2. Moenie jou idees filter nie
Wanneer jy jou idees filter, bedoel dit jy het minder idees om
mee te werk. Selfs 'n idee wat nie so goed lyk nie, laat dit maar daar lê vir nou. Later aan
sal jy dit dalk van 'n verskillende perspektief beskou en bruikbaar vind.
3. Vind meer idees as wat jy nodig het
As jy vyf idees het, vind tien. As jy tien het, vind twintig. Om
meer idees te hê as wat jy nodig het meen jy kan
die beste van die bestes kies.
4. Werk gereeld aan idees
Hou aan idees uitdink, maak nie saak hoe jy voel nie. As jy 'n
blogger is, hou aan om te skryf. As jy 'n ontwerper is, hou aan ontwerp. As jy
'n programmeerder is, hou aan om kodes te skryf. Maak tyd daarvoor en maak dit
'n gewoonte.
5. Stel 'n Idee-kwota
Soos voorheen genoem is, 'n goeie manier om aan te hou om idees
te vind, is om 'n doelwit (target) te stel vir hoeveel idees jy wil hê. 'n
Skrywer kan byvoorbeeld besluit om 1000 woorde elke dag te skryf en 'n
ontwerper dalk mik op een nuwe ontwerp elke week. Deur 'n doelwit te stel,
verseker dit meer kreatiwiteit.
6. Vermy Perfeksionisme
Perfeksionisme kan jou verhinder om jou doelwit te behaal. Dat
kan 'n week vat om 'n idee 80% kwaliteit te maak, 'n maand om dit 90% perfek te
kry, of 'n jaar om dit 100% perfek te maak. Perfeksionisme kan veroorsaak dat
jy 'n jaar spandeer aan één idee terwyl die ander 51 idees afgeskeep word. Kry
eers jou idees bymekaar, toets hulle en alleenlik dan spandeer jy meer tyd op
die wenners.
Idees is baie kosbaar. Veral in hierdie Internet-era waar dinge gou
'n kommoditeit word, is idees dít wat jou laat uitstaan bo al
die ander. Jy het ook konstant nuwe idees nodig om te groei, maar ongelukkig
kan ons nie altyd voorspel wanneer 'n nuwe idee sy kop sal uitsteek nie. Dan
skielik, uit die bloute, verskyn 'n idee en dit gee nie om of jy by die huis is
nie of by die kantoor is nie of op pad êrens heen is nie. Dit gee nie om wat jy besig is om te doen nie. Dit kom sommer
maar net, en die ergste is, dat kan sommer net so verdwyn. En as dit eers weg
is, is die kanse dat jy dit gaan terug kry maar skraal.
So, die uitdaging is om daardie idees vir ewig vas te vang.
Waar kry jy jou idees?
::
.::