.

Haai, my naam is Maree!

Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.


Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!

dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!

::

Sunday, June 23, 2013

Oorvloed vs Armoede


Het jy al ooit deelgeneem aan 'n resies, of vir 'n uitgestrekte periode voluit gewerk of 'n lang distansie geswem? Onthou jy hoe, kort na jy begin het, jy moeg begin voel het? Onthou jy hoe, voordat jy 'n lang distansie afgelê het, jy gedink het jy het jou uiteinde bereik? Maar onthou jy ook hoe, toe jy aangehou het, jy weer krag gekry het, jou moegheid verdwyn het, jou spiere geklop het met energie en jy letterlik 'n stormaanval van spoed en uithoudingsvermoë beleef het?

Binne in elke mens is magtige reserwes energie waarvan die normale individu nie bewus is nie. Meeste mense is soos die man wat sy motor in eerste rat bestuur, onbewus daarvan dat hy na 'n volgende rat kan verskuif en nie net alleenlik sy spoed kan vermeerder nie, maar ook meer krag kan bespaar.

Die Heelal voorsien mildelik. Daar is oorvloed vir almal. Maar net soos jy moes uithou en volhou om weer krag te kry, so moet jy streef na vervulling van oorvloed vanaf die Heelal.

Die wêreld behoort aan jou. Dit is jou eiendom. Dit voorsien nie alleenlik jou lewe nie, maar voorsien alles wat jy mag begeer. Maar jy moet aandring op hierdie dinge. Jy moet niks vrees nie, vir niks stop nie. Jy moet oorheers, nie ineenkrimp nie.


"Kyk hoe groei die blomme!" Die blomme, die voëls, alle kreasie, is alewig aktief. Die blomme en bome in hulle groei, die voëls en wilde diere in hul nesmaak en soektog vir kos, alewig besig maar nooit bekommerd nie. Jy weet jy benodig hierdie dinge en alles sal voorsien word.

As almal sal ooreenkom om op te hou bekommer - om vlytig te wees, maar nooit angstig oor die uitslag nie - sal dit die begin van 'n nuwe era wees in menslike vooruitgang, 'n tydperk van bevryding en verlossing van gebondenheid.

Waarom is dit dan dat soveel miljoene mense deur die lewe gaan in armoede en ellende, siekte en wanhoop? Hoekom? Hoofsaaklik omdat hulle 'n realiteit maak van armoede deur die vrees daarvan. Hulle visualiseer armoede, ellende en siekte, hulle praat oor armoede en gevolglik bring hulle dit tot verwerkliking.

Die kern van die Wet is dat jy moet oorvloed dink, jy moet oorvloed sien, jy moet oorvloed voel, jy moet oorvloed glo. Moet gladnie aan beperking dink nie. Daar is geen wettige of regmatige begeerte van jou waarvoor, sover dit jou gedagtes aangaan, daar nie oorvloedige vervulling is nie.

En as jy dit in jou gedagtes kan visualiseer, kan jy dit 'n realiteit maak in jou daaglikse lewe.

.

Friday, June 14, 2013

Sukses


Hoe meer jy behaal in die lewe ... hoe groter word jou uitdagings. 

Dis fantasties! 

"Waaaat?" hoor ek jou sê. 

Wel... die manier waarop ek daarna kyk is dat, as my uitdagings groter is, bedoel dit dat ek moes verder vooruit gegaan het as toe my uitdagings kleiner was! 

 En... soos jy seker weet... hoe groter die uitdaging... hoe groter die les wat jy daaruit kan leer! 

Alles gedaan... hoe meer jy groei... hoe meer word jy uitgedaag om vinniger en verder te groei. 

Soos jy een voorheen-gesien-as-onoorkombare berg klim, verskyn 'n nuwe een op die horison. Wat fantasties is... want solank jy klim, beweeg jy vorentoe en nooit agteruit nie. 

En tog, soveel mense gooi tooi op sodra hulle 'n nuwe berg sien. 

Hulle vergeet die ergste is agter die rug omdat hulle die eerste berg klaar baasgeraak het! Dis eintlik baie treurig ... .

Onthou, soos die gesegde sê... ''Die langste reis begin met 'n enkele treë.'' 

Watter stap gaan JY vandag neem? Gaan jy die volgende berg klim...?

::

 

Sunday, February 17, 2013

Die langste reis begin met die eerste tree...


Daar is soveel bestemmings en ontdekkingstogte om van te kies vir 'n reistog dat dit geweldige beplanning vereis om te besluit waarheen jy wil gaan. 

Maar vandag wil ek nie praat oor 'n reistog na Namibië of Switserland of na die bosveld nie - die reistog waaroor ek wil gesels is dié van die ontdekking van jouself - hoeveel van ons weet presies wie of wat ons is? Of wáár ons in ons lewens is? Of waarheen ons op pad is?


Soos hulle sê, "die langste reis begin met die eerste tree...". En om net daardie eerste tree te neem is die belangrikste besluit wat sal lei na die skepping vou jouself, 'n skepping van die self wat sal lei tot wie en wat jy is. 

Soveel mense verlang dat jy jouself op 'n sekere manier moet gedra sodat hulle goed kan voel oor hulself. Hulle veroordeel jou vir jou selfsugtigheid. "Hoe durf jy so selfsugtig wees as om te doen wat jou laat goed voel? Jy moet doen wat ons laat goed voel!" 

Jy is van jongs af al oortuig dat jy nie slim genoeg is om te weet nie en dat iemand anders jou besluite moet neem... Jy kon nie in hierdie kultuur en tye leef sonder om massiewe inligting daaraan verwant to ontvang nie, net soos mense reageer op wat jy doen en sê. 

Dit maak nie eintlik saak watse geloof enigiemand volg nie. As hulle leefwyse vir hulle werk (en daar is baie verskillende benaderings wat baie goed werk) dan hoekom nie hulle toelaat om te glo wat hulle wil glo nie en te wees wat hulle wil wees nie? Alles werk soos dit is en moet. Daar is gelowe waarmee jy niks te doen sal wil hê nie wat perfek werk vir dié wat daarmee betrokke is. En derhalwe is dit dan 'n goeie ding. Elke geloof op die aarde het die potensiaal om te floreer (en daar is sovele meer as waarvan jy bewus is), maar wanneer jy dink jy moet bewys dat jóu geloof die enigste een is wat reg is—en jy gebruik jou veroordeling om daarteen te veg—dan skei jou veroordeling jou van jou verbinding met jou eie geloof. 


Die wêreld neig na uitdruklike gelykvormigheid of eenvormigheid, wat enorme ergernis en droefheid vir die mensdom veroorsaak. Dit is die kern van alle geloofsstrydslagte en geloofsstrydslagte is die kern van al ons strydsslae. Met ander woorde, al die oorloë en globale irritasie wat ons met mekaar voer gaan oor ons vasbeslotenheid om gelykheid en eentonigheid te bewerkstellig. Ons demokrasie hou vol dit is die enigste regering wat reg is en elke geloof (interessant genoeg) hou vol dat dit die enigste een is wat werk. 

Dit maak nie saak wat enigiemand anders doen nie - jou karakter en waar jy jou bevind in hierdie lewe sal bepaal is wat JY doen - Jy kan vrylik kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou wasdom sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit hulle beter sal laat voel.) 

Niemand kan keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy wil doen, wees of verlang, ontvang. 

Deur ander hul eie reistog toe te laat, laat jy joune toe. 

::
 

Sunday, December 23, 2012

Kersgroete 2012


Hiermee aan almal 'n kersdag vol oorvloed. Mag almal van ons wat gelukkig is om families te hê die samesyn geniet en WAARDEER. En as jy dalk reis oor hierdie kerstyd, bestuur versigtig en geniet die rit.

::

Friday, September 7, 2012

Self-sorg en Vakansietyd


Dis alweer amper vakansie tyd! Vir baie tower dit visies op van nostalgie en opwinding, vir ander paniek oor die lang Dinge-Om-Te-Doen-lys en groeiende uitgawes. Gedurende hierdie tyd is SELFSORG meer belangrik as ooit...

Jy kan hierdie jaar 'n wonderlike en vreugdevolle vakansieseisoen beleef maak nie saak hoe groot jou begroting is of wat mense se houdings om jou is nie.

Volg die stappe hier onder en skep jou gelukkigste en maklikste vakansieseisoen ooit!

MAKLIKE, VREUGDEVOLLE VAKANSIETYD GEWAARBORG

Sewe stappe om 'n Spesiale Vakansieseisoen te skep :-



1. Identifiseer Wat Jy Wil HÊ 
Neem 'n oomblik en maak jou oë toe - dink aan die komende vakansietyd. As jy dit volmaak kon skep, presies net soos jy dit wil hê - hoe sal jou vakansie lyk? 

Sluit dit in om tyd deur te bring saam met die familie? 
Moet die inkopies vinnig en maklik gedaan wees?
Miskien 'n reis na 'n eksotiese destinasie?

Wat dit ookal is, neem 'n bietjie tyd en skryf dit op 'n stukkie papier.
  
2. Bepaal Jou Voorneme 
Noudat jy besluit het wat jy van die vakansie verwag, stel 'n voorneme om dit te bewaarheid.

Voorneme is 'n eenvoudige, dog  uiters magtige platform vir manifestasie. Wanneer jy helderheid bereik omtrent jou ideale vakansietyd, dan stel jy jou voorneme (en plaas jou bestelling met die Heelal).

Skryf nou jou voornemes onder jou notas wat jy gemaak het vir 'n perfekte vakansieseisoen.

Begin met "My voornemes  vir die vakansie sluit in ..." en maak 'n lys van alles wat jy wil hê.  Aan die einde van die lys, sê  "Dit alles en nog Meer!", waardeur jy die voorneme stel om te ontvang vir dit waarvoor jy gevra het.                  

3. Bepaal Strukture om Jou Voornemes te Ondersteun  
'n Nuwe gewoonte verlang 'n ondersteunings-struktuur om dit te help bewaarheid, bv. as jy jou eet gewoontes wil verander, laat familie en vriende weet, verwyder alle "sonde-kos" uit die huis, vra vir ondersteuning, ens. sodat daar nie later probleme is nie.

Om 'n wonderlike vakansieseisoen te skep is 'n soortgelyke proses. Jy weet wat jy wil hê en jy het jou voornemes gestel. Die volgende stap is om jou plan te ondersteun en te beskerm.

4. Maak Besluite Gebasseer op Jou Visie  
Een van die beste bykomstige gevolge van 'n helder visie omtrent jou droom is dat jy dit kan gebruik om besluite te neem.

Byvoorbeeld, as jou voorneme vir die vakansie is om tuis te bly met jou familie en jy kry 'n oproep van jou skoon-ouers wat sê hulle wil kom kuier, dan weet jy presies hoe om te reageer! As jou voorneme is om minder geld op geskenke te spandeer, dan  kan jy almal waarsku dat dit is wat jy van plan is om te doen en sodoende konflik vermy.

5. Beoefen Self-Sorg   
Soos die Lugwaardin vermaan, 'sit eerste jou eie suurstof masker op voor jy probeer om andere te help, want as jy nie kan asemhaal nie, kan jy niemand anders help nie"  dit bedoel  jy moet eers vir jouself sorg voor jy vir ander kan sorg. Prioritiseer jou self-sorg items bo aan jou Dinge-Om-Te-Doen-lys en ek waarborg jy sal meer energie en vitaliteit hê om al jou take te verrig. 

Self—sorg items kan as volg wees :

·       trakteer jouself met 'n lekker skuimbad of  massering aan die einde van 'n lang inkopiedag;                 
·       doen elke oggend 'n meditasie of 'n gebed om helderheid te kry vir die dag wat voorlê;        
·       of se "nee" aan vakansie uitnodigings waarvoor jy nie lus is nie.     

6. Maak dit Pret!  
Vakansietyd kan baie stresvol wees. Jy moet geskenke koop en toedraai, kos voorberei, besige winkelsentrums, ens. Al verkies almal om jou om stresvol te wees, kan jy kies om pret te hê.

Dit  kan insluit om vir mense te glimlag (selfs die knorrige lot!) of om iets nuuts by jul normale viering te voeg.       

As jy nie seker is hoe om pret te beplan nie, neem 'n oomblik en bestudeer kinders. Hulle lief hierdie tyd van die jaar en is vol opwinding. Aap hulle net na! 
  
7. Hou dit Maklik!     
Met die beplanning en uitvoering van jou vakansie planne, onthou om dit maklik te hou. Sodra jy oorstelp begin voel, vra jouself hoe dinge 'n bietjie makliker kan maak. Jy kan dalk familie en vriende waarsku dat jy beplan om 'n 'maklike' kersseisoen te hê  en vra of hulle enige idees het.
   
Deur te  hou by jou planne vir die vakansies en deur hierdie eenvoudige stappe te volg, kan jy jou beste kersseisoen OOIT beleef!

Ek wens almal 'n voorspoedige vakansieseisoen and Hit the easy button folks!
 - Maree 


LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...