.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Sunday, June 3, 2012

Selfsorg en Kuns & Kreatiwiteit


Om kuns of kreatiwiteit te beoefen is 'n belangrike deel van jou selfsorg, die agter-jouself-kyk wat so belangrik is vir 'n gesonde gemoedstoestand.   

Kreatiwiteit is die plek waar jy jouself sal ontdek.   

Die groot vraag is nie wat kweek kreatiwiteit nie, maar hoekom in hemel's naam is almal nie kreatief nie? Waarheen het die menslike potensiaal vir kreatiwiteit verdwyn? Die antwoord lĂȘ in die feit dat die mensdom met verstomming reageer wanneer iemand iets kreatiefs skep, so asof dit heeltemal uniek en onbekend is, asof dit 'n wonderwerk is dat enigiemand enige iets kan skep. En die feit is daardie kreatiwiteit lĂȘ diep binne elkeen van ons en wag net om na vore gebring te word deur die moed te hĂȘ om afstand te doen van onsekerheid en twyfelagtigheid.   

Of dit nou koskook is, tuinmaak, skilder, naaldwerk, houtsneewerk, skryf van 'n roman of skryf in 'n joernaal, kralewerk, koper- of pewterwerk - die lys is oneindig - elkeen van ons het 'n uitlaatstelsel nodig waardeur ons kan stoom afblaas en 'n bietjie tyd by onsself kan bestee.   

Dink aan vanoggend toe jy wakker geword het. Het jy vol vreugde uit die bed gespring, jou gedagtes vol idees vir jou volgende projek of wat dalk op jou om-te-doen-lys is? Die eerste oomblikke wanneer jy wakker word in die oggend is die mees wonderlikste van al vier-en-twintig uur wat voorlĂȘ. Dit is die oomblik wanneer jy weet dat absoluut enige iets kan gebeur in die dag wat voor jou uitgestrek lĂȘ.   

Om jou dag te begin met 'n sak vol idees en planne lewer altyd positiewe resultate!   

Onthou, jy is 'n spieĂ«l ... as jy jou dag begin deur vreedsaam, tog opgewonde, te voel, sal daar die hele dag vrede en lus vir die lewe in jou lewe weerspieĂ«l word.   

Skeduleer tyd vir jou kreatiwiteit - maak nie saak hoe besig jou roetine is nie, stel 'n spesifieke tyd vas wanneer jy gaan doen waarvoor jy lus is, daai ding wat, wanneer jy daarmee besig is, die tyd sĂł laat vlieg dat 'n paar uur verbygaan sonder dat jy dit besef.   

Wanneer jy jou passie volg kan elke dag soos 'n vakansie dag voel!

::

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...