.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Tuesday, September 15, 2015

Selfsorg en Vreugde



Ek hoor so baie vrouens kla oor die feit dat hulle nooit tyd vir hulself het nie en dat 'n ma en vrou se prioriteite altyd laaste kom. Hulle glo dit is maar hoe die lewe werk, en hoe gouer hul dit aanvaar, hoe makliker gaan hul deur die lewe gaan.

Waar stop 'n ma se veranwoordelikheid? Hoekom voel ons so skuldig oor als? Hoekom is ons so perfeksionisties waar dit die familie en ander se behoeftes aangaan, maar nie ons eie nie?

Van al die dinge wat ons lewens beϊnvloed, is ons oortuigings-sisteem seker die mees belangrikste.

Wat ons glo vorm ons uitkyk en gedrag en houding en as ons ons lewens wil verander en transformeer, kan ons dit nie doen sonder om ons oortuigings-stelsel te verander nie.

As ons waarlik ons lewe wil verander, moet ons leer om ons geloofstelsel te verander. Die goeie nuus is dat dit nie so moeilik is as wat dit klink nie! Vasbeslotenheid en dedikasie is al wat dit vat.

Ongelukkig vir meeste van ons, het ons meer self-limitasie oortuigings as konstruktiewe oortuigings. Ons GLO dat almal se behoeftes voor ons eie moet kom - ons kinders, ons eggenote, ons vriende - en dan is dit goed genoeg dat ons kry wat oor is. Dit is die EEN groot rede hoekom ons voel of ons vassit en asof ons 'n slagoffer van die noodlot is, dat ons nie in beheer van ons eie lewe is nie.

Die oomblik wat ons hierdie self-limiterende oortuigings verruil vir meer positiewe oortuigings, sal ons houding en gedrag outomaties verander om in te pas met ons nuwe oortuigings en nuwe en meer bevrydende moontlikhede in ons lewe aantrek.

Onthou toe jy laas op 'n vliegtuig was? Die lugwaardin het verduidelik wat jy moet doen in geval van 'n noodtoestand en het gesĂȘ,

"Indien jy saam met ander mense reis wat hulp nodig sal hĂȘ, sit asseblief eers jou eie suurstofmasker aan voordat jy die ander mense help."

Eenvoudige konsep, nĂȘ?

Jy kannie iemand anders help as jy nie kan asemhaal nie!

Selfsorg is dieselfde.

Selfsorg is die absolute fondasie vir enige suksesvolle onderneming; of dit nou 'n besigheid is, of as 'n ouer, vennoot of vriend - van 'n pure fisiese standpunt, hoe beter jy agter jouself kyk, hoe meer energie het jy om in jou lewe in te sit.

Van 'n energie standpunt, hoe meer gebalanseerd en gelukkig jy voel, hoe makliker kan jy jou lewe genotvol vervul.

Benewens, die manier wat jy jouself behandel, wys aan ander dat jy verwag dat hulle jou goed behandel.

Byvoorbeeld, as jy 'n unieke tipe diens of produk lewer en jy vra nie vir betaling nie, dan stel dit voor dat geld nie vir jou belangrik is nie, en kan jou kliënte dalk dink jou diens is nie waardevol of van belang nie.

Dink vir 'n oomblik aan die week wat verby is :

Het jy tyd gehad vir jouself?
Wie se behoeftes het eerste gekom - joune of almal om jou?
Het jy 'ja' gesĂȘ vir dinge waarvoor jy liewers wou 'nee' sĂȘ?
Het jy gevoel jou tyd was jou eie?

Stap #1: Skeduleer tyd vir self-sorg
Die wĂȘreld gaan jou nie vra of jy ekstra tyd vir jouself nodig het nie - dis jou werk om die grensperk te stel en tyd vir jouself te maak!

'n Maklike manier om jouself 'n prioriteit te maak en 'n sterk fondasie te lĂȘ vir selfsorg is om 'n tyd te skeduleer, dieselfde soos jy tyd skeduleer vir al jou take gedurende die dag, maar sit selfsorg EERSTE in jou beplanner.

Om geld te spaar, sĂȘ die deskundiges jy moet 10% van jou inkomste eenkant sit sodat jy dit nie spandeer nie. Dis dieselfde met tyd vir jouself.

Elke week, besluit watter selfsorg dinge is vir jou belangrik en sit dit in jou beplanner. Wil jy yoga doen? Wil jy 5 minute mediteer in die oggend? Wil jy al die familie oorhĂȘ vir ete Woensdag aande? Wat van jou haarbestelling? Besluit wat is vir jou belangrik en skryf dit in en beplan die res van jou tyd om dit. Jy sal verbaas wees hoe maklik en bemagtigend dit kan wees!

Stap #2: Soveel moontlik, sĂȘ alleenlik JA as jy dit regtig bedoel
Vind jy gereeld dat jy ja sĂȘ vir versoeke wanneer jy wens jy kon nee gesĂȘ het? Hoe laat dit jou voel? Voel jy gegrief om ĂȘrens te wees waar jy nie wou wees nie? Natuurlik sal daar altyd aktiwiteite wees wat jou aandag moet geniet en waarvoor jy nie lus is nie, maar daar is ook gewoonlik altyd keuses rondom hulle.

Probeer hierdie :

- Wanneer iemand jou vra om iets te doen, huiwer, haal diep asem en dink regtig na daaroor.
- As dit jou nie genoeg tyd gee nie, sĂȘ jy moet eers jou dagboek nagaan.
- Wanneer jy besluit, voel wat jou liggaam en jou verstand jou vertel.
- Wees bewus van die seine vir elke besluit en gee dan jou antwoord.
- Hierdie sal dalk eers baie selfsugtig voel, maar dit is eintlik respekvol, vir jouself en ander.

Byvoorbeeld, as jy na 'n partytjie gaan en jy wou nie eintlik nie, dink jy nie andere kan dit aanvoel nie? Liggaamshouding spreek volumes!

Dit word gesĂȘ dit neem 21 dae om 'n nuwe gewoonte te vorm - gedurende die volgende maand, beoefen selfsorg op nuwe maniere, wees bewus van jouself en erken elke manjifieke selfsorg stap wat jy neem.

Wees ekstra gaaf teenoor jouself, en onthou om jou masker op te sit!

- Jy is die enigste een wat in jou behoeftes kan voorsien.
- Dit is jou taak on jouself eerste te stel in jou lewe, wetende dat jy dan voller kan  konnekteer met almal om jou.
- Dit bedoel jy is 'n beter eggenote, vriend, ouer, ens.

Deur meer vrede in jou lewe te bewerkstellig, is daar meer vrede in die wĂȘreld.

Red die wĂȘreld vandag deur uitstekend vir jouself te sorg!

::

Saturday, August 22, 2015

Thursday, June 25, 2015

Dankverklaring 4 - Ek is dankbaar ek is gebore (Affirmasie)


Ek is dankbaar dat ek gebore is - 
Ek is dankbaar vir my huis, my motor, 
my familie, my vriende, my gesondheid 
en die gevoel van genot wat ek elke dag beleef.

::

Wednesday, April 22, 2015

Vertroue, Geloof en Hoop



VERTROUE
Eendag het al die dorpsmense besluit on te bid vir reën. Op die biddag het al die mense bymekaar gekom in die dorpsplein - en net een seuntjie het opgedaag met 'n sambreel...
dis Vertroue

GELOOF
Geloof behoort te wees soos die gevoel wat 'n een-jaar oue baba het wanneer jy hom in die lug opgooi, hy lag ... want hy weet jy sal hom vang...
dis Geloof

HOOP
Elke aand gaan slaap ons sonder die wete dat ons die volgende oggend sal wakker word, en tog maak ons planne vir mĂŽre...
dis Hoop

.

Friday, April 10, 2015

7 Stappe om Positief te dink



Het jy al moedeloos gevoel en lus gehad om tou op te gooi? Dan kom iemand by jou en sĂȘ: “Jy moet net positief wees.” Ja, die meeste van ons het al so ‘n boodskap van iemand gekry.

Miskien het jy ook al vir ‘n vriend of familielid dieselfde gesĂȘ: “Moenie so negatief wees nie, bly net positief en dinge sal sommer beter gaan.”

7 Stappe om Positief te dink

Ons kan ons sekerlik hiermee vereenselwig: dink positief!! Maar nou sal jy saamstem dis somtyds ‘n clichĂ© wat ‘n mens gebruik sonder om na te dink oor hoe doen jy dit nou eintlik. Hoe moet ‘n mens nou maak om positief te dink? Hier volg sewe stappe vir ‘n positiewe uitkyk:

1.       Leef dankbaarheid elke oomblik:  Leer om elke oomblik te waardeer vir wat dit is. Byvoorbeeld jy gaan strand toe om ‘n heerlike dag van sonskyn, blou see, sambrele en roomys te geniet. Daar aangekom, begin die wind opkom en reĂ«n sif neer. Plaas van ongelukkig te voel, geniet eerder oomblik. Geniet die wind, sing in die reĂ«n, lag vir almal wat skarrel om ‘n skuiling te vind. Leef die intensiteit van die oomblik. Nog ‘n voorbeeld: jy ry deur die Karoo en kry ‘n papwiel. Eerder om dikbek te wees oor die ongerief wat jou tref, klim uit en gaan sit langs die pad. Luister na die groot stilte van die Karoo en trek jou vingers deur die warm sand. Wees bly jy vir so ‘n besondere oomblik wat jy in die Karoo ervaar. Ek dink hier onwillekeurig aan die woorde van Henri Matisse: “Daar is altyd blomme vir diegene wat dit graag wil sien.”

2.       Leef met humor:  Jy moet elke dag kan lag. Lag is helend. Lag maak gesond. Leer om humor in situasies in te sien. Oefen om iets komies te sĂȘ. Vind iets snaaks in ‘n spanningvolle moment en sĂȘ dit vir die mense rondom jou. Humor vereis kreatiwiteit. Dit maak jou denke oop. Soek humor in iets en dit dwing jou om anders te dink. Dit stimuleer jou brein, dit gee lewe.

3.       Leef jou droom voluit:  Instede daarvan om te kla oor wat gebeur het, skep vir jou vorentoe-kyk denke. Moenie vaskyk oor die onreg teenoor jou gedoen nie, maar fokus op jou toekoms. “Dit neem slegs een positiewe gedagte om ‘n kans te kry om te oorleef en te groei, om ‘n hele krygsmag van negatiewe gedagtes te oorrompel.” (Robert H. Schuller). Moenie neul oor verspilte kanse nie, maar ywer aan geleenthede wat nou rondom jou is. Werk onverpoosd en kreatief aan jou drome en leef jou lewe met passie.

4.       Kry jou plek agtermekaar en netjies: Kry jou huis, lessenaar, leefomgewing, en jou werksruimte georden en sorteer alles uit. Wanneer dinge op hul plek is, dis netjies en jou ruimte is sistematies en goed gerangskik, voel jy sommer beter. Dit skep ‘n atmosfeer en energie om daadwerklik iets aan jou probleme te doen en om nuwe geleenthede beter te benut.

5.       Omring jouself met positiewe mense:  Positiewe mense stimuleer jou tot positiewe denke, terwyl die negatiwiteit van mense afbrekend op jou gestel inwerk. Wanneer jy met mense praat en handel, moenie op swartgallige en negatiewe aspekte fokus nie. Waag eerder met humor en positiwiteit en jy sal sien hoe jy die regte tipe mense nader aan jou trek.

6.       Vergeet vrees, voluit vorentoe:  Vrees vir allerhande dinge maak jou depressief, gespanne, bang en negatief. Dit kan vrees wees vir finansiĂ«le probleme, ‘n knorrige baas, ‘n slegte situasie of ‘n oorlading van werk. Maar weier om te fokus op vrees. Analiseer die vrees, deurdink oplossings en doen aksiestappe om die probleem te hanteer. Konsentreer dan met alles wat jy het op jou doelwitte en die pad waarlangs jy vorentoe stap. Skuif twyfel en vrees gedagtes doelbewus uit, en gee al jou energie en denke vir jou drome. Neem een dag op ‘n keer, en hanteer daardie dag voluit en positief. Swami Vivekananda het gesĂȘ: “Wanneer jy dink oor rampspoed, dan sal jy dit kry. Broei oor die dood en jy verhaas jou afsterwe. Dink positief en meesterlik met vertroue en geloof, en die lewe word meer beskut, voller met aksie, ryker in prestasie en ondervinding.”

7.       Leef met geloof:  Jy het hierdie een lewe.
Glo in jouself en waag met alles wat jy het om voluit te lewe.
Glo dat jy suksesvol sal wees.
Glo dat jy jou probleme en struikelblokke in geleenthede sal omskep.

Aanvaar die uitdagings van die lewe en bou jou toekoms. Om te glo in jouself is om ‘n werklikheid te skep waarin jy met selfvertroue en positiwiteit kan funksioneer. En jy kan maar glo in jouself, want jy is mens geskape na die beeld van God. Iemand het eenkeer gesĂȘ: “Wanneer die son opkom, kom dit op vir iedereen.”

 Ja, die son kom elke oggend ook vir jou op, sodat jy met positiwiteit en vreugde kan leef en werk.

Groete,

MAREE


.

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...