.

Haai, my naam is Maree en ek woon op 'n 8.5ha kleinhoewe, my stukkie Afrika-aarde in Tarlton, Suid Afrika, saam met my wederhelf, verskeie geveerde vriende en Jacko, my Foxterrier x wat nie weet hy's 'n hond nie.

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Saturday, August 2, 2014

Top 10 Selfversorgingswenke



1. Verander negatiewe gedagtes in positiewe dade.

2. Sê dankie vir alles vir 'n verandering!

3. Doen iets spesiaals vir iemand anders, maar moenie haar daarvan sê nie.

4. Kry genoeg slaap—al is dit 'n middag-slapie!

5. Vergewe iemand. Dit vat gans te veel energie om kwaad te bly!

6. Vergewe jouself want om dit nié te doen nie beskadig jou siel.

7. Vra jouself: "Hoe belangrik is dit regtig?"

8. Onthou, om ander lief te hê bedoel nie jy moet na hulle pype dans nie.

9. Vra jouself: "Wat kan ek doen om iemand anders se dag te maak?"

10. Glimlag!

'n Oorvloed dag vir jou!

.

No comments:

Post a Comment

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...