.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Saturday, April 14, 2018

Word 'n dromer!


Daleen Enslin van Woes skryf,

"Almal wat jou ken
dink jy is maar net ‘n dromer
maar jy glo dat drome waar kan word,
dat dit is soos ‘n boodskap in ‘n bottel
wat jy uitstuur oor ‘n wye oseaan
en dat daar tog iemand sal wees
wat in jou sal glo.


Jou drome is soos ‘n versameling van wense
in ‘n wens fontein met beloftes
wat jy alleen waar kan maak.

Jy skiet jou drome af soos projektiele
vêr in die toekoms in,
in ‘n ander atmosfeer
vêr van skeptiese mense
in ‘n plek waar dit kan saadskiet vir môre
en opkom om te blom in ‘n lente van hoop.

Jou drome is soos sterre
wat jy in jou eie oog kan waarneem
en tog in jou hart weet jy
dat dit net jy alleen is
wat jou drome kan bewaarheid.


Jy is my dromer
en in jou vervul ek ook my drome
want drome kan die see vol maak
en dit het geen perke
as jy daaraan vashou nie
maar die waarheid bly
dat ‘n dromer in sy droom verlore kan raak."

So, bevry HOOP van vrees en word 'n dromer.


No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...