Wanneer jy ontdek hoe om
vibrasionele eenheid met Bron en jou begeertes te behaal, dan is jy in 'n vibrasionele stemming vir die toelating van dÃt wat jy begeer. En dis nie iets
moeiliks om te doen as jy verstaan hoe jou Emosionele Stelsel werk nie.
Jou
Emosies is Jou Leidingstelsel
Jou
emosies vertel jou alles wat jy nodig het om te weet omtrent jou
gemoedstoestand van toelaat of nie toelaat nie. Met ander woorde, wanneer jy
positief voel, bedoel dit dat jy in vibrasionele harmonie is met Bron en dat
jy die goeie dinge toelaat om na jou te kom. Dis hoe eenvoudig dit is.
Wanneer jy goed voel, is jy in die Plek van
Toelating. Wanneer jy positiewe emosies voel soos vreugde of dankbaarheid of
liefde -- daardie emosies wat jou hart laat sing -- dan is jy in die Plek van
Toelating. Toelating van wat? Toelating van Bron Energie, 'n koppeling met wie
jy is. Toelating van welwillendheid. Toelating van duidelikheid en Toelating
van oorvloed.
Wanneer jy negatiewe emosies voel soos woede, angs,
frustrasie of depressie, dan is jy nie in 'n gemoedstoestand van Toelating nie.
Dan is jy in 'n gemoedstoestand van weerstand waar jy, om een of ander rede,
fokus op maniere wat Suiwer,
Positiewe Energie en Bron Energie nie Toelaat nie.
DIE PRAG VAN ONSEKERHEID
Dit het my 'n hele ruk geneem om uit te
werk dat onsekerheid nie noodwendig 'n slegte plek is om te wees nie. Ek het
ook begin besef dat, sodra ek "weet", meesal word my wete asof in
klip gebeitel, en die gevolg is onbuigsaamheid wat die hele konsep van
daadwerklike skepping teenwerk.
Die ander dag het
ek op hierdie aanhaling van Deepak Chopra, in "The Seven Spiritual Laws
of Success", afgekom, wat alles opgesom het omtrent wat ek oor
onsekerheid ontdek het :
"Onsekerheid ... is die vrugbare grond vir pure kreatiwiteit en
vryheid. Onsekerheid bedoel jy betree die onbekende in elke oomblik van ons
bestaan. The onbekende is die gebied van alle moontlikhede, altyd vars, altyd
nuut, altyd oop vir die skepping van nuwe manifestasies. Sonder onsekerheid en
die onbekende is die lewe maar net 'n muwwe herhaling van afgesaagde
herhinneringe. Jy word 'n slagoffer van die verlede en jou martelaar is jyself,
oorgedra van gister."
Deesdae, as ek
tot aangesig kom met 'n vurk in die pad en nie seker is watter kant toe nie,
neem ek my toevlug tot onsekerheid. Ek hoef dan nie in die hier en nou alles
uit te werk nie.
En in daardie
gemoedstoestand vind ek myself in die vloei van Toelating.
.