Meesal skep jy
outomaties want jy ontvang waaroor jy dink, of jy dit nou wil hê of nie, maar
jy weet deur hoe jy voel of dÃt wat jy ontvang (skep) is wat jy wil hê. (Waar
is jou aandag gefokus?)
Jy is 'n Fisiese Verlenging van
DÃt Wat Nie-Fisies is
Alles-Wat-Is,
of die Heelal, is nie klaar en wag vir jou om op te vang nie. Jy is die
voorbeeld van Gedagte wat meer nastreef : meer van alles wat goed voel meer van
dÃt wat nuut en glorieryk is. (Jy bring, in wese, hemel na aarde.)
Die Grondstuk van Jou Lewe is
Vryheid; Die Doel van Jou Lewe is Vreugde
Jy kan vrylik
kies om nuwe paaie van vreugde te ontdek. In vreugde sal jy groei; en in jou
groei sal jy bytel tot Alles-Wat-Is. (Ewenwel is jy ook vry om gebondenheid of
pyn te kies... maar enige iets wat enigeen kies is omdat hulle glo dat dit
hulle beter sal laat voel.)
Enige Iets Wat Jy Jou Kan Voorstel
is Joune om te Doen of te Besit
Sodra jy
jouself vra hoekom jy dit wil hê, word die kern van jou begeerte ge-aktiveer.
Hoe sterker jou positiewe gevoelens hoe vinniger ontvang jy dit. (Dit is ewe
maklik om 'n kasteel to skep as is 'n knoop.)
Die Heelal Het Jou Lief; Want Dit
ken jou Diepste Begeertes
Jy het na
hierdie aarde gekom met groot en wonderlike voornemes en lei jou gedurig op jou
gekose paadjie. Wanneer jy goed voel dan laat jy meer in van dÃt wat jy jou
voorgeneem het. (Jy verpersoonlik inspirasie en lewenskrag.)
Ontspan Tot in Jou Natuurlike
Welwillendheid. Alles is Volkome in Ewewig. (Regtig, dit is!)
Die kern van
alles wat jy waardeer vloei gedurig tot in jou realiteit. Soos jy meer vind om
te waardeer, sal jou toestand van waardering meer kanale skep om voor dankbaar
te voel. (Terwyl jy dink, vibreer jy. Terwyl jy vibreer, skep jy.)
Jy is 'n Skepper van Gedagtebane
Omtrent Jou Eie Pad van Vreugde
Niemand kan
keer waarheen jy jou gedagtes lei nie. Daar is geen einde aan die vreugdevolle
reise wat jy kan ondervind nie. Op die paadjie na jou geluk sal jy alles wat jy
wil doen, wees of verlang, ontvang. (Deur ander hul eie reistog toe te laat,
laat jy joune toe.)
Aksies Wat Jy Neem en Geld Wat Jy
Verruil is By-produkte van Jou Fokus Op Vreugde
Op jou
bewustelike genotvolle reis sal jou aksies geÏŠnspireerd wees, jou hulpbronne sal oorvloedig wees en jy sal
weet deur hoe jy voel dat jy jou motief vir die lewe vervuldig.
(Meeste het dit agterstevoor, so hulle
voel vreugde in hul aksies of besittings.)
Jy Kan Van Jou Liggaam Afskeid
Neem Sonder Siekte of Pyn
Dit is nie
nodig dat jy siekte of pyn aantrek as 'n verskoning om hierdie lewe te verlaat
nie. Jou natuurlike keuse van om hierheen te kom, hier te bly of om te vertrek
is een van gesondheid en welwillendheid. (Jy is vry om anders te besluit.)
Jy Kan Nie Sterf Nie; Jy is Ewige
Lewe
Met genade kan jy kies om te ontspan en
om saggies terug te gly in jou nie-fisiese staat van pure, positiewe Energie.
Jou natuurlike staat is een van Ewigheid. (Geniet alles - verhelder! Jy kan dit
nie verkeerd kry nie.)
::