.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Showing posts with label wet van aantrekkingskrag. Show all posts
Showing posts with label wet van aantrekkingskrag. Show all posts

Wednesday, February 5, 2020

Die Wet van Aantrekkingskrag - 'n Nuwe uitkyk op 'n ou konsep



Waaraan dink jy op hierdie oomblik, reg nou? Die Wet van Aantrekkingskrag verklaar dat "waaroor ons dink, dit bring ons tot stand''. Vir baie mense kan hierdie stelling klink na nuwerwetse fluff maar glo dit of nie, dit is gebou op 'n soliede wetenskaplike basis.

Hedendaagse top kwantum fisici het ontdek dat die heelal en ons realiteit baie beslis gekonnekteer is met die ''waarnemer''.

Met die studie van kwantum gedeeltes (die kleinste waarneembare dele van materie) het hierdie wetenskaplikes ontdek dat die materie beweeg het in ooreenstemming met die persoon wat die eksperiment uitgevoer het. En as die wetenskaplikes verklaar dat kwantum stukkies hulself op 'n sekere manier gedra, dan doen hulle dit. Dit is die ''waarnemer'' wat die reaksie veroorsaak!

Wat bedoel dit vir ons normale mense? Wel, eintlik het hierdie wetenskaplike studies verreikende nagevolge vir ons aangesien ons wêreld uit hierdie selfde kwantum gedeeltes bestaan! In hierdie geval is ons die ''waarnemers'' en derhalwe die skeppers van ons eie realiteit, ons wêreld en ons ondervinding. 

So, wees versigtig waaraan jy dink! Byvoorbeeld, begin jou gedagtes ooit met die volgende?

Ek verstaan nie ...
Ek wil nie hê nie ...
Ek is gefrustreerd omdat ...
Ek haat my ...
Ek kannie besluit nie ...
Ek is gestres oor ...
Ek is bekommerd dat ...
Ek behoort te kan - maar ek kannie ...
Hoekom het ek soveel probleme?

Die Wet van Aantrekkingskrag is onverskillig en onpartydig oor die woorde wat eerste in jou gedagtes opkom - waaroor jy ookal dink, sal jy aantrek in jou lewe, want jy besluit hoe die kwantum gedeeltes gaan optree.

Wanneer jy dink ''Hoekom gebeur slegte dinge altyd met my?'' dan trek jy slegte gebeure aan.

Wanneer jy dink ''Ek wil uit die skuld uit'', trek jy meer skuld aan.
Wanneer jy dink ''Ek is bekommerd ek gaan siek word'' trek jy siekte na jou lewe aan.

Die Wet van Aantrekkingskrag bring na jou wat ookal jy op fokus, al is dit nie wat jy wil hê nie. Verstaan jy?

As jy hierdie prinsiep verstaan, hier is 'n paar voorbeelde hoe om Die Wet van Aantrekkingskrag vir jou te laat werk in plaas van teen jou. Neem kennis van jou gedagtes en verander jou denke as volg :

''Ek wil uit die skuld uit'' na ''Ek verdien uiterste rykdom!''

''Ek haat my baas'' na ''Ek sien vooruit daarna om my eie besigheid te hê'' of ''om my droom pos te vind.''

''Ek verstaan nie hoekom hy so lui is nie'' na ''Ek lief dit wanneer hy my in die huis help.''

''Ek is gestres deur hierdie projek'' na ''Ek ondervind altyd interessante resultate in my projekte.''

"Ek is bekommerd ek word siek'' na ''Ek ondervind wonderlike gesondheid elke dag.''

Noudat ons Die Wet van Aantrekkingskrag 'n bietjie beter verstaan, is dit glad nie verbasend hoekom soveel mense sukkel met geld nie. Die gesegde ''die rykes word ryker en die armes armer'' bewys net hoe Die Wet van Aantrekkingskrag regtig werk.

Omdat ryk mense geld het, dink hulle dikwels aan die beste manier hoe om hulle geld te gebruik, derhalwe trek hulle nog meer geld aan. Aan die ander kant dink die armes aan hoe min geld hulle het en derhalwe trek hulle nog meer gebrek aan.

Huidiglik word 96% van die wêreld se rykdom deur 1% van die populasie verdien. Dit is nie toevallig nie.
  
In die woorde van Wallace D. Wattles,

"Die eienskap van geld en eiendom kom as 'n direkte resultaat
van as jy dinge 'op 'n sekere manier' doen. Diegene wat nie dinge
'op 'n sekere manier' doen nie, maak nie saak hoe hard hulle werk
nie, sal arm bly. Dit is 'n natuurlike wet van 'soort soek soort'."

- Maree

Saturday, January 17, 2015

Positiwiteit



Vandag wil ek weer oor positiwiteit praat - die rede? Die woord "positiwiteit" is op die hele wêreld se lippe, almal weet van die Wet van Aantrekkingskrag en FaceBoek en die hele internet is vol van "positiewe" aanhalings en gesegdes. Almal is BESLIS positief, so sê hulle gereeld, en sê ook so vir andere “Jy moet net positief wees.” Ja, die meeste van ons het al so ‘n boodskap van iemand gekry.

Nou hier's die ding - elke keer as ek van hierdie "positiewe" mense êrens raakloop en ek vra, "Hoe gaan dit met jou?", is die eerste woorde wat ek gewoonlik hoor klaagliedere oor die ekonomie en hoe sleg dit met hul gesondheid gaan.

Nou wat het nou eintlik van positiwiteit geword...? Of val "dinge buite jou beheer" nie onder die opskrif van positiwiteit nie? Meeste mense sal sê DIE EKONOMIE is buite hulle beheer en dat dit 'n feit is en daar's niks wat hulle daaromtrent kan doen nie. En ek sê, dis nie DIE EKONOMIE wat belangrik is nie, maar JOU EKONOMIE, want daaraan kan jy beslis iets doen.

Miskien het jy ook al vir ‘n vriend of familielid dieselfde gesê: “Moenie so negatief wees nie, bly net positief en dinge sal sommer beter gaan.” 


POSITIWITEIT
Dit is makliker gesê as gedaan - tensy jy WAARLIK die gewoonte kan aanleer om 'positief' te bly. Positiwiteit is nie net 'n "pie-in-the-sky" idee nie - jy moet inniglik GLO, OORTUIG wees, dat die lewe meer positief as negatief is en daarvolgens jou lewe ly.

Van al die dinge wat ons lewens beϊnvloed, is ons OORTUIGINGS-SISTEEM seker die mees belangrikste.

Wat ons glo vorm ons uitkyk en gedrag en houding en as ons ons lewens wil verander en transformeer, kan ons dit nie doen sonder om ons oortuigings-stelsel te verander nie.

As ons waarlik ons lewe wil verander, moet ons leer om ons geloofstelsel te verander. Die goeie nuus is dat dit nie so moeilik is as wat dit klink nie! Vasbeslotenheid, verpligting en dedikasie is al wat dit vat.

Ongelukkig vir meeste van ons, het ons meer self-limitasie-oortuigings as konstruktiewe oortuigings. Ons GLO dat almal se behoeftes voor ons eie moet kom - ons kinders, ons eggenote, ons vriende - en dan is dit goed genoeg dat ons kry wat oor is. Dit is die EEN groot rede hoekom ons voel of ons vassit en asof ons 'n slagoffer van die noodlot is, dat ons nie in beheer van ons eie lewe is nie.

Die oomblik wat ons hierdie self-limiterende oortuigings verruil vir meer positiewe oortuigings, sal ons houding en gedrag outomaties verander om in te pas met ons nuwe oortuigings en nuwe en meer bevrydende moontlikhede in ons lewe aantrek.

Groete

Maree

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...