Waaraan dink jy op
hierdie oomblik, reg nou? Die Wet van Aantrekkingskrag verklaar dat "waaroor ons dink, dit bring ons
tot stand''. Vir baie mense kan hierdie stelling klink na nuwerwetse fluff maar
glo dit of nie, dit is gebou op 'n soliede wetenskaplike basis.
Hedendaagse top
kwantum fisici het ontdek dat die heelal en ons realiteit baie beslis
gekonnekteer is met die ''waarnemer''.
Met die studie van
kwantum gedeeltes (die kleinste waarneembare dele van materie) het hierdie
wetenskaplikes ontdek dat die materie beweeg het in ooreenstemming met die
persoon wat die eksperiment uitgevoer het. En as die wetenskaplikes verklaar
dat kwantum stukkies hulself op 'n sekere manier gedra, dan doen hulle dit. Dit
is die ''waarnemer'' wat die reaksie veroorsaak!
Wat bedoel dit vir ons
normale mense? Wel, eintlik het hierdie wetenskaplike studies verreikende
nagevolge vir ons aangesien ons wêreld uit hierdie selfde kwantum gedeeltes
bestaan! In hierdie geval is ons die ''waarnemers'' en derhalwe die skeppers
van ons eie realiteit, ons wêreld en ons ondervinding.
So, wees versigtig
waaraan jy dink! Byvoorbeeld, begin jou gedagtes ooit met die volgende?
Ek verstaan nie ...
Ek wil nie hê nie ...
Ek is gefrustreerd
omdat ...
Ek haat my ...
Ek kannie besluit nie
...
Ek is gestres oor ...
Ek is bekommerd dat
...
Ek behoort te kan -
maar ek kannie ...
Hoekom het ek soveel
probleme?
Die Wet van
Aantrekkingskrag is onverskillig en onpartydig oor die woorde wat eerste in jou
gedagtes opkom - waaroor jy ookal dink, sal jy aantrek in jou lewe, want jy
besluit hoe die kwantum gedeeltes gaan optree.
Wanneer jy dink
''Hoekom gebeur slegte dinge altyd met my?'' dan trek jy slegte gebeure aan.
Wanneer jy dink ''Ek
wil uit die skuld uit'', trek jy meer skuld aan.
Wanneer jy dink ''Ek
is bekommerd ek gaan siek word'' trek jy siekte na jou lewe aan.
Die Wet van
Aantrekkingskrag bring na jou wat ookal jy op fokus, al is dit nie wat jy wil hê
nie. Verstaan jy?
As jy hierdie prinsiep
verstaan, hier is 'n paar voorbeelde hoe om Die Wet van Aantrekkingskrag vir
jou te laat werk in plaas van teen jou. Neem kennis van jou gedagtes en
verander jou denke as volg :
''Ek wil uit die skuld
uit'' na ''Ek verdien uiterste rykdom!''
''Ek haat my baas'' na
''Ek sien vooruit daarna om my eie besigheid te hê'' of ''om my droom pos te
vind.''
''Ek verstaan nie
hoekom hy so lui is nie'' na ''Ek lief dit wanneer hy my in die huis help.''
''Ek is gestres deur
hierdie projek'' na ''Ek ondervind altyd interessante resultate in my
projekte.''
"Ek is bekommerd
ek word siek'' na ''Ek ondervind wonderlike gesondheid elke dag.''
Noudat ons Die Wet van
Aantrekkingskrag 'n bietjie beter verstaan, is dit glad nie verbasend hoekom
soveel mense sukkel met geld nie. Die gesegde ''die rykes word ryker en die
armes armer'' bewys net hoe Die Wet van Aantrekkingskrag regtig werk.
Omdat ryk mense geld
het, dink hulle dikwels aan die beste manier hoe om hulle geld te gebruik,
derhalwe trek hulle nog meer geld aan. Aan die ander kant dink die armes aan
hoe min geld hulle het en derhalwe trek hulle nog meer gebrek aan.
Huidiglik word 96% van
die wêreld se rykdom deur 1% van die populasie verdien. Dit is nie toevallig
nie.
In die woorde van
Wallace D. Wattles,
"Die eienskap van
geld en eiendom kom as 'n direkte resultaat
van as jy dinge 'op 'n
sekere manier' doen. Diegene wat nie dinge
'op 'n sekere manier'
doen nie, maak nie saak hoe hard hulle werk
nie, sal arm bly. Dit
is 'n natuurlike wet van 'soort soek soort'."
- Maree