.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Showing posts with label vreugde. Show all posts
Showing posts with label vreugde. Show all posts

Friday, May 20, 2022

Die manifestasie van Vreugde

(Foto vanaf Pinterest) 

Wy jouself daaraan om vreugde te manifesteer in alles wat jy doen. 

Geluk het nie net een definisie nie. Dit is verskillend vir elke individu. En geluk is nie net te vinde in die groot dinge van die lewe nie. 

Dit draai nie net om die nuwe motor of die miljoen-rand woning nie. Geluk kan gevind word in 'n oulike grappie wat jou laat lag elke keer as jy daaraan dink. Dit kan gevind word in jou gunsteling rolprent wat jy elke Sondag kyk. Dit verbaas jou in die stem van 'n kind wanneer hy of sy jou vertel van hul dag. Geluk is binne jou en al om jou. Jy hoef nie te ver te soek om dit te vind nie.

Lig deurdring altyd donkerte. 

::
 

Friday, August 13, 2021

Hoe bly 'n mens vreugdevol?


As ons soms na onsself of na ander mense luister, is dit opvallend dat een saak vlak in die harte van baie mense lê: die behoefte aan vreugde! Vreugde is nie net 'n emosie nie. Dis 'n geestestoestand wat ons gereeld aan moet werk om aan die lewe te bly.

Hedendaags is dit so maklik om negatief te wees - die tydskrifte, die koerante, die internet - is almal vol van chaos en pyn en negatiewe verslae van moord en doodslag.

'n Vreugdevolle lewe is iets wat jy vir jouself skep deur elke dag dankbaar te wees vir dit wat jy het. Vreugde is 'n geskenk wat jy aan jouself gee deur jou fokus van jou eie pyn en probleme te verskuif na iets anders en dit maak geleenthede oop om die wêreld positief te beïnvloed.

Onthou, dit waaraan jy gereeld dink, word werklikheid. Een manier om vreugdevol te bly is om te aanvaar dat dinge nooit perfek gaan wees nie. Ons dink alles moet eers perfek wees voor ons waarlik kan leef. Nou ja, dinge gaan nooit 100% perfek wees nie. Om tevrede te wees te midde van jou omstandighede is ’n goddelike ding. Om vergenoegd te leef vra dankbaarheid. Raak vandag bewus van al die seëninge in jou lewe.

En moenie dat seer jou vreugde steel nie. Daar's 'n tyd en 'n plek vir alles - daar's 'n tyd om seer te voel en dit dan te oorleef. Daar's 'n tyd om te lag, en selfs net te glimlag, en die oomblik se vreugde diep te voel sodat dit telkens uit jou onderbewustheid opgegrawe kan word om weer te onthou.

So waak teen daai "klein jakkalsies" wat weer en weer probeer om jou vreugdes te steel. Kyk na binne om te sien of daar enige nare klein vreugdediewe rondsluip en sodra jy hulle geïdentifiseer het - dáárdie vriendin wat gereeld kla - verwyder dit uit jou lewe.



Dit kom neer op wat jy kies om te doen. Dis uiteindelik jou keuse of jy vreugde ervaar of nie.





Wednesday, December 31, 2014

Wense vir vandag en 2015


Vandag, op hierdie laaste dag van 2014
… wil ek graag ’n mooi gedig lees.
Wil ek graag ’n mooi prentjie sien.
Wil ek graag inspirerende musiek luister.
Wil ek graag iemand merkwaardig ontmoet.
Wil ek graag ’n paar verstandige woorde sê.

My wens vir jou is dat jou nuwe jaar gevul sal wees met LIEFDE, VREUGDE en INSPIRASIE en dat jy elke dag 'n mooi gedig sal lees, 'n mooi prentjie sal sien, na inspirerende musiek sal luister, iemand merkwaardig ontmoet en verstandige gedagtes sal hê en mooi woorde sal uitspreek.

Gelukkige Nuwe Jaar!

.

Monday, December 30, 2013

Die Manifestasie van Vreugde in 2014


Wy jouself daaraan om vreugde te manifesteer in alles wat jy doen in hierdie komende jaar.

Geluk het nie net een definisie nie. Dit is verskillend vir elke individu. En geluk is nie net te vinde in die groot dinge van die lewe nie.

Dit draai nie net om die nuwe motor of die miljoen-rand woning nie. Geluk kan gevind word in 'n oulike grappie wat jou laat lag elke keer as jy daaraan dink. Dit kan gevind word in jou gunsteling rolprent wat jy elke Sondag kyk of 'n wandeling op die strand Dit verbaas jou in die stem van 'n kind wanneer hy of sy jou vertel van hul dag. Geluk is binne jou en al om jou. Jy hoef nie te ver te soek om dit te vind nie.

My wense vir jou 2014 is 'n jaar gevul met VREUGDE, LIEFDE en INSPIRASIE!

Voorspoedige Nuwe Jaar! 

::

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...