.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Friday, June 29, 2012

Vandag... maak vrede met waar jy is


… is ek presies waar ek moet wees. 
Ek herken groei in my spirituele vooruitgang op pad na geluk 

:: 

Dis baie belangrik om vrede te maak met waar jy is op die oomblik - om jou lewe NOU te geniet en nie te hunker na iets in die verlede nie en ook nie te veel te tob oor wat in die toekoms vir jou wag nie. Droom groot drome , hou dit in jou hart en die Heelal sal voorsien. 

::


Friday, June 22, 2012

Verklarings vir Oorvloed Affirmasie)


::

Ek is suksesvol in alles wat ek doen
Ek is altyd produktief
My werk word positieflik erken
Ek vermeerder alewig my inkomste
Ek is wys in hoe ek my geld spandeer
Ek het altyd meer as genoeg geld vir dit wat ek benodig 

::

Sunday, June 3, 2012

Selfsorg en Kuns & Kreatiwiteit


Om kuns of kreatiwiteit te beoefen is 'n belangrike deel van jou selfsorg, die agter-jouself-kyk wat so belangrik is vir 'n gesonde gemoedstoestand.   

Kreatiwiteit is die plek waar jy jouself sal ontdek.   

Die groot vraag is nie wat kweek kreatiwiteit nie, maar hoekom in hemel's naam is almal nie kreatief nie? Waarheen het die menslike potensiaal vir kreatiwiteit verdwyn? Die antwoord lê in die feit dat die mensdom met verstomming reageer wanneer iemand iets kreatiefs skep, so asof dit heeltemal uniek en onbekend is, asof dit 'n wonderwerk is dat enigiemand enige iets kan skep. En die feit is daardie kreatiwiteit lê diep binne elkeen van ons en wag net om na vore gebring te word deur die moed te hê om afstand te doen van onsekerheid en twyfelagtigheid.   

Of dit nou koskook is, tuinmaak, skilder, naaldwerk, houtsneewerk, skryf van 'n roman of skryf in 'n joernaal, kralewerk, koper- of pewterwerk - die lys is oneindig - elkeen van ons het 'n uitlaatstelsel nodig waardeur ons kan stoom afblaas en 'n bietjie tyd by onsself kan bestee.   

Dink aan vanoggend toe jy wakker geword het. Het jy vol vreugde uit die bed gespring, jou gedagtes vol idees vir jou volgende projek of wat dalk op jou om-te-doen-lys is? Die eerste oomblikke wanneer jy wakker word in die oggend is die mees wonderlikste van al vier-en-twintig uur wat voorlê. Dit is die oomblik wanneer jy weet dat absoluut enige iets kan gebeur in die dag wat voor jou uitgestrek lê.   

Om jou dag te begin met 'n sak vol idees en planne lewer altyd positiewe resultate!   

Onthou, jy is 'n spieël ... as jy jou dag begin deur vreedsaam, tog opgewonde, te voel, sal daar die hele dag vrede en lus vir die lewe in jou lewe weerspieël word.   

Skeduleer tyd vir jou kreatiwiteit - maak nie saak hoe besig jou roetine is nie, stel 'n spesifieke tyd vas wanneer jy gaan doen waarvoor jy lus is, daai ding wat, wanneer jy daarmee besig is, die tyd só laat vlieg dat 'n paar uur verbygaan sonder dat jy dit besef.   

Wanneer jy jou passie volg kan elke dag soos 'n vakansie dag voel!

::

Wednesday, May 30, 2012

Goed voel is 'n Leefstyl!



     'n Passievolle lewe is meer as net 'n filosofie meer as onbenullige wense vir geluk in jou gedagtes. Dis nie 'n probleem-vry-, feëverhaal-bestaan nie en dit belowe ook nie rykdom en faam nie.

    Eerder, dis 'n bestaan wat bewustelik gekies is, bewustelik ontwerp is en 'n bestaan wat verantwoordelik gelewe word. Dit is 'n besluit omtrent wat jy wil vermag. Dit is om sonder huiwering deur elke storm van die lewe te beweeg  en om wyser en sterker anderkant uit te kom. Dit is om aanhoudend te leer, lief te hê en te groei.

    'n Passievolle lewe is 'n vervulde lewe, 'n voelgoed lewe. Dit laat jou toe om te sê, "Hierdie is belangrik en ek gaan dit volstoom doen!"

    'n Passievolle lewe bedoel jy neem verantwoordelikheid vir jou keuses, jou aksies en jou ondervindings. Dit bedoel jy beweeg vorentoe van hierdie dag sonder self-opgelegde limitasies, klagtes of spyt.

    Om passievol te lewe is om entoesiasties te lewe. Kombineer aksie en passie en jy sal entoesiasme beleef. En dit is maklik om entoesiasme met andere te deel want entoesiasme is aansteeklik.

    Deel vandag jou entoesiasme vir die lewe met iemand 'n vriend, 'n medewerker, familielid of selfs iemand wat jy nog nooit tevore ontmoet het nie. 

    'n Passievolle lewe is 'n inspirerende geskenk wat die wêreld vir baie generasies kan ophelder!

Liefde groete,
Maree

    ::
     

Tuesday, May 29, 2012

Presies waar jy moet wees (Affirmasie)


Affirmasie : 
Vandag is ek presies waar ek moet wees. Ek herken groei in my spirituele vooruitgang op pad na geluk. 

Om oorvloed te beleef, om waarlik gelukkig in hierdie lewe te wees, moet jy vir NOU leef, gelukkig wees met waar jy jouself NOU bevind en nie alewig dink, 'môre sal dit beter wees' of 'eendag sal ek daai groot huis besit' nie. 

Maar nou kan jy sê ek weerspreek myself - wat van die feit dat ons moet DROOM en groot vooruitsigte moet hê? Wat van 'dit waaraan jy dink, word werklikheid'? Ek stem saam, ons moet droom en visualiseer wat ons wil hê, dit is hoe die Heelal vir ons voorsien. Waarvan ek praat is die feit dat mens EERS gelukkig moet wees met wat jy het, gelukkig moet wees met waar jy nou is. Jy kannie ongelukkig voel terwyl jy dink aan wat jy wil hê nie en verwag dat die Heelal dit moet voorsien nie. Jou werklikheid is NOU en hoe jy nou voel is waarop die Heelal reageer. 

Deur gelukkig en dankbaar te voel terwyl jy op pad is na waar jy wil wees verseker jy dat alles waarvan jy droom werklikheid sal word.

::

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...