Jy skenk en gee weg wat jy het.
Dis nie
eintlik so ingewikkeld nie.
Maar dink nou
net vir 'n oomblik; wat doen meeste mense?
Wanneer
iemand 'n fantastiese idee het, klou hulle daaraan. Hulle gee dit nie weg nie.
Hulle koester en beskerm dit. Hulle hou dit vir hulself uit vrees dat iemand
anders dit dalk sal wegneem. "Ek beter hierdie idee vir later bêre."
Hulle deel of gee nie hulle ides weg nie - hulle hou dit.
Laat ons nou
dink waarom jy dit sou doen.
Die probleem
is nie dat jou idees te fantasties is of nie goed genoeg is nie, hulle is. Die
probleem lê by jou denke. Jy dink dat, as jy een idee weggee of deel, dat jy
nooit weer enige idees gaan kry nie. En daardie vrees laat jou lewe in die
moeras van ontbering.
Instede,
begin deur te gee wat jy het.
Kom Ons Kyk Na Bloggers
Hoekom faal
soveel bloggers aanlyn? Hulle faal nie oor hulle slegte skrywers is nie
(alhoewel daar wel van hulle is!). Hulle faal nie oor hulle nie iets waardevols
het om te deel nie; almal het iets waardevols om te sê - hulle faal omdat hulle
ophou om hulle inligting en idees met andere te deel.
Om 'n
geestestoestand van oorvloed te skep, moet jy gewillig wees om te gee. Hoe meer
jy gee, hoe meer ontvang jy terug.
Dieselfde is
op toepassing van geld.
Is Jy Meneer El-Cheap-O?
Miskien is jy
een van daardie mense wat aan elke pennie klou - spaar-vir-'n-reënerige-dag
tipe van
denkwyse. Ek weet, want ek was eens op 'n tyd so. Miskien is jy waarlik suinig
met jou geld of, wat ek noem, 'n 'Scrooge' of 'El-Cheap-O'.
Daar's niks
mee verkeerd om spaarsaam te wees nie. Wat ek van praat is heeltemal anders. Ek
praat van die suinige, vrekkige mense - mense wat uit vrees
nie hul geld
wil spandeer nie. Vrees dat daar nie meer is of sal wees nie.
Onthou net
dat, deur aan jou geld vas te klou, definitief nee meer gaan bring nie.
Inteendeel, die veroorsaak die teenoorgestelde. Om aan jou geld te klou met
vrees is bewys dat jy glo dat daar nie genoeg is vir almal nie. En wanneer jy
dink daar is nie genoeg nie, dan projekteer jy 'n on-oorvloedige
geestestoestand. Daai geestestoestand is in vrees gesetel.
Het Jy 'n Tekort Aan Tyd?
Party mense
het altyd 'n tekort aan tyd - asof dit geld of 'n kommoditeit is. Hulle is
altyd paniekerig om dinge klaar te kry. Hulle is tyd-vampiere. Hulle verorber
letterlik hulle tyd en suig die lewe uit hulself - totdat daar geen tyd oor is
nie.
Hierdie
tyd-vampiere leef in 'n tekort-geestestoestand. Hulle mors nie tyd nie, want
hulle dink daar is nie genoeg tyd om te mors nie. En weereens is jy dink daar
is nie genoeg nie, dan lewe jy in vrees.
Die manier
hoe enigiets doen is die manier waarop jy alles doen. As daar tekort in een
area is, dan is daar 'n tekort in alle aspekte van jou lewe. Dit kom op jou geestestoestand
neer.
So, hoe breek
jy die patroon?
Jy moet
gewillig wees om te gee vanwaar jy nou is.
Gee wat jy
het, want skenking dui op "daar is genoeg". Dit dui op oorvloed. Deur
met oorgawe te skenk, stuur dit 'n sein na andere (en jouself) dat daar meer as
genoeg is vir almal.
"Jy ontvang deur dieselfde venster waardeur jy skenk. Die manier om
vrylik
te ontvang is om vrylik te gee. Kwaliteit is meer belangrik as
kwantiteit,
aangesien die Heelal voorsien deur intensie. Begin om te gee, and laat
God jou gawes seën."
- Brad Jensen
Hier is 6
voorbeeld van hoe om te geen en 'n geestestoestand van oorvloed te skep:
Tekort aan Tyd?
Indien wel,
gee van jou tyd weg. Neem tyd om aan andere te gee. Jy hoef nie 90% van jou tyd
aan andere te spandeer nie - vind net 'n balans tussen gawe en ontvangs. Jy ken
die gesegde: "Hoe meer jy doen, hoe meer kan jy doen."
Tekort aan Liefde?
Jy moet eers
liefde gee voor jy dit kan ontvang. Gee iemand 'n drukkie - ek waarborg jy sal
soos miljoen dollars voel. Hoekom? Omdat jy dan liefde terug ontvang. En jy kan
alleenlik liefde ontvang as jy iemand anders liefde bewys. Gaan sommer nou en
gee 5 mense 'n drukkie!
Tekort aan Geld?
Gee geld weg.
Ja, jy't my reg gehoor. Ek sê nie jy moet die
plaas verkoop nie, gladnie. Maar jy kan dalk daaroor dink om geld te skenk aan
'n welsynsvereeniging, of aan 'n vriend in nood, of selfs aan 'n bedelaar in
die straat. Skenkers vind baat.
Voel Jy Vasgevang?
Wil jy vry
voel? Help ander mense eers. Dink aan iemand wat jy ken wat 'n soortgelyke
probleem het. En dink aan 'n manier waarop jy kan help gebaseer op jou kennis.
Skryf neer wat jy beplan om te doen om die persoon te help en doen dit dan. Ek
verseker jou dit werk! Wanneer jy heelhartig iemand anders help sal hulp altyd
na jou terug kom.
Tekort aan Selfvertroue?
Ja, jy's reg.
Jy moet dit weggee! As jy 'n tekort aan selfvertroue het, gee dit dan aan
iemand anders. Wat bedoel ek? Vind iemand wat jy weet wat min selfvertroue het
en wys hulle dat jy in hulle glo. Vertel hulle dat jy in hulle vertrou. Vertel
hulle hoe suksesvol hulle is. Dat jy altyd geweet het hulle het dit in hulle.
Vertel hulle hoe trots jy op hulle is. Deur andere te besiel met selfvertroue
sal selfvertroue en oorvloed na jou vloei.
Tekort aan Idees?
Hierdie is my
gunsteling! As jy 'n tekort het aan kreatiewe idees, gee hulle weg! Gee andere
kreatiewe idees omtrent hoe om hulle besigheid te verbeter, hoe om 'n
opwindende nuwe loopbaan te vind of hulle gesondheid te verbeter. En jy sal
vind dat jou gedagtes gevul word met nuwe idees vir jouself.
Nou moet jy begin van waar jy nou is. Jy kannie gee wat jy nie het nie. Wees gewillig om te gee wat jy wel
het, waar jy nou is, en binnekort sal oorvloed jou lewe, en dié
van ons Moeder Aarde, binne vloei.
.