Pages
.
Haai, my naam is Maree!
Ek het lankal geleer dat 'n mens jouself moet wees - na-apery is selfmoord en buitendien, wie is beter of meer interessant as jy self? Ek weet ook dat vir alles is daar 'n teenoorgestelde - binne/buite, bo/onder, wit/swart, negatief/positief en ek het ook al geleer dat 'n mens 'n keuse het en dat daar niks is wat jy ''moet'' doen nie - die ding is net om 'n besluit te neem en dit dan te DOEN. My groot voorliefdes is kuns, diere (veral voëls), die natuur, tuinwerk, die kus, skryf, spoelklippe, kerse, die kleur Oranje, Herfs, Lente, Somer, Winter, rekenaartegnologie, my MAC, kristalle, mense, my Land Rover en die Heelal.
Die toekoms hou wonderlike dinge in vir die mensdom - laat ons dit met vreugde ontvang!
dankbaar vir - die reuk van blomme vroeg in die oggend :: hierdie perfekte koppie stomende tee :: 'n taak wel gedaan :: Muesli en piesangs vir ontbyt :: 'n paar uur om te doen net wat ek wil :: 'n venster vol sonlig :: JOU!
::
Wednesday, May 15, 2019
'n Tyd om aan te vul
Saturday, March 2, 2019
Daar is genoeg van Alles, vir Almal!
Friday, January 4, 2019
Massa-bewustheid en Ons Aarde
Monday, December 31, 2018
En dis oujaarsdag wat amper verby is
buite sis, vlieg en donder vuurpyle,
die kat spring by die oop venster in,
daar was reën vroeër op hierdie donker nag,
klappers maak doem, doem, ka-boem en ka-boem,
honde blaf van vrees, tjank histeries buite my kamer,
buite sis, vlieg en donder vuurpyle.
Klappers maak doem, doem, ka-boem en ka-boem
en dis oujaarsdag wat amper verby is
‘n nuwe boodskap word deur my selfoon vertoon
en dis oujaarsdag wat amper verby is,
asof daar iets groots in die nuwe jaar is
en hulle nie ‘n oomblik langer kan wag nie,
as hulle jolig hard sing en dans
Tuesday, November 29, 2016
Prioriteite en keuses
Ek is mal oor ons Suid-Afrikaanse dierelewe en sal definitief in 'n volgende leeftyd sorg dat ek 'n loopbaan in daardie rigting kies. Intussen leef ek my liefde vir die dierelewe uit deur hulle te skilder!
Maar alles kom neer op prioriteite, en keuses, en klaarblyklik was dit nie vir my 'n prioriteit hierdie keer rond nie, want ek glo vas dat 'n mens volgens jou prioriteite lewe, wat vir jou belangrik is, of partymaal wat jy dink belangrik is.
Soveel mense lei 'n onvervulde lewe, met hul passies op die agtergrond geskuif deur omstandighede of omdat hulle doen wat hulle dink hulle móét doen om huis en haard bymekaar te hou. Ek weet party sal sĂȘ, "Ek sal graag 'n wildbewaarder wil wees, maar ek moet werk as 'n 'Boekhouer' want dis waarvoor ek gekwalifiseerd is en dit betaal die meeste", maar dis waar prioriteit inkom. Jy stel jou familie eerste, dus werk jy as 'n boekhouer. Dis jou prioriteit. En dis jou keuse.
Ons keuses is nie reg of verkeerd nie, dis net 'n keuse. Maar alle keuses lei tot 'n gevolg en diĂ© gevolg bepaal hoe jy jou lewe lei. Ek weet nie of daar 'n volgende leeftyd is om weer te probeer nie, maar wat ek wĂ©l weet is dat, in die aangesig van die onsekerheid daarvan, maak dit sin om nou, in hierdie leeftyd, hierdie oomblik, jou lewe te lei vol passie en met oorgawe, en om dĂt te doen waarvoor jy lief is.
En onthou, "nothing is set in stone". Jy kan altyd jou keuse verander, veral as jy 'n vrou is!
Thursday, December 24, 2015
Soetgoed vir die siel
as ’n mens hulle in jou lewe het,
maak dit jou aanvaarbaar vir jouself en vir ander.
— Louis L'Amour
Mag die komende jare net vir jou VREUGDE, LIEFDE en INSPIRASIE inhou!
Friday, November 6, 2015
Dankverklaring 5 - Ek is dankbaar vir my inkomste (Affirmasie)
Saturday, October 10, 2015
Skuldgevoel Bring Jou Niks in die Sak nie
Tuesday, September 15, 2015
Selfsorg en Vreugde
Saturday, August 22, 2015
Thursday, June 25, 2015
Dankverklaring 4 - Ek is dankbaar ek is gebore (Affirmasie)
Wednesday, April 22, 2015
Vertroue, Geloof en Hoop
Friday, April 10, 2015
7 Stappe om Positief te dink
Monday, April 6, 2015
Gee jou drome vlerke!
Die lewe kan maar saai wees as jy nie gereeld vir jouself doelwitte stel nie. ’n Droom, maak nie saak hoe klein of groot nie, gee jou daardie ekstra motivering om ’n dag van roetine en ander verantwoordelikhede aan te pak. Jy weet wat ook al in die dag vir jou voorlĂȘ, sal jou nader aan jou eintlike ideale bring. Raak dus opgewonde oor die moontlikhede in die lewe en maak gereed om groot te dink en selfs nog groter te droom!
Maar sommige mense onderdruk hul drome al so lank dat hulle glad nie meer droom nie. Ander mense bestee weer so baie tyd aan hul dagdrome dat hul drome juis net dit bly: blote dagdromery. Slegs mense wat tot aksie oorgaan, het die vermoë om hul drome in realiteit te omskep.
En met aksie bedoel ek, maak tyd om uit te vind WAT jou droom is. Sit en skryf daaroor. Verander elke detail totdat dit vir jou perfek is. Probeer verskillende scenario’s en toets watter aspekte van jou drome jou die meeste opgewonde maak. Die drome waaroor jy passievol is, is meer geneig om ’n werklikheid te word.
Die volgende stap is om jou droom te beplan. Maak ’n lys van aksies wat maklik bereikbaar en doenbaar is. Maak dan daardie eerste oproep, registreer vir die kursus wat jy al so lank uitstel, of kontak ’n agent oor die moontlikheid van ’n nuwe werk.
As jy groot dinge wil bereik, moet jy besef elke dag is van belang. Doen dus elke dag iets wat jou nader aan jou droom sal bring. SĂł sal jy stadig maar seker al hoe nader aan jou doelwit en groot droom beweeg.
.
Friday, January 23, 2015
Dankverklaring 3 - Dankbaar vir my familie (Affirmasie)
Saturday, January 17, 2015
Positiwiteit
Dit is makliker gesĂȘ as gedaan - tensy jy WAARLIK die gewoonte kan aanleer om 'positief' te bly. Positiwiteit is nie net 'n "pie-in-the-sky" idee nie - jy moet inniglik GLO, OORTUIG wees, dat die lewe meer positief as negatief is en daarvolgens jou lewe ly.
Van al die dinge wat ons lewens beÏnvloed, is ons OORTUIGINGS-SISTEEM seker die mees belangrikste.
Wat ons glo vorm ons uitkyk en gedrag en houding en as ons ons lewens wil verander en transformeer, kan ons dit nie doen sonder om ons oortuigings-stelsel te verander nie.
As ons waarlik ons lewe wil verander, moet ons leer om ons geloofstelsel te verander. Die goeie nuus is dat dit nie so moeilik is as wat dit klink nie! Vasbeslotenheid, verpligting en dedikasie is al wat dit vat.
Ongelukkig vir meeste van ons, het ons meer self-limitasie-oortuigings as konstruktiewe oortuigings. Ons GLO dat almal se behoeftes voor ons eie moet kom - ons kinders, ons eggenote, ons vriende - en dan is dit goed genoeg dat ons kry wat oor is. Dit is die EEN groot rede hoekom ons voel of ons vassit en asof ons 'n slagoffer van die noodlot is, dat ons nie in beheer van ons eie lewe is nie.
Die oomblik wat ons hierdie self-limiterende oortuigings verruil vir meer positiewe oortuigings, sal ons houding en gedrag outomaties verander om in te pas met ons nuwe oortuigings en nuwe en meer bevrydende moontlikhede in ons lewe aantrek.
Groete
Maree
Sunday, January 4, 2015
Dankverklaring 2 Dankbaar vir my liggaam (Affirmasie)
.
Wednesday, December 31, 2014
Wense vir vandag en 2015
Vandag, op hierdie laaste dag van 2014
… wil ek graag ’n mooi gedig lees.
Wil ek graag ’n mooi prentjie sien.
Wil ek graag inspirerende musiek luister.
Wil ek graag iemand merkwaardig ontmoet.
Wil ek graag ’n paar verstandige woorde sĂȘ.
My wens vir jou is dat jou nuwe jaar gevul sal wees met LIEFDE, VREUGDE en INSPIRASIE en dat jy elke dag 'n mooi gedig sal lees, 'n mooi prentjie sal sien, na inspirerende musiek sal luister, iemand merkwaardig ontmoet en verstandige gedagtes sal hĂȘ en mooi woorde sal uitspreek.
Gelukkige Nuwe Jaar!
.
Thursday, October 23, 2014
Dankverklaring vir wie ek is (Affirmasie)
Dankie, ek is dankbaar vir al my vermoëns.
Dankie, ek is dankbaar vir alles wat ek ontvang.
Sunday, September 28, 2014
Vandag sal ek 'n verskil maak
Ek sal begin deur my gedagtes to kontrolleer.
'n Persoon is die skepping van sy gedagtes.
Ek wil gelukkig en hoopvol wees.
Derhalwe saI ek gelukkige en hoopvolle gedagtes dink.
Ek weier om 'n slagoffer van my omstandighede te wees.
Ek sal nie toelaat dat klein ongemaklikhede soos stopligte, lang staanrye en verkeersopeenhopings my meester word nie.
Optimisme is my kameraad en oorwinning my kenmerk .
Vandag sal ek 'n verskil maak.
Ek sal dankbaar wees vir die volgende vier-en-twintig uur.
Tyd is kosbaar en ek weier dat dit bederf word deur self-bejammering, angs en verveling.
Ek sal hierdie dag beleef met die opgewondenheid van 'n kind en die dapperheid van 'n reus.
Ek sal elke oomblik in asem asof dit my laaste is.
Wanneer mĂŽre kom, verdwyn vandag vir ewig.
Terwyl dit hier is, sal ek dit gebruik vir liefdevolle dade.
Vandag sal ek 'n verskil maak.
Ek sal nie toelaat dat mislukkings in die verlede by my spook nie.
Al het ek baie foute gemaak, weier ek om met hulle te dweep.
Ek sal hulle eien. Ek sal hulle regmaak. Ek sal voortbeur. Seëvierend.
Mislukking is nie fataal nie. Al strompel ek, sal ek weer opstaan.
Vandag sal ek 'n verskil maak.
Ek sal tyd deurbring saam met my geliefdes.
'n Mens kan die wĂȘreld besit en armoedig wees sonder liefde.
'n Mens kan geen besittings hĂȘ nie en ryk wees in verwantskap.
Vandag sal ek tenminste vyf minute spandeer in die geselskap met die belangrike mense in my lewe. Vyf kwaliteit minute van praat, omhelsing, luister en dankie sĂȘ.
Vyf ongewaterde minute saam met my wederhelf, my kinders en vriende.
Vandag sal ek 'n verskil maak.
- Vertaal deur Maree Clarkson van Max Lucado - From On The Anvil
.




















