.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Thursday, September 13, 2012

Hoe om die Wêreld-wye Finansiële Krisis te Verlig



Jy kan ontspan en werk toe gaan.

Of jy kan fokus op die dinge wat vir jou belangrik is en probeer om die besonderhede van jou lewe uit te sorteer en ophou om na ander mense te draai om jou probleme uit te sorteer - EN OPHOU OM AAN DEBATTE SOOS HIERDIE DEEL TE NEEM! - jy teister jouself wat lei na verdere wanrigting van wat alreeds in jou kontraktuele vibrasie is.

OORVLOED is in werking gestel deur almal van ons; ons is almal mede-werkers en het, deur die lewens wat ons lei, bygedra tot die kreasie van oorvloed.

Teneinde beslag te lê op jou gedeelte van hierdie uitstaande stuk van oorvloed-pastei in die Heelal, is dit so eenvoudig as om te hou wat jy bygedra het, want elke positiewe gedagte van jou wag daar vir jou om daarop beslag te lê. Dit kannie verdwyn nie, dit kannie deur iemand anders verkwis of gebruik word nie en dit kannie van jou weggeneem word nie. Want as jy dit daar geplaas het, is dit altyd daar vir jou. Jy is die eienaar van wat in jou oorvloed-bank is en jy kan onttrekkings maak deur nie meer jou aandag te gee aan watse onttrekkings andere maak nie.

Moenie bekommerd wees dat andere jou gedeelte van oorvloed gaan kry nie - dis nie moontlik nie - dit is joune en altyd daar vir jou en sal daar bly - en vandat jy dit in die Heelal geplaas het, het dit fantastiese rente getrek en hoe hoe meer jy gevra het, hoe groter en groter het dit geword - weet dat dit daar is vir jou en dat niemand dit kan wegvat nie - hou op om jouself te bekommer oor wat ander mense doen, want dit is daardie bekommernis wat jou ontwrig van jou oorvloed.

Vir diegene wat nie bewus is van die vibrasionele realiteit nie, sal ek sê, "Moenie bekommerd wees oor die ekonomie nie. Dit het al voorheen gebeur en ons sal deur dit kom. Moenie jou bekommer oor wat besig is om te gebeur nie. Niks het verander oor die afgelope paar dae nie. Niks het selfs oor die afgelope paar jaar gebeur wat nie weer terug gebring sal word in balans nie. Al wat jy moet doen is om the onstpan en te wag dat die golf verby spoel. Sê elke dag vir jouself, "Dis beter... Dit word beter, dit word beter en alles gaan OK wees. Dis beter, dit word beter, dit word beter en alles gaan OK wees."

Sodra jy jouself oortuig dat dit beter is as wat jy gedink het dit was en dat dit elke dag beter word en dat dit nie net OK gaan wees nie, maar dat dit WERKLIK OK gaan wees, kan oorvloed onmiddelik na jou begin vloei.

POLITIEKE LEIERS :
Moenie enige iemand op die planeet verantwoordelik hou vir jou welwillendheid nie - hierdie man en daardie man is nie verantwoordelik vir jou welwillendheid nie. JY is verantwoordelik vir jou welwillendheid.

Gee hulle 'n kans.

Dit is "JOU" Ekonomie wat saak maak. Nie "DIE" Ekonomie nie.

::

 

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...