.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voƫls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Showing posts with label perfekte dag. Show all posts
Showing posts with label perfekte dag. Show all posts

Saturday, September 6, 2025

'n Perfekte dag

(Foto vanaf Pinterest)

Party mense floreer op baie aktiwiteit en hou van konstante nuwe dinge en verandering in hul lewe. En terwyl ek daardie mense admireer, is ek van nature nie so nie. Dis nie dat ek nuwe ondervindings nie geniet nie. Dis net dat ek verkies dat my dae stadig en standvastig is. En terwyl dit my partymaal skuldig en lui laat voel, begin ek dit nou te waardeer en te aanvaar. 

My idee van 'n perfekte dag is om rustig in die tuin te werk of in my tuinhuisie te onstpan, 'n koppie koffie op die stoep te sit en drink, 'n skildery of twee te doen en 'n uitstappie in ons Estate, kamera in die hand, te geniet. Dan is ek op my gelukkigste! 

Was is JOU idee van 'n perfekte dag? 

:: 

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...