Dis alweer amper
vakansie tyd! Vir baie tower dit visies op van nostalgie en opwinding, vir
ander paniek oor die lang Dinge-Om-Te-Doen-lys en groeiende uitgawes. Gedurende
hierdie tyd is SELFSORG meer belangrik as ooit...
Jy kan hierdie jaar 'n
wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen beleef maak nie saak hoe groot jou
begroting is of wat mense se houdings om jou is nie.
Volg die stappe hier
onder en skep jou gelukkigste en maklikste vakansieseisoen ooit!
Sewe stappe om 'n
Spesiale Vakansieseisoen te skep
1. Identifiseer Wat Jy
Wil HĂȘ
Neem 'n oomblik en
maak jou oë toe - dink aan die komende vakansietyd. As jy dit volmaak kon skep,
presies net soos jy dit wil hĂȘ - hoe sal jou vakansie lyk?
Sluit dit in om tyd
deur te bring saam met die familie?
Moet die inkopies
vinnig en maklik gedaan wees?
Miskien 'n reis na 'n
eksotiese destinasie?
Wat dit ookal is, neem 'n bietjie tyd en skryf
dit op 'n stukkie papier.
2. Bepaal Jou Voorneme
Noudat jy besluit het
wat jy van die vakansie verwag, stel 'n voorneme om dit te bewaarheid. Voorname is 'n
eenvoudige, dog uiters magtige
platform vir manifestasie. Wanneer jy helderheid bereik omtrent jou ideale
vakansietyd, dan stel jy jou voorneme (en plaas jou bestelling met die Heelal).
Skryf nou jou voornemes onder jou notas wat jy
gemaak het vir 'n perfekte vakansieseisoen.
Begin met "My
voornemes vir die vakansie sluit
in ..." en maak 'n lys van alles wat jy wil hĂȘ. Aan die einde van die lys, sĂȘ "Dit alles en nog Meer!",
waardeur jy die voorneme stel om te ontvang vir dit waarvoor jy gevra het.
3. Bepaal Strukture om
Jou Voornemes te Ondersteun
'n Nuwe gewoonte
verlang 'n ondersteunings-struktuur om dit te help bewaarheid, bv. as jy jou
eet gewoontes wil verander, laat familie en vriende weet, verwyder alle
"sonde-kos" uit die huis, vra vir ondersteuning, ens. sodat daar nie
later probleme is nie.
Om 'n wonderlike
vakansieseisoen te skep is 'n similĂȘre proses. Jy weet
wat jy wil hĂȘ en jy het jou voornemes gestel. Die volgende stap is om jou plan
te ondersteun en te beskerm.
4. Maak Besluite
Gebasseer op Jou Visie
Een van die beste bykomstige gevolge van
'n helder visie omtrent jou droom is dat jy dit kan gebruik om besluite te
neem.
Byvoorbeeld, as jou voorneme vir die vakansie
is om tuis te bly met jou familie en jy kry 'n oproep van jou skoon-ouers wat
sĂȘ hulle wil kom kuier, dan weet jy presies hoe om te reageer! As jou
voorneme is om minder geld op geskenke te spandeer, dan kan jy almal waarsku dat dit is wat jy
van plan is om te doen en sodoende konflik vermy.
5. Beoefen
Self-Sorg
Soos die Lugwaardin
vermaan, 'sit eerste jou eie suurstof masker op voor jy probeer om andere te
help, want as jy nie kan asemhaal nie, kan jy niemand anders help
nie" —dit bedoel jy moet eers vir jouself sorg
voor jy vir ander kan sorg. Prioritiseer jou self-sorg items bo aan jou
Dinge-Om-Te-Doen-lys en ek waarborg jy sal meer energie en vitaliteit hĂȘ om al
jou take te verrig.
Self—sorg items kan as volg wees :
~ trakteer jouself met
'n lekker skuimbad of massering
aan die einde van 'n lang inkopiedag;
~ doen elke oggend 'n
meditasie of 'n gebed om helderheid te kry vir die dag wat voorlĂȘ;
~ of se "nee"
aan vakansie uitnodigings waarvoor jy nie lus is nie.
6. Maak dit Pret!
Vakansietyd kan baie
stresvol wees. Jy moet geskenke koop en toedraai, kos voorberei, besige
winkelsentrums, ens. Al verkies almal om jou om stresvol te wees, kan jy kies
om pret te hĂȘ.
Dit kan insluit om vir mense te glimlag
(selfs die knorrige lot!) of om iets nuuts by jul normale viering te voeg.
As jy nie seker is hoe om pret te beplan nie,
neem 'n oomblik en bestudeer kinders. Hulle lief hierdie tyd van die jaar en is
vol opwinding. Aap hulle net na!
7. Hou dit
Maklik!
Met die beplanning en
uitvoering van jou vakansie planne, onthou om dit maklik te hou. Sodra jy
oorstelp begin voel, vra jouself hoe dinge 'n bietjie makliker kan maak. Jy kan
dalk familie en vriende waarsku dat jy beplan om 'n 'maklike'
kersseisoen te hĂȘ en vra of hulle
enige idees het.
Deur te hou by jou planne vir die vakansies en
deur hierdie eenvoudige stappe te volg, kan jy jou beste kersseisoen OOIT
beleef!
Ek wens almal 'n voorspoedige
vakansieseisoen and Hit the easy button
folks!
Groete,