms.
Voorspoedige mense is in lyn met die lewe op 'n manier wat oorvloed aantrek. Hulle is in lyn met visie en begeerte, en hulle gooi nie tou op nie. Om aan te hou is om in die rigting van harmonie met die lewe te beweeg.
Ons kan kies om in die verlede te bly of ons kan die lewe deur die oë van 'n kind sien -- met nuutheid, vreugde en die opwinding van avontuur. As ons fokus op wat ons dink is 'n toekomstige eindlyn, dan mis ons iets spesiaals: vandag se klein oorwinnings.
Om hierdie oomblikke van vreugde te ontdek is een van die lewe se mees belonende avonture!
.
Saturday, April 23, 2022
Saterdag-storie
.
Friday, April 1, 2022
Ander se Keuses Hoef Nie 'n Bedreiging te Wees Nie
Saturday, August 28, 2021
Eie-tyd en Jou Welvaart
Thursday, August 5, 2021
Die kuns van toelating (of inlating)
Thursday, July 29, 2021
Oorvloed en die Ekonomie
Thursday, July 22, 2021
Hierdie is 'n Tyd van Ontwaking
Thursday, July 8, 2021
Jy is Hier in Hierdie Liggaam Omdat dit Jou Keuse Is
.