.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Showing posts with label heelal. Show all posts
Showing posts with label heelal. Show all posts

Friday, April 1, 2022

Ander se Keuses Hoef Nie 'n Bedreiging te Wees Nie



ANDER MENSE SE KEUSES HOEF JOU NIE TE BEDREIG as jy die magtige wette van die Heelal verstaan nie. As jy dit eers verstaan, sal daar nie die nodigheid wees vir verskansings, leërs, oorloë of tronkselle nie, want jy verstaan dat jy vry is om jou wêreld te skep soos jy dit wil hê terwyl andere hul wêreld skep soos hulle dit wil hê— en dat hulle keuses jou nie bedreig nie...

Daar is daardie dinge waarmee jy in harmonie is en daardie dinge waarmee jy nie in harmonie is nieen alles tussenin.  Jy het nie hierheen gekom om die dinge waarmee jy nie saamstem te onderdruk of te vernietig nie, want daardie dinge verander aanhoudend. Jy is hier om te identifiseer, van oomblik tot oomblik, wat dit is wat jy wil hê en om die mag van jou gedagtes toe te laat dat die Wet van Aantrekkingskrag vir jou werk.

::

Thursday, June 3, 2021

Sewe dae, en sewe belangrike lewensaspekte

Dis al wat jy nodig het om jou lewe te herskep – van jou beeld tot jou finansies en selfs jou verhoudings. Dit is moontlik!


DAG 1: Begin in jou kop
Jy hoef nie jou bankrekening leeg te maak vir ’n nuwe voorkoms nie - jy moet begin by wat in jou kop aangaan. Sê vir jouself jy is suksesvol en gelukkig. Leef dit uit. Glimlag meer. Begin jou nuwe voorkoms van binne.

Eers dan kan jy aandag aan jou uiterlike gee. Net iets kleins soos ’n nuwe haarstyl of haarkleur kan ’n groot verskil maak. Jy het nie ’n hele nuwe klerekas nodig nie. ’n Paar mooi onderkleertjies en een verruklike uitrusting kan jou klaar soos ’n prinses laat voel.


DAG 2: Luister na jou emosies
Ons emosies is soos ’n barometer want dit wys ons wat in ons lewens aangaan. Leer hoe om na jou emosies te ‘’luister’’. Dink na oor die dinge in jou lewe waarmee jy nie tevrede is nie. Soms kan jy nie die situasie verander nie, maar jy het beheer hoe jy dit gaan hanteer. “Let op die goeie dinge in jou lewe, die verhoudings wat jy gebou het en hoe maklik dit is om te lag” – ’n vars blik op die lewe sal jou emosionele toestand verbeter.


DAG 3: Wys jy waardeer mense
Knap jou verhoudings met mense op - jou verhoudings kan beskadig raak as jy nie genoeg erkenning en waardering aan mense gee nie. Wys dat jy jou verhouding met hulle en hulle as mense waardeer. As jy by iemand is, wys jy wíl daar wees. Al is jy hoe besig, moenie wys jy wil so gou moontlik wegkom nie.

DAG 4: Soek die positiewe
Ongeag in watter situasie jy jouself bevind, daar is altyd positiewe en negatiewe keuses. As dit eers ’n gewoonte is om te kies om positief te wees, sal dit later tweede natuur word. Ongeag watter negatiewe dinge rondom jou plaasvind of hoe maklik jy dinge in ’n negatiewe lig sien, dis altyd moontlik om positiewe denke te ontwikkel – niemand is ’n gebore pessimis nie!

DAG 5: Doen iets vir andere
Eerder as om net elke dag te probeer oorleef en heeltyd oor alles te kla, moet jy liefs optimisties wees en ander help. Nie net laat jou goeie daad iemand anders glimlag nie, maar jyself sal ook sommer baie beter voel oor die lewe. Fokus op die nou en nie op die probleme van môre nie. Geniet vandag en benut elke geleentheid wat oor jou pad kom.



DAG 6: Kry beheer
Die grootste verskil wat jy binne een dag aan jou finansies kan maak, is om die probleem-areas te identifiseer en te besluit hoe jy dit gaan regstel. Dit kan ’n moeilike proses wees, maar jy gaan nêrens kom as jy nie ’n begin maak nie.

DAG 7: Gee dit oor aan die Heelal
Jou omstandighede speel ’n groot rol in wie jy is. Dalk kom jy uit ’n gebroke huis, het ’n geliefde aan die dood afgestaan of is mishandel. Omstandighede kan jou kwaad en verbitterd maak. Jou taak as mens is om hierdie dinge te laat gaan deur die persone wat jou seergemaak het – sowel as jouself – te vergewe.

Teen die einde van die week sal jy baie meer in voeling wees met dié sewe aspekte van jou lewe. En hoewel ’n mens nie alle probleme binne ’n dag kan regstel nie, is ’n klein verandering reeds genoeg om te begin vordering maak – selfs met die grootste uitdagings!

Voorspoed aan almal!

MAREE


.

Saturday, March 2, 2019

Daar is genoeg van Alles, vir Almal!


Baie van die besprekings oor aardverwarming gaan oor die feit dat die mens besig is om al die hulpbronne van ons Moeder Aarde uit te put. 

Ek wil graag hê dat mense moet besef dat hulle siening dat daar nie "genoeg" vir almal is nie, verkeerd is en nie gevalideer of geldig is nie. Julle konklusie dat daar nie genoeg van iets is nie—of dit nou grond is of geld of helderheid of hulpbronne is—jou gevoel dat daar nie genoeg van iets is nie, is afkomstig van die feit dat jy 'n vibrasie geleer het, sonder opset, wat jou apart hou van dit wat jy begeer. 

Jy impliseer dat daar nie genoeg in die emmer is nie, dat daar nie genoeg in die hoop is nie, dat daar nie genoeg in die Bron is nie—dat die Bron van waar jy alles moet kry 'n limiet het. En aangesien die Bron gelimiteer is, is dit al daardie boggers wat dit reg gekry het om alles vir hulle self te vat, se skuld dat daar niks oor is vir jou nie. 

En ek sê, o wee, julle kannie verder van die waarheid wees omtrent die oorvloed van die Bron nie! 

Daar is nie 'n tekort nie. As jy kan identifiseer wat jy begeer, dan herken Bron Energie jou begeerte en begin dit onmiddellik aan jou uit te lewer—en dit sal manifesteer in jou ondervinding, in die volheid, op 'n manier wat jy, en alleenlik jy, kan leer om dit toe te laat. 

En soos jy die dinge herken wat jy nie het nie, en hoe meer jy daarop fokus en sê, ek het nie dit of dat nie en dat ek regtig dit of dat wat ek nie het nie wil hê, en ek wil regtig hê wat ek NIE het nie, wil ek vir jou sê dat jy nie terselfdertyd kan FOKUS op iets wat jy nie het nie en dit dan na jou toe AANTREK nie, want in jou fokus op dit wat jy nie het nie, offer jy 'n vibrasie aan die Heelal wat sê, "Ek is die een wat dit nie het nie." 

Die Heelal is gebaseer op die wet van aantrekkingskrag, wat sê, "Die vibrasie wat jy uitstuur is die vibrasie wat jy ontvang." Jy kannie jou radio op 98.6 stel en dan verwag om 101 FM te ontvang nie—dit verstaan jy. Jy kan dus nie jou vibrasie stel op "ek het dit of dat nie" en dan in die plek wees om dit wat jy wil hê te ontvang nie, want die seine stem nie ooreen nie—en die wet van aantrekkingskrag reageer op die vibrasie van jou begeertes. Lekker, is dit nie? Lekker om te weet. So konstant—altyd konstant. 

Niemand affekteer jouself behalwe jy self nie. O ja, jy kan andere dop hou en opgewerk raak oor wat hulle doen. En dan voel die Heelal daardie vibrasie. Maar jou vibrasie is joune. Jy het beheer oor jou vibrasie. En wanneer jy leer om opsetlik 'n spesifieke vibrasie uit te stuur, dan is jy die opsetlike skepper van jou eie ondervinding. 

En voordat jy leer om opsetlik 'n vibrasie uit te stuur, is jy maar net 'n skepper van jou ondervinding—'n soort van skepper by verstek (default).

As jy die vermoë het om dit te begeer, het die Heelal die vermoë om dit te voorsien.

::




Sunday, June 23, 2013

Oorvloed vs Armoede


Het jy al ooit deelgeneem aan 'n resies, of vir 'n uitgestrekte periode voluit gewerk of 'n lang distansie geswem? Onthou jy hoe, kort na jy begin het, jy moeg begin voel het? Onthou jy hoe, voordat jy 'n lang distansie afgelê het, jy gedink het jy het jou uiteinde bereik? Maar onthou jy ook hoe, toe jy aangehou het, jy weer krag gekry het, jou moegheid verdwyn het, jou spiere geklop het met energie en jy letterlik 'n stormaanval van spoed en uithoudingsvermoë beleef het?

Binne in elke mens is magtige reserwes energie waarvan die normale individu nie bewus is nie. Meeste mense is soos die man wat sy motor in eerste rat bestuur, onbewus daarvan dat hy na 'n volgende rat kan verskuif en nie net alleenlik sy spoed kan vermeerder nie, maar ook meer krag kan bespaar.

Die Heelal voorsien mildelik. Daar is oorvloed vir almal. Maar net soos jy moes uithou en volhou om weer krag te kry, so moet jy streef na vervulling van oorvloed vanaf die Heelal.

Die wêreld behoort aan jou. Dit is jou eiendom. Dit voorsien nie alleenlik jou lewe nie, maar voorsien alles wat jy mag begeer. Maar jy moet aandring op hierdie dinge. Jy moet niks vrees nie, vir niks stop nie. Jy moet oorheers, nie ineenkrimp nie.


"Kyk hoe groei die blomme!" Die blomme, die voëls, alle kreasie, is alewig aktief. Die blomme en bome in hulle groei, die voëls en wilde diere in hul nesmaak en soektog vir kos, alewig besig maar nooit bekommerd nie. Jy weet jy benodig hierdie dinge en alles sal voorsien word.

As almal sal ooreenkom om op te hou bekommer - om vlytig te wees, maar nooit angstig oor die uitslag nie - sal dit die begin van 'n nuwe era wees in menslike vooruitgang, 'n tydperk van bevryding en verlossing van gebondenheid.

Waarom is dit dan dat soveel miljoene mense deur die lewe gaan in armoede en ellende, siekte en wanhoop? Hoekom? Hoofsaaklik omdat hulle 'n realiteit maak van armoede deur die vrees daarvan. Hulle visualiseer armoede, ellende en siekte, hulle praat oor armoede en gevolglik bring hulle dit tot verwerkliking.

Die kern van die Wet is dat jy moet oorvloed dink, jy moet oorvloed sien, jy moet oorvloed voel, jy moet oorvloed glo. Moet gladnie aan beperking dink nie. Daar is geen wettige of regmatige begeerte van jou waarvoor, sover dit jou gedagtes aangaan, daar nie oorvloedige vervulling is nie.

En as jy dit in jou gedagtes kan visualiseer, kan jy dit 'n realiteit maak in jou daaglikse lewe.

.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...