.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Wednesday, November 30, 2022

Maklike, Vreugdevolle Vakansietyd Gewaarborg



Dis alweer amper vakansie tyd! Vir baie tower dit visies op van nostalgie en opwinding, vir ander paniek oor die lang Dinge-Om-Te-Doen-lys en groeiende uitgawes. Gedurende hierdie tyd is SELFSORG meer belangrik as ooit...

Jy kan hierdie jaar 'n wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen beleef maak nie saak hoe groot jou begroting is of wat mense se houdings om jou is nie.

Volg die stappe hier onder en skep jou gelukkigste en maklikste vakansieseisoen ooit!

Sewe stappe om 'n Spesiale Vakansieseisoen te skep

1. Identifiseer Wat Jy Wil HĂȘ 
Neem 'n oomblik en maak jou oĂ« toe - dink aan die komende vakansietyd. As jy dit volmaak kon skep, presies net soos jy dit wil hĂȘ - hoe sal jou vakansie lyk? 

Sluit dit in om tyd deur te bring saam met die familie? 
Moet die inkopies vinnig en maklik gedaan wees?
Miskien 'n reis na 'n eksotiese destinasie?

Wat dit ookal is, neem 'n bietjie tyd en skryf dit op 'n stukkie papier.
  
2. Bepaal Jou Voorneme 
Noudat jy besluit het wat jy van die vakansie verwag, stel 'n voorneme om dit te bewaarheid. Voorname is 'n eenvoudige, dog  uiters magtige platform vir manifestasie. Wanneer jy helderheid bereik omtrent jou ideale vakansietyd, dan stel jy jou voorneme (en plaas jou bestelling met die Heelal).

Skryf nou jou voornemes onder jou notas wat jy gemaak het vir 'n perfekte vakansieseisoen.

Begin met "My voornemes  vir die vakansie sluit in ..." en maak 'n lys van alles wat jy wil hĂȘ.  Aan die einde van die lys, sĂȘ  "Dit alles en nog Meer!", waardeur jy die voorneme stel om te ontvang vir dit waarvoor jy gevra het.                  

3. Bepaal Strukture om Jou Voornemes te Ondersteun  
'n Nuwe gewoonte verlang 'n ondersteunings-struktuur om dit te help bewaarheid, bv. as jy jou eet gewoontes wil verander, laat familie en vriende weet, verwyder alle "sonde-kos" uit die huis, vra vir ondersteuning, ens. sodat daar nie later probleme is nie.

Om 'n wonderlike vakansieseisoen te skep is 'n similĂȘre proses. Jy weet wat jy wil hĂȘ en jy het jou voornemes gestel. Die volgende stap is om jou plan te ondersteun en te beskerm.

4. Maak Besluite Gebasseer op Jou Visie  
Een van die beste bykomstige gevolge van 'n helder visie omtrent jou droom is dat jy dit kan gebruik om besluite te neem.

Byvoorbeeld, as jou voorneme vir die vakansie is om tuis te bly met jou familie en jy kry 'n oproep van jou skoon-ouers wat sĂȘ hulle wil kom kuier, dan weet jy presies hoe om te reageer! As jou voorneme is om minder geld op geskenke te spandeer, dan  kan jy almal waarsku dat dit is wat jy van plan is om te doen en sodoende konflik vermy.

5. Beoefen Self-Sorg   
Soos die Lugwaardin vermaan, 'sit eerste jou eie suurstof masker op voor jy probeer om andere te help, want as jy nie kan asemhaal nie, kan jy niemand anders help nie"  dit bedoel  jy moet eers vir jouself sorg voor jy vir ander kan sorg. Prioritiseer jou self-sorg items bo aan jou Dinge-Om-Te-Doen-lys en ek waarborg jy sal meer energie en vitaliteit hĂȘ om al jou take te verrig. 

Self—sorg items kan as volg wees :

~ trakteer jouself met 'n lekker skuimbad of  massering aan die einde van 'n lang inkopiedag;

~ doen elke oggend 'n meditasie of 'n gebed om helderheid te kry vir die dag wat voorlĂȘ;  
     
~ of se "nee" aan vakansie uitnodigings waarvoor jy nie lus is nie.

6. Maak dit Pret!  
Vakansietyd kan baie stresvol wees. Jy moet geskenke koop en toedraai, kos voorberei, besige winkelsentrums, ens. Al verkies almal om jou om stresvol te wees, kan jy kies om pret te hĂȘ.

Dit  kan insluit om vir mense te glimlag (selfs die knorrige lot!) of om iets nuuts by jul normale viering te voeg.       

As jy nie seker is hoe om pret te beplan nie, neem 'n oomblik en bestudeer kinders. Hulle lief hierdie tyd van die jaar en is vol opwinding. Aap hulle net na! 
  
7. Hou dit Maklik!     
Met die beplanning en uitvoering van jou vakansie planne, onthou om dit maklik te hou. Sodra jy oorstelp begin voel, vra jouself hoe dinge 'n bietjie makliker kan maak. Jy kan dalk familie en vriende waarsku dat jy beplan om 'n 'maklike' kersseisoen te hĂȘ  en vra of hulle enige idees het.
   
Deur te  hou by jou planne vir die vakansies en deur hierdie eenvoudige stappe te volg, kan jy jou beste kersseisoen OOIT beleef!

Ek wens almal 'n voorspoedige vakansieseisoen and Hit the easy button folks!

Groete,

Saturday, June 11, 2022

Jy is 'n Skepper; Jy Skep Met Jou Gedagtes



Meesal skep jy outomaties want jy ontvang waaroor jy dink, of jy dit nou wil hĂȘ of nie, maar jy weet deur hoe jy voel of dĂ­t wat jy ontvang (skep) is wat jy wil hĂȘ. (Waar is jou aandag gefokus?) 

Jy is 'n Fisiese Verlenging van DĂ­t Wat Nie-Fisies is
Alles-Wat-Is, of die Heelal, is nie klaar en wag vir jou om op te vang nie. Jy is die voorbeeld van Gedagte wat meer nastreef : meer van alles wat goed voel meer van dĂ­t wat nuut en glorieryk is. (Jy bring, in wese, hemel na aarde.)


Die Grondstuk van Jou Lewe is Vryheid; Die Doel van Jou Lewe is Vreugde
Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou groei sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.)
  
Enige Iets Wat Jy Jou Kan Voorstel is Joune om te Doen of te Besit
Sodra jy jouself vra hoekom jy dit wil hĂȘ, word die kern van jou begeerte ge-aktiveer. Hoe sterker jou positiewe gevoelens hoe vinniger ontvang jy dit. (Dit is ewe maklik om 'n kasteel to skep as is 'n knoop.)
  
Die Heelal Het Jou Lief; Want Dit ken jou Diepste Begeertes
Jy het na hierdie aarde gekom met groot en wonderlike voornemes en lei jou gedurig op jou gekose paadjie. Wanneer jy goed voel dan laat jy meer in van dĂ­t wat jy jou voorgeneem het. (Jy verpersoonlik inspirasie en lewenskrag.)

Ontspan Tot in Jou Natuurlike Welwillendheid. Alles is Volkome in Ewewig. (Regtig, dit is!)
Die kern van alles wat jy waardeer vloei gedurig tot in jou realiteit. Soos jy meer vind om te waardeer, sal jou toestand van waardering meer kanale skep om voor dankbaar te voel. (Terwyl jy dink, vibreer jy. Terwyl jy vibreer, skep jy.)

Jy is 'n Skepper van Gedagtebane Omtrent Jou Eie Pad van Vreugde
Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe.)

Aksies Wat Jy Neem en Geld Wat Jy Verruil is By-produkte van Jou Fokus Op Vreugde
Op jou bewustelike genotvolle reis sal jou aksies geϊnspireerd wees, jou hulpbronne sal oorvloedig wees en jy sal weet deur hoe jy voel dat jy jou motief vir die lewe vervuldig.
(Meeste het dit agterstevoor, so hulle voel vreugde in hul aksies of besittings.)

Jy Kan Van Jou Liggaam Afskeid Neem Sonder Siekte of Pyn
Dit is nie nodig dat jy siekte of pyn aantrek as 'n verskoning om hierdie lewe te verlaat nie. Jou natuurlike keuse van om hierheen te kom, hier te bly of om te vertrek is een van gesondheid en welwillendheid. (Jy is vry om anders te besluit.)

Jy Kan Nie Sterf Nie; Jy is Ewige Lewe
Met genade kan jy kies om te ontspan en om saggies terug te gly in jou nie-fisiese staat van pure, positiewe Energie. Jou natuurlike staat is een van Ewigheid. (Geniet alles - verhelder! Jy kan dit nie verkeerd kry nie.)

::

Tuesday, June 7, 2022

Laat jou slaapkamer weer stoom



In een van die boeke wat ek onlangs gelees het, A-Z van Seks, sĂȘ Elmari Craig seksuoloog, huweliksberader en skrywer van die boek,

"... seks aan ons gegee om binne die veilige ruimte wat die huwelik skep, te geniet. Ɖ Gesonde seksuele verhouding is die diepste vorm van kommunikasie tussen twee mense wat mekaar intens liefhet en trou aan mekaar belowe het. Dit skep geborgenheid, intimiteit en nabyheid. Dit is die sement wat jou huwelik beskerm. Ɖ Gesonde seksuele verhouding is as’t ware geestelike oorlogvoering vir jou huwelik. Ek glo dat God juis vir ons die seksuele kant van menswees gegee het – nie net vir prokreasie nie, maar ook vir rekreasie, vir die lekker! – om ons liefde vir mekaar te vier en te versterk.”  

Hoewel baie getroude vroue seks binne die huwelik geniet, is daar tog baie skuldgevoelens en wanopvattings wanneer getroude seks ter sprake is. Ons is as seksuele wesens geskape,” verduidelik Elmari. “Ons word so gebore en bly seksuele wesens tot die dag dat ons sterf. Seks is deel van die lewe. Ons word baie onskuldig gebore en mettertyd leer ons om ons seksuele gevoelens te onderdruk – soveel so dat dit selfs moeilik word om oor seks te praat. Baie mans en vroue het min, geen of Ɖ negatiewe seksuele opvoeding gekry. Ons word geĂŻnhibeerd en seksualiteit word Ɖ baie private aangeleentheid, veral met ons Afrikaanse, Calvinistiese agtergrond. Vir meer as 2000 jaar word persepsies oor seksualiteit ook deur godsdiens gevorm, soos byvoorbeeld dat seks sonde is, dat dit nie iets is om te geniet nie en dat dit Ɖ plig eerder as Ɖ plesier moet wees.”  

Elmari ontbloot die drie grootste seksmites wat getroudes steeds glo: “Baie paartjies glo seks is vervelig, dat vrouens nie van seks hou nie – veral nie om te eksperimenteer nie – en dat seks op Ɖ sekere ouderdom nie meer belangrik of reg is nie. Ɖ Vrou kan selfs nĂĄ jare se getroude lewe haar man in die slaapkamer verower as sy met hom WIL seks hĂȘ en dit saam met hom GENIET. Wees oop vir nuwe dinge, probeer af en toe iets nuuts – al is dit dieselfde ding op Ɖ ander manier – en onthou om te lag. Humor in die slaapkamer is kosbaar en essensieel.”


JOU SEKSUELE SIKLUS
Die goue reĂ«l vir die slaapkamer is dat enigiets binne die seksuele verhouding goed en reg is mits albei daartoe instem, gemaklik daarmee is en dit niemand emosioneel of fisiek skade berokken nie,” sĂȘ Elmari. Hier is wat jy in die verskillende fases van jou lewe te wagte kan wees:

•    Seks in jou 20s ...

HOE DIT IS: “Jy en jou maat is in die ontdekkingsfase. Seksualiteit is Ɖ proses om jou liggaam en behoeftes, sowel as die van jou maat, te leer ken.”

WAT IS NORMAAL: “Mans piek seksueel in hulle vroeĂ« twintigs, maar vroue eers in hulle vroeĂ« dertigs. In hierdie lewensfase waar alles nog opwindend is, het julle dalk meer gereeld seks as in die later jare.”

ALGEMENE PROBLEME: “Ɖ Gebrek aan seksuele begeerte is algemeen by vroue aangesien hulle hul seksdrang lank onderdruk het en dit nĂĄ die troue weer moet optower. Paartjies kan ook  Ɖ verskil in seksdrang ervaar terwyl sommige mans voortydige ejakulasie ondervind. Vaginismes, waar die kringspiere van die vagina sĂł saamtrek dat penetrasie onmoontlik is, word gewoonlik ook in hierdie fase gediagnoseer. Spreek Ɖ seksuoloog aangesien al hierdie probleme oplossings het.”

GROOTSTE UITDAGING:  “Omdat seks Ɖ nuwe ervaring vir albei van julle is, is die grootste uitdaging om met mekaar te praat en gemaklik te raak met jou eie en jou maat se seksualiteit. Aanvaar seks as ’n Godgegewe gawe.”

DIE PLUSPUNT: “Julle is jonk en jeukerig en het krag vir allerhande nuwe dinge. Maak die beste van hierdie lewensfase waartydens julle net op mekaar ingestel hoef te wees.”


•    Seks in jou 30s ...

HOE DIT IS: Gewoonlik het diĂ© lewensfase baie uitdagings soos loopbaaneise, swangerskap en pienkvoete. Slapelose nagte en borsvoeding is dikwels nie bevorderlik vir erotiese gedagtes nie. Dit is egter ook in hierdie fase waar die vrou gewoonlik haar seksuele piek bereik en sy uiteindelik met haarself en haar behoeftes kan vrede maak.”

WAT IS NORMAAL: “Ɖ Fokus op die kwaliteit van die seksuele aktiwiteit eerder as die kwantiteit van seks is hier baie belangrik. In hierdie fase is die fokuspunt wedersydse behoeftebevrediging.”

ALGEMENE PROBLEME: “Soms kan Ɖ gebrek aan seksuele begeerte in hierdie fase ontwikkel weens die eise van die lewe, Ɖ gebrek aan emosionele intimiteit in die huwelik of onopgeloste konflik of gevoelens wat oor tyd opgebou het. Al hoe meer mans in hulle dertigerjare begin ook erektiele disfunksie ervaar weens hulle besige lewenstyle of erge spanning.”

GROOTSTE UITDAGING: “Stres en tydsbestuur vir emosionele en fisieke intimiteit is in hierdie fase die groot sondebok. Bly fokus op jou huwelik en jou huweliksmaat as eerste prioriteit, dan julle kinders en dan jou werk.”

DIE PLUSPUNT: “Jy het die insig om met jouself vrede te maak. Jy en jou maat ken julle seksuele behoeftes en kan nou openlik daaroor kommunikeer. Geniet dit!”

•    Seks in jou 40’s ...

HOE DIT IS: “Jy en jou maat kan nou net julleself wees. Jy het die wysheid om te weet dat niks perfek is nie. Jy kan gemaklik wees en van al jou inhibisies ontslae raak. Jou seksualiteit kan blom aangesien julle waarskynlik nou meer tyd het en die kinders meer onafhanklik is.”


WAT IS NORMAAL: “Jou estrogeenvlak mag begin daal en jy kan peri-menopousale simptome soos warm gloede, ongereelde maandstondes of vaginale droogheid begin ervaar. Hou dus altyd Ɖ smeermiddel byderhand. Jou man het waarskynlik langer en meer direkte stimulasie van sy penis nodig en het ook Ɖ langer refraktoriese fase (die tyd wat dit neem om weer Ɖ ereksie te kry).”

ALGEMENE PROBLEME: “Vaginale droogheid is in hierdie fase Ɖ algemene probleem en mans kan ook met erektiele disfunksie begin sukkel.”

GROOTSTE UITDAGING: “Dis baie belangrik om met jou veranderende lyf vrede te maak en mekaar op Ɖ nuwe vlak seksueel te ontdek. Al speel julle reeds jare lank die spel van die liefde, moet julle probeer om dit opwindend, vars en nuut te hou.”

DIE PLUSPUNT: “Julle ken julle eie en mekaar se liggame en behoort nou gemaklik oor die seksuele te kan kommunikeer. Geniet die voordeel van tyd!” - Elmari Craig

(Ek wonder nou eintlik net wat het geword van seks in die 60's...)

TIEN KENMERKE VAN ’N SEKSGODIN

’n Seksgodin …

1.    is altyd smeulend en sexy, al pas sy nie in Ɖ nommer 32 nie! Sy het selfvertroue, is gemaklik met haar eie liggaam en vrygewig met haar seksualiteit.

2.    is die cheerleader wat haar man soos ’n kampioen-minnaar laat voel.

3.    weet hoe om vir wonderlike seks te beplan en daarvoor tyd te maak.

4.    laat haar man weet hoe baie sy hom en sy lyf geniet.

5.    weet hoe om haarself, die kamer en die oomblik soos Ɖ persent ‘toe te draai’.

6.    maak die slaapkamer Ɖ sensuele koninkryk – dit is nie die plek vir vuil wasgoed en   kinderspeelgoed nie!

7.    is bereid om nuwe dinge te probeer en soms te eksperimenteer. Sy is altyd opwindend, vol verrassings en bereid om van haar inhibisies te vergeet.

8.    weet hoe om haar man seksueel te bevredig. Sy sorg dat sy die regte inligting kry om haar seksuele vaardighede te verbeter en luister na haar man se behoeftes.

9.    gee soms net aan haar sensuele behoeftes oor en oorrompel haar man op Ɖ tyd en plek waar hy dit die minste verwag.

10.weet hoe om die beste te maak van die feit dat mans visueel ingestel is. Sy doen moeite met higiĂ«ne, sensuele onderklere en klere en is soms onvoorspelbaar – ook in hoe sy lyk en aantrek.


WENKE VIR VA-VA-WOEMA!

·       Bedien allerhande verleidelike eetgoed in die slaapkamer en voer dit vir jou minnaar - Ɖ sjokoladefontein of vrugte werk baie goed.

·       Loop Ɖ bietjie braloos met net Ɖ dun T-hempie aan rond wanneer julle weer alleen by die huis is.  

·       Hou Ɖ modeparade vir jou man en modelleer Ɖ paar nuwe sexy items vir hom (al is die kanse goed dat jy dit net vir Ɖ klein rukkie gaan aanhĂȘ!).

·       Verander julle bad in Ɖ luukse spa met allerhande bederfgoed soos olies, smeermiddels en kerse. Wees ook kreatief met die ‘dienste’ wat by die spa jy aan jou man lewer.

·       Gee Ɖ gewone romantiese afspraak nuwe oemf deur Ɖ spesiale tema daaraan te koppel. Hou Ɖ Franse aand en bedien net Franse cuisine. Vir poeding oefen julle dan French kissing.

·       Gebruik die ontmoet-my-tegniek. Los Ɖ boodskap op jou man se foon of nooi hom per e-pos om jou iewers te ontmoet. Los vir hom verleidelike instruksies soos: “Ontmoet my om 18:00 by die Sheraton-hotel se ingangsportaal. Onthou jou tandeborsel.”

·       Gebruik jou rooiste lipstiffie om vir hom Ɖ boodskap op die spieĂ«l te skryf, byvoorbeeld: “MĂŽre mnr. Sexy! Kom ons gaan laai die kinders vanaand vroeg by jou ouers af … ek het Ɖ opwindende plan vir die aand. xxx”

·       Gee hom die oggend Ɖ energiestafie saam werk toe. Sit Ɖ nota daarby om hom in te lig dat hy die energie vir vanaand gaan nodig kry.  

·       SĂȘ vir jou man jy het iewers parfuum aan jou gespuit en dat hy jou moet help om dit op te spoor.  

·       Begroot om elke maand Ɖ sekere bedrag op julle sekslewe te spandeer. Koop items soos luukse lakens, lingerie of gebruik dit vir Ɖ aandjie of naweke saam weg. 

Ek wens almal 'n vreugdevolle en seksie naweek toe!
  
Groete,

MAREE

.

Tuesday, May 31, 2022

Hou op omgee


Om op ons eie terme te lewe, moet ons twee dinge doen :

- Ophou om om te gee... en
- Ons limietperke oorskry.

Kom ons begin by hoekom ons moet ophou om om te gee. Dit mag dalk vir jou skokkend klink, maar baie van dit wat in ons pad staan om ons drome te verwesenlik is die feit dat ons te veel omgee oor dinge wat nie saak maak nie.

Ons gee te veel om oor al die besittings wat ons dink ons moet hĂȘ. Ons gee te veel om oor wat ander mense dink, wat dan verhinder dat ons om vir hulp te vra as ons dit nodig het of vir iets te vra wat ons kan help om ons drome te verwesenlik. Om te veel om te gee oor die feit dat jy nie weet waar om te begin met iets nie, verlam jou en veroorsaak dat jy nie die nodige stappe neem nie.

Daardie soort omgee is nie gesond nie. Dit staan in die pad van die verwesenliking van jou drome.

So die eerste stap is: hou op om om te gee. Jy weet nie hoe om op te hou omgee nie? Dis eenvoudig, moenie dinge kompliseer nie. Verbeel jou jy het 'n warm kool in jou hand. Wat sal jy daarmee doen? Dit onmiddellik laat val, natuurlik. Doen dieselfde met dinge wat nie belangrik is nie. Maak dit jou bang? Ja. Is dit die moeite werd? Hel ja!

Die tweede ding wat jy moet doen is om jou onsekerheids-perke te oorskry. Ons het almal a sekere perk, of drumpel, vir die hoeveelheid onsekerheid wat ons kan hanteer. Vir party is die drumpel baie laag, ons is selfs bang vir die eenvoudige goed soos om met 'n vreemdeling te praat. Vir party is dit iets groter soos om op te hou werk en jou passie te volg. Daar is geen manier waarop jy die uitkoms kan bepaal nie, so dan stop jou onsekerheid jou om aksie te neem.


Die ding is, wat jou terughou, is meesal denkbeeldige vrese. Dis nie gebaseer op feite van wat in die verlede gebeur het of enige werklike inligting nie. Dis alles in jou kop.

So ten einde ons drome na te volg moet ons ophou omgee omtrent dit wat ons nie weet nie. Ons moet ons drumpel van onsekerheid oorskry, ons gemaks-sone verlaat en dan sal ons groter uitdagings kan aanvaar. Begin klein deur met 'n vreemdeling 'n geselsie aan te knoop of deur iemand te vertel hoe jy werklik voel.

Wanneer jy vrees ondervind omtrent iets wat jy wil doen, vra waar daardie angs vandaan kom. Is dit iets werkliks of is dit jou verbeelding? Is jy in lewensgevaar? Indien nie, doen dit wat jy vrees... Stoot jou onsekerheids-perk. Jou drome hang daarvan af.

Hoe meer jy dit doen, hoe minder bang sal jy wees om groter waagstukke aan te gaan. Jy sal verander van 'n muis na 'n leeu. Jou drome sal wortel skiet in die wĂȘreld.

.

Friday, May 20, 2022

My Vier Riglyne vir Welvaart in Jou lewe


Ek het vier riglyne wat ek glo 'n lewe vol oorvloed verseker... vir my werk dit perfek en verseker dat ek nooit iemand onnodiglik seermaak of verkeerd opneem nie... 

Wees onberispelik met jou woord. 
Moenie dinge persoonlik opneem nie. 
Moenie veronderstellings maak nie. 
Doen altyd jou beste. 

::

Uiteensetting :

1. Wees onberispelik met jou woord
Om onberispelik met jou woord te wees, is om te sĂȘ wat jy meen en te meen wat jy sĂȘ. Die manier waarby mense jou waarneem is deur jou gesproke woord asook jou aksies. As jy 'n belofte maak, kom dit so ver moontlik na. As iemand jou vir iets vra of jou vra om iets te doen, dink versigtig daaroor na, want om ja te sĂȘ wanneer jy nie seker is nie of dit nie bedoel nie, is seer sekerlik 'n smet op jou integriteit.

2. Moenie dinge persoonlik opneem nie
Wanneer iemand iets sĂȘ of doen wat jou omkrap, moenie onmiddellik aanneem dat dit teen jou gemik is nie - nie alles gaan oor jou nie en min mense gee genoeg om om jou spesifiek die teiken te maak, en diĂ© wat dit wel met kwaadwilligheid doen, is nie die moeite werd om ontsteld oor te raak nie.

3. Moenie veronderstellings maak nie
Wanneer iemand iets sĂȘ of doen en jy maak 'n veronderstelling dat hulle 'dit of dat' bedoel het, loop jy die gevaar om vir jou 'n hele rits ongeluk op die hals te haal. Byvoorbeeld, as iemand iets belowe het en dit dan nie te na kom nie, en jy 'veronderstel' dat hulle dit nie gedoen het nie omdat hulle nie vir jou omgee nie, maar intussen lĂȘ hulle in die hospitaal met 'n gebreekte been, dan het jy jouself onnodige pyn veroorsaak deur 'n veronderstelling te maak sonder om die ware feite te ken.

4. Doen altyd jou beste
Of dit nou iets kleins of groots is, doen altyd jou beste in wat ookal jy aanpak. Nie alleenlik verhoog dit jou self-beeld nie, maar dit spreek ook van integriteit en wys ook aan ander mense dat jy altyd jou beste lewer en derhalwe ook die beste van almal verwag. Hoe mense jou behandel is direk verwant aan hoe jy jouself behandel.

Wees bewus van jou gedagtes; dit lei na houdings. 
Wees bewus van jou houdings; dit lei na woorde. 
Wees bewus van jou woorde; dit lei na aksies. 
Wees bewus van jou aksies; dit lei na gewoontes. 
Wees bewus van jou gewoontes; dit vorm jou karakter. 
Wees bewus van jou karakter; dit bepaal jou noodlot.

::

Wens jou 'n naweek gevul met sonskyn!

::



LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...